So, hoe geniet julle hierdie wonderlike apocalyptic nagmerrie sover? Fun, nê? Ons wil mos almal die aarde opfok met fossiel brandstowwe, fabrieksbesoedeling en die vernietiging van natuurlike woude en ander plantegroei om konstant plek te maak vir landbou grond en weivelde. Hou aan om julle plastiek in die oseane te versprei, asseblief. Dis net so erg soos die plastiek en alternatiewe waarhede op social media. This is what we get. Lag maar lekker vir Greta en vlieg die hele wêreld plat om die Joneses, Van der Merwes en Mahlangus te impress. Rits orals rond met ons fancy karre, busse, taxis en skorokoros. Sjina het nie ‘n alleenreg op die onstaan van Corona virusse nie, by the way. Covid-19 kon iewers in Wes-Afrika of Suid-Amerika ook onstaan het. Selfs hier aan die Suidelike punt van ons kontinent. En die virusse gaan net aanhou aanval soos wat die temperatuur hoër word. Onthou julle daai line in die Terminator? “It can’t be reasoned with. It doesn’t feel pity, or remorse, or fear! And it absolutely will not stop, ever, until you are dead!”
But I digress, hier is ‘n playlist wat julle sat kan luister in self-isolasie of kawarantyn. Ek moes myself nou knyp nadat ek dit getik het:
Dit bevat onbekende Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Take Them to the Woods, wat ek nogal geniet het in Januarie toe dit release is. Ek het obviously die stalwarts ook bygevoeg soos Anton Goosen en Karen Zoid se colab met oorlede Johnny Clegg en nog ‘n paar ander. Georgetown se nuwe tune saam met The Moonies is net so epic. Al daai lekker African vibes. Ons bly mos in Afrika. Ek is baie bly ek woon nie in Trumpland nie. Ek sal my kanse hier vat, dankie. Wie bly nou in ‘n shithole, huh? Dan is daar ‘n paar ouer classics op die playlist ook, en metaaaal! Metal is altyd die beste vir ‘n global Black Swan event.
Stuur nog idees vir tunes dan add ek dit. Onthou net, dit help zero as julle dit nie share of daarna luister nie. Dit kan dalk ‘n brood of twee koop vir die kunstenaars. Ek het dit eintlik meer opgestel as ‘n herinnering om iets meer daadwerkliks te doen. Promote jou gunsteling bands online, share watookal hulle nou aanvang, skenk of koop wat jy kan. Maar dink ook bietjie verder. Wie is almal deel van die value chain wat festivals en gigs aanbetref? Venues, klank, beligting, kostalletjies? Almal is nou in die selfde bootjie. Up Shit’s creek with a turd for a paddle. Veral as hulle nie partners in ander bedrywe, ekstra inkomstes of noodfondse het nie. Nou is die tyd om julle kreatiwiteit oortyd te laat werk.
Ek het die afgelope paar maande about niemand gevolg op social media nie. Dit het vir my soos ‘n tronk begin voel verlede jaar, maar ek sal bietjie meer aktief wees gedurende hierdie tyd. Selfs al is dit net om kwaliteit informasie te share. Covid19 het alles verander. Die wȇreld gaan nooit weer dieselfde wees nie. Ek stel voor julle kontak die artists wie julle love en hoor hoe julle kan help. Of raak betrokke by bestaande initiatiewe dalk.
O ja en Daaf Vapor het die wyse Demi Demi gesample. Ek het dit vir my nephew gestuur wat alleen in ‘n apartment in New York bly. Hy doen ‘n mentorskap by die United Nations op die oomblik en hulle werk almal van die huis af maar hierdie tune is nou sy quarantine anthem. Dis my self-isolation een ook. Tough times never last, only tough people last!
Watkykjy staan op 3,063,909 post views in totaal sedert 1 November, 2019.