Check hoe tos lyk die weer daarbuite. Sin jy dit? Lekker fokken grys, huh? Dis Vrydag, jy sit by die werk en jy is reeds besig om jou naweek by die huis te beplan want jy wil nie vir ‘n fok uitgaan nie. Jy is lus om Jan Tuisbly se karretjie so bietjie te service. Dis nou makliker as ooit om vir almal weg te kruip en bietjie me-time in te span want jy kan jou afwesigheid of jou lack of effort op die Corona virus blameer. Almal is mos poesbang vir die fokken ding en over react. Thanks, Covid-19! Jy is die beste!
Jy kan solank jou handjies teen mekaar begin vryf in opgewondenheid (onthou tog net die over priced hand sanitiser wat een of ander fokken geldwolf aan jou gesmous het), want ons het net die regte lys movies, reekse en doccies om jou die hele naweek onder die duvet te hou, weg van al jou aaklige vriende af wat jou wil siek maak. Ons fokus hierdie week op biografies, real life dramas en ‘n documentary of vyf – trust my, daar is ‘n paar van hierdie outjies wat genuine fokken insane is en heeltemal te absurd klink om enigsins waar te kan wees!
Kom ons begin by die maklike deel – die movies
Ons het 8 movies uitgekies om jou kiemvry te hou. Dis rofweg so 16 ure se vermaak as jy pee en poo breaks insluit. Jy kan vanaand 2 movies kyk en Saterdag en Sondag elk 3 movies kokkenodge.
Munich (Showmax, 7.5 rating)
Die agtergrondstorie is fokken grim, maar dis ‘n Spielberg-movie en dis befok aanmekaargesit. In 1972 het die Palesteinse terroristegroep, Black September, 11 Israeliese lede van die Olimpiese span as gyselaars geneem en ge-execute. Munich tel die storie op waar eerste minister, Golda Meir, ‘n geheime operasie met 5 lede, die groenlig gee om al die betrokkenes te jag en op te fok. Dis ‘n proper naelkouer!
Steve Jobs (Showmax, 7.2 rating)
Fokken almal weet wie Steve Jobs is. Jy sit en lees hierdie probably op jou iPhone. O wag, ek hoor een of ander nool van agter af skreeu dat hy met ‘n Huawei rol want Android is koning en Apple is kak. Nouma piele. Vinnige vraag: wie is die persoon wat verantwoordelik is vir Huawei se sukses? Check, jy weet nie, want jy weet net wie Steve Jobs is. Relax vir my so bietjie, hoor? Anyway, hierdie movie gaan oor Jobs se dryfkraf om tegnologie te revolutionize. Dit vertel ook die storie van die persoonlike opofferings wat daarmee gepaard gaan.
The Founder (Showmax, 7.2 rating)
Michael Keaton vertolk die rol van Ray Kroc, die bra wat in die 50s daarvoor verantwoordelik was om eventually twee broers se fast food joint in die grootste restaurantbesigheid in die wêreld te omskep – McDonalds. Enige woorde wat as deel van laerskole se leuse of skoolliedere gebruik word, kan maklik rondegooi word wanneer dit by hierdie industriële milskhakemasjienverkoper kom. Woorde soos ‘volharding’ en ‘meedoënloosheid’, want hierdie ou vat nie fokken nee vir ‘n antwoord nie. Jy het al so kakbaie McDonalds gevreet en nooit eers oor die storie agter die storie gewonder nie. Wel, dis nou sulke tyd. Befokte movie!
Fighting With My Family (DStv Now, 7.1 rating)
Dwayne “The Rock” Johnson was in 2013 in die UK, besig om Fast & Furious te skiet to hy op ‘n Channel 4 doccie afkom wat handel oor ‘n zef familie wat soos in heeltemal stoeibefok is. Hy was veral interested in die underdog-aspek van die vibe en het Stepen Merchant gekontak om dit in ‘n movie te omskep. Wat dit nog cooler maak is dat die movie die ware verhaal van die dogter, Saraya-Jade Bevis, vertel. Sy is ‘n real life WWE-stoeier wat onder die stage naam Paige, wilde moves gooi. Sy het in regte lewe die WWE Divas Championship al tweekeer gewen. Hierdie movie is ‘n absolute moet vir WWE fans!
American Animals (Showmax, 7.0 rating)
Bietjie van ‘n vreemde een. Dit laat mens nogal dink aan daai groepie seuns op skool wie se ouers stinkryk is. Elke skool het at least een so groepie gehad. Pappa se zakkies wat alles regmaak. Hierdie movie cover die bizarre gebeure rondom so tipe groep studente van Kentucky wat besluit het om ‘n skaars boek collection by die universiteit te steel. I know, dit klink poesboring maar dit is nie – ek het die movie actually geniet. Begin met hierdie een of met Steve Jobs se movie.
Molly’s Game (Showmax, 7.4 rating)
Hierdie een het my die meeste van almal surprise. Ek het glad nie geweet wie die aktrise, Jessiza Chastain was nie (sy vertolk die hoofrol in Molly’s Game) so ek het amper die movie geskip. Toe sien ek Kevin Costner vertolk die rol van haar pa en ek het nie ‘n pyn met die oom nie. Die subject matter het my ook ingetrek. Molly’s Game vertel die bizarre storie van ‘n chick wat sterk op pad was na die Olimpiese Spele vir skiing maar haar rug opgefok het en toe somehow verstrengel geraak het in die wêreld se grootste en mees exclusive undeground high-stakes poker games. So groot, dat die FBI ingetrek is om te ondersoek…
Cocaine Godmother (Showmax, 5.6 rating)
Catherine Zeta-Jones vertolk die rol van Griselda Blanco wat in drug circles en die media bekend gestaan het as La Madrina, the Black Widow en The Cocaine Godmother. Hierdie movie gaan oor haar hele lewe. Jy is dalk nie so vertroud met haar lewensverhaal soos jy is met dié van Pablo nie, so kyk dalk eers Cocaine Godmother voor jy Loving Pablo kyk.
Loving Pablo (Showmax, 6.3 rating)
Pablo Picasso was ‘n briljante kunstenaar. Hierdie movie gaan egter nie oor hom nie – sy naamgenoot, Pablo Escobar, was ‘n groot kont. En hierdie movie gaan kind of oor hom, maar meer oor Virginia Vallejo, die sexy joernalis wat Pablo ge-zaber het. Ek weet nie eers waar om te begin nie. Dis so ‘n fokken dik verweefde spinnerak van crime, seks, drugs en aksie dat Spiderman self hierin sal verdwaal.
Nou vir die moeiliker deel – die documentaries
Doccies is nie almal se beker brannas nie. My goose kan dit byvoorbeeld glad nie kyk nie, so ek moet dit amper net so alleen en net so skelm kyk soos hoe ek porn kyk. Ons gaan deur so paar draf en so bietjie meer in diepte na die ander kyk.
Genius (Showmax, 8.3 rating)
Genius is ‘n reeks wat kyk na die lewensverhale van die grootste van die groot geeste se geskiedenis. Daar word gekyk na hulle love interests, discoveries, flaws en natuurlik na die absolute genius wat die persoon self was, soos die baan voorstel. Sover is daar twee reekse uit wat afsolnderlik kyk na die lewens van Albert Einstein (season 1) en Pablo Picasso (season 2). Daar is legit actors in die hoofrolle met Geoffry Rush as Einstein en Antonio Banderas as Pablo Picasso. Season 3 kom hierdie jaar uit!
The Planets (Showmax, 9.1 rating)
Het jy geweet dat die oppervlak van Venus se temperatuur in wese, die temperatuur van die binnekant van ‘n brandende huis is? Hierdie ouens vertel die storie van planete soos jy dit nog nooit gehoor het nie. Vyf episodes wat in diepte kyk na die Son, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus en die sonnestelsel in die buiteruim. En as jy jouself dalk eendag saam met jou vriend in ‘n brandende huis bevind kan jy, terwyl julle doodbrand, beterweterig tune: “Het jy geweet dat die oppervlak van Venus net so fokken warm is soos in hierdie huis waarin ons huidiglik doodbrand?”, waarop jou vriend sal antwoord: “Dis ‘tans’, nie ‘huidgilik’ nie.”
Killer Inside: The Mind of Aaron Hernandez (Netflix, 7.4 rating)
Jy hoef nie te weet wie Aaron Hernandez is nie en jy hoef nie American footbal te kyk of te like om hierdie reeks wat afspeel oor drie dele, te geniet nie. Die storie van Aaron Hernandez is nogal captivating. Dit vertel die verhaal van iemand wat op die oppervlak lyk of hy alles het wat sy hart begeer met die hele wêreld en toekoms wat reg voor hom lê. Hy kan dit net wat. En dan gaan vermoor die stupid poes iemand en fok sy hele lewe op. As iemand jou ooit weer tune “geld kan geluk koop”, wys hom hierdie doccie!
Dis nogal ‘n fuck show.
Three Identical Strangers (Showmax 7.7 rating)
Die fokken bizarre, ongelooflike, hartseer, tragiese en misterieuse ware verhaal van ‘n teen pregnancy waaruit ‘n identiese drieling gebore is in 1961. Die babas is by geboorte geskei en aangeneem deur drie families wat hemelsbreed van mekaar verskil – en dit alles bloot as ‘n crazy en twisted sosiale eksperiment. Die adpotions is al drie deur dieselfde York-based adoption agency behartig en get this – geen van die ouerpare was daarvan in kennis gestel dat hulle baba deel van ‘n drieling was nie! Twintig jaar later word die drie seuns herenig deur ‘n reeks toevallighede, maar hou vas aan jou fokken stoel, want daar is ‘n klompie twists en turns om elke draai en jy gaan jou kakebeen van die vloer af moet optel…
Don’t F**k With Cats: Hunting an Internet Killer (Netflix, 8.1 rating)
Hierdie ene is dalk die rofste pil om af te sluk want die premise van die driedeel doccie lui is volg: A group of online justice seekers track down a guy who posted a video of himself killing kittens. Ek het lank gewag voor ek hierdie gekyk het want ek wou nie fokken sien hoe iemand diere doodmaak nie. Vriende moes my eers convince om dit te kyk en my verseker dat dit nie eksplisiet gewys word nie. Dis steeds fokken erg en upsetting. Dit gaan egter oor meer as net die katte en ek wil glad nie spoiler alerts drop nie. Hierdie doccie is unbelievable in die ware sin van die woord – jy gaan nie ‘n fok glo wat vir jou vertel word nie, maar dis die waarheid. Jy word soms so kwaad dat jy voel asof jy die kont deur die TV skerm wil ruk en wil opfok.
Nog ‘n ding – jy gaan wonder hoe de fok jy hierdie nie in die nuus gesien het sowat ses jaar gelede nie. Dit voel asof dit die grootste nuus ooit was en dat jy dit gemis het.
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies en doccies ook om deur te werk! In fact, daar is iets soos 33 movies op Showmax wat vir die Oscars genomineer is of gewen het! Kappitflou!
Watkykjy staan op 3,057,603 post views in totaal sedert 1 November, 2019.