Lanklaas gesien, Watkykertjies. Ja, ongelukkig leef ek nog. Ek het die afgelope paar maande my tyd aan persoonlike verantwoordlikhede, ‘n sabbatsverlof en ‘n deurlopende skryfprojek bestee. Onkruid vergaan nie maklik nie. Dit spring net weer op wanneer jy dit die minste verwag. So, aangesien ons ons nou bevind in die middel van ‘n rampspoedige strontskou het Watkykjy geen keuse as om weer goeie musiek aan belangstellendes (nou in self-isolasie of dalk selfs kwarantyn) voor te hou nie. Die geldmarkte en wȇreldekonomie is besig om te tank en die planeet bewillig virusse om ons homo sapiens te illumineer. Die strate, restaurante, winkelsentrums en musieklokale gaan al hoe leër word en die hospitale en apteke al hoe voller. Die globale voorsieningsketting is lanklaas so getoets, so verwag maar die ergste en hoop vir die beste. Dis ‘n biologiese, sosio-ekonomiese oorlog wat ons wel gaan wen, op die ou einde. Die vraag is net hoeveel soldate gaan daar in die slag bly? Ten minste was almal nou hulle hande twintig keer ‘n dag en mense met ersntige OCD voel nie meer so ongemaklik nie. Ek koop al jare lank meer toiletpapier as wat ek moet. Welcome to the club, society. Ek weet net nie hoekom sommige mense ses maande s’n koop nie. Dis nie nodig om ‘n asshole te wees nie.
Ek dink ek gaan net weer musiek wat decent is share – playlists, albums en videos. Fans wat in hierdie tye nog finansieël kop bo water kan hou, moet dalk verantwoordelikheid neem en bedag raak op hoe kunstenaars hulle geld gemaak het voor Covid-19 en nou ‘n ander tipe bydra begin maak sodat die kreatiewe deel van ons samelewing, wat ons genot en verligting gebring het toe die diepste donker tye ons oorval het, nie ondergaan nie. Gigs gaan begin kwyn en groot festivals is nou so 2019, nê? So skenk wat jy kan aan geldsinsameljngsprojekte of crowdfunding. Koop CDs, T-shirts en ander merch. Ondersteun gigs onder 100 mense of selfs kleiner house gigs as jy nie direkte persoonlike kontak met hoë risiko individuele gaan hȇ nie. Ek is nie hier om te preek nie, julle is almal slim genoeg om die wetenskap te verstaan. Of maybe nie. Ek hou die hele storie al van Desember fyn dop en ons government doen sover uitstekende werk. Bly positief en moenie fake news en conspiracy theories volg of versprei nie. Unfollow idiots. Die virus is nie deur Trumpland of China vervaardig nie en garlic, bleach, essential oils en kruie is nie ‘n wonderkuur nie. Good luck with that.
Soos voorheen het ons ons beperkinge wat tyd, geld en mannekrag aanbetref en ons gaan waarskynlik nie in-diepte reviews of interviews publiseer nie. Die goeie ding is, die interwebs is immuun teen die aansteeklike agent Covid 19. Dit kan nie hier repliseer nie. Wat wel kan repliseer in die kubberruim is idees. As ons nie almal spasie kan deel in die regte lewe nie dan kan ons ten minste idees aanhou deel.
Watkykjy staan op 3,056,647 post views in totaal sedert 1 November, 2019.