Dis ongelukkig nou eers weer bietjie tyd om met verkakte mense te raas, so as jy iets op Facebrag wil share, share hierdie uitkaksession want jy sien dit self ook elke dag, orals oor jou bliksemse social media timelines.
Kom ons begin by die Askholes. Steek asseblief jou hand op as jy hierdie persoon op Facebook ken. Dis iemand wat nie moerse spesifiek vir iets vra nie. Dis gewoonlik die aandagvrate wat so in die bondel half in die agemeen vra vir advies of ‘n opinie oor een of ander sakie, maar in der werklikheid fokol belangstel in wat mense te bied het nie. Hulle is one way soundboards waarvan net die speakers aan is en die mic ge-mute is. Dis mense wat fokken geselsies wil aanknoop, want dit maak nie saak wat jy of die ander mense tune nie – die persoon het reeds hulle eie antwoord opgemaak voor die tyd en hulle virtue signal gewoonlik kakhard. Dit sal gewoonlik iets wees soos:
“Dink julle dis die regte ding om eerder nie jou domestic worker nie te laat inkom nie? Nou met hierdie Corona virus ding?”
Want wat eintlik hier gebeur is dat die Askhole gaan wag dat mense eers so bietjie debatteer, want die Askole staan reeds reg met die antwoord wat opgemaak is voor die tyd:
“Ek het vir my tuinman sowel as my domestic gesê om nie in te kom vir die volgende 4 weke nie, want dis nie veilig vir hulle nie…”
en dan drop die volgende lyntjie nadat daar so bietjie gegons is: “Hulle kry wel volle betaling, al kom hulle nie in nie, want ek voel dis net die regte ding om te doen. Shame.”
Ja, dit is die regte ding om te doen as mens dit kan bekostig en allerhande ander faktore line netjies op, so doen dit gerus indien jy kan – maar die rede hoekom dit van daai persoon ‘n Askhole maak, is omdat daardie persoon die regte ding kon gedoen het sonder om die wêreld daarvan te vertel. En ander mense wat comment met “jy doen die regte ding, vriendin/jy is ‘n goeie mens/blessings“? Dis die kos waarop die Askhole lewe. Daai mense wat comment voer die Askholes en is Askhole enablers. Vir die Askhole gaan dit meer oor die self gratification en die aandag as enige iets anders. Al wat ek sien is iemand wat draad trek, in sy hand kom en dit oor sy eie t-shirt smeer: “Aaaah, dit was nou lekker, ek! Ek moet dit meer doen! Ek en ek.”
Die Askhole kan natuurlik more than likely gelyktydig ‘n Covidoos ook wees. Hierdie is gewoonlik die fake news verspreiders. Dit is die “Ja, maar jy weet nooit nie!”-bende. Hulle is nie die in-your-face racist nie, maar gaan blaai deur hulle profiles – kanse is goed dat hulle Facebook vriende is met mense wat die ou SA vlag iewers post of deel van hulle profiles het of die nuwe weergawe daarvan: die nuwe SA-vlag met bloed wat oor dit loop. Want kyk, plaasmoorde is beslis ‘n realiteit, maar vir hulle is Schadenfreude die fuel. Dit eerder gaan oor die drama. Hulle kan nie wag vir die volgende plaasmoord om dit te bespreek nie. Dit geld natuurlik vir die Coronavirus ook en hier kom die Askhole wat binne die Covidoos lewe na vore. Gaan kyk sommer live vir jouself op die NICD se Twitterfeed, maar hier is solank vir jou ‘n voorbeeld:
Die NICD tweet: “South Africa now has 402 confirmed cases of #COVID19. This means there has been an increase of 128 from yesterday’s announcement.” Covidose met ‘n serious case van askholitis het vrae soos: Could you let us know the number of critical cases (needing hospitalization) we have so far?
Dis die tipe persoon wat nie kan wag vir die slegte nuus nie. Julle gaan dit nog sien wanneer die dodetal aangekondig word. Dis net die piel waarvoor Sannie wag. Kyk uit vir posts soos “OMG!!! 2 MMENSE DOOT ALREETS VAN DIE KARANAVIRUS! MENSE JULLE MUT MET SOUT WATER GOREL!1”. Dis wanneer die “ja maar jy weet nooit nie” retoriek verander na “Ek het julle mos gesê en kyk nou!??”
Jy gaan ook nie vêr moet soek vir die Covidoos se conspiracy theories nie. Dit en fake news gaan hand-aan-hand. Soms admit ‘n baie klein persentasie van hulle dat die nuus inderdaad fake is nadat hulle met legit bewyse gekonfronteer is, maar die meeste van hulle verwyder nie daai post nie, want in hulle hart van harte glo hulle die kak eintlik nog steeds. Dis daai “ja maar jy weet nooit nie”-gedeelte wat tot hulle appeal en soos meth ‘n fokken houvas het op hulle.
Jissis, en die “bewyse” waarmee hulle vorendag kom:
“My oom se beste vriend se seun het eenkeer verby die weergmagbasis gery waar sy buurman se neef aan ‘n generaal se piel gevat het wat langs die grootbaas van Spar bly en hierdie ou reken dat Pick ‘n Pay al die Coronamaskers in ‘n warehouse toesluit om dit van die publiek af weg te hou want die townships is besig met nuclear testing en gebruik die maskers vir fuel. Ek het ook ‘n screenshot van ‘n WahtsApp wat Jesus vir my gestuur het van dit. Ek sal dit vir jou stuur”
*WhatsApp message stuur geluid*
Baie van hierdie nole is ook deel van tinfoilhoedjiebrigade of die onderhandjieklapkerkdissipels. Hulle het gewoonlik geen respek vir caps lock of spelling nie en hulle meng dikwels brannas, kerk en rassisme. Check hierdie fokken juweeltjie:
Gaan lees GROOT asb op my fb blad. Die WERKLIKE oorsprong & oorsaak van die sg Covit-19 / corona virus!!
JUST IN: SECRET BEHIND THE CORONA VIRUS!!
Dis werklik skokkend afgryslik.
SHARE VER & WYD
DIE WERELD MOET KENNIS NEEM
MAG GOD MET ONS WEES
Relax jou fokken holstring, poes. En om jou vraag te antwoord (dit was ‘n vraag, right?): Nee, god mag nie met julle wees nie.
Gelukkig is daar ‘n maklike manier om van Askholes en Covidose ontslae te raak. Dis ‘n eenvoudige resep: kap ‘n vet fokken ignore, bra. Ek was vandag-jaar oud toe ek besef het dat ek my fokken tyd mors deur die ouens te probeer reghelp. Jy hoef nie ‘n moerse anouncement te maak op Facebook nie, want jy wil nie self ‘n Covidoos wees nie. Jy hoef ook nie dadelik te unfriend nie. Tick net die unfollow option op Facebook en as die persoon insist om jou te tag in kak saam met 54 ander mense, rev die unfriend pedal na hartelus. Hulle is so behep met hulle eie kak dat hulle dit eers 8 maande later sal agterkom en dan Facebook se algortime sal blameer in ‘n vars conspiracy. Met hierdie hele Covid19-storie het sommige mense se onderrokke lelik begin uithang en ek is teleurgesteld in sommiges, so ek vat dit ‘n stappie verder – ek maak ‘n punt daarvan om sommer ook weg te bly van hulle besighede en dienste af. Of om dit te promote and ander. Want nou het ek gesien in watter tipe kak hulle belangstel om oor geselsies aan te knoop.
*hou vampire kruis uitgestrek voor my*
FOK WEG!
Coronakonte is die ergste, want hulle operate buite jou beheer en sosiale kringe. Dis mense wat jy nie noodwendig ken nie, maar ongelukkig is daar ‘n groot oop spasie genaamd ‘die publiek’ wat soms baie klein kan raak en julle moet van tyd tot tyd ongelukkig daardie spasie deel uit noodsaaklikheid. Soos wanneer jy moet kos of medisyne moet koop. Ten spyte van reassurances van die regering dat SA kapasiteit het om in almal se behoeftes te voorsien het ‘n groot groep Coronakonte supermarkte en Makro oorval en alles wat hulle op hulle kredietkaarte kon laai, gaan koop. Dit lyk of meeste van hulle beplan om hulleself dood te kak (please do) as mens kyk na al die kakpapier wat hulle vir hulle fokken poeflobbe gekoop het. Waddefok is fout met jou, ou? En dit gaan weer vandag gebeur! En ons gaan weer fokken videos moet sien van helpelose bejaarde mense wat inconsolably huil dat hulle skouers ruk voor leë rakke omdat hulle nie ‘n mandjie vol basiese groceries kon koop om in hulle essential behoeftes kon koop nie. Want Kontgesig Konspirasie Kakpapier Kallie het al die baked beans gekoop want hy wil die meeste van almal kak en sy hol met die hele buurt se kakpapier af vee. Hulle is gewoonlik die eerste mense om hulle poes bekke te rek tydens riots en looting, maar hulle is fokken tien keer erger, want hulle geld of hulle ability om skuld te maak op ‘n kredietkaart enable hulle om te loot dat die kak spat terwyl hulle minder bevoorregtes en weerlose mense ontneem van ‘n basiese bestaan.
Ons kan almal bietjie minder van ‘n poes probeer wees.
Watkykjy staan op 3,056,054 post views in totaal sedert 1 November, 2019.