Kom ons begin vandag met ‘n vinnige interessante stukkie opbeurende inligting wat Spotify vir ons aangestuur het. Volgens hulle stats was daar hierdie week ‘n toename in playlists vir kook- en huishoudelike temas, wat beteken dat julle hoofsaaklik fokus op gesins- en huishoudelike takies in plaas van musiek om jouself faktap te suip en te party. Daar was ook ‘n 135% increase in mense wat The Police se Don’t Stand So Close to Me stream. Dis ‘n belangrike reminder om ‘n 2 meter afstand van enige iemand buite jou erf te hou.
En dan nog goeie nuus om die kakgeit van dom mense mee te fight – uiteindelik is die owerhede besig om na die party toe te kom in terme van fake news. As jy nou fake news verkondig, share of aanstuur, kan jy in die tronk beland. Dit geld vir fake en unverified kak wat mense op enige social platforms post. So nou kan jy daai fokken ittiterende busy body van ‘n verpestelike tannie op jou straat se WhatsApp-groepie tune dat jy haar by die polise gaan split vir al daai useless voice notes van sogenaamde kenners, doktors of mense in die beskermingsmagte wat sy aanstuur. Al hierdie fear mongering help net mooi fokof. Tronk toe met julle kakkerts! Onthou, more is April Fool’s Day, so moenie ‘n kont wees nie.
Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:
Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize
National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa
SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/
[cov2019]
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
The Snail and The Whale (Showmax)
Hierdie is ‘n adaptation van die Britse skrywer, Julia Donaldson, se kinderboek met dieselfde naam. Sy is ook die tannie wat The Gruffalo geskryf het, so jou kids is in goeie hande. The Snail and the Whale vertel die storie van ‘n onwaarskynlike vriendskap wat vorm wanneer ‘n slakkie ‘n lift score op die stert van ‘n humpback walvis.
Natuurprogramme, doccies en biographies
Jackie Chan’s Green Heroes (Showmax)
Jackie Chan was nog altyd een van daai super cool mense vir ‘n kakhuis vol redes – behalwe dat hy die mees iconic marshal arts fighter ooit is (ek ag hom gelyk met Bruce Lee) het die bra ook ‘n groot hart. Hy is een van daai Hollywood/Hong Kong celebs wat regtig omgee. In hierdie 45min special fight hy iets anders – die plastic wat besig om die aarde op te fok. Hy team op met Arthur Huang, ‘n innovator, om ‘n mobile plastics recycling masjien uit te toets en te tweak. Meneer Chan het ‘n kakbuis vol van sy eie zak in hierdie projek ingestoot. As jy nou opsoek is ‘n feel-good vibe te midde van hierdie kiem crisis, sal hierdie storie beslis jou gemoed lig!
Local is kaklekker
Schalk Bezuidenhout: Snorseun (Showmax)
Lus om ‘n slagte lag ook? Check vir Schalk uit in ‘n lekker live stand-up show van net onder ‘n uur-en-‘n-half wat hy op ‘n tennisbaan in Rosebank van alle plekke gefilm het.
Reality show tipe vaaibs
Westcoast Customs (Netflix)
Hierdie is fokken weird. Sit jy? Baie van julle weet dat West Coast Customs gaan oor karre customize en pimp en dat dit op die weskus in Calofornia gedoen word, maar het jy geweet dat die shop in ‘n stad genaamd Corona is? Fokken freaky shit! Anyway, as jy die paaie mis omdat jy in die huis moet sit, kan jy gerus na awesome karre kyk wat jy nooit sal ry nie. Daar is ‘n hele ses reekse om te binge! ‘n Hele sestig episodes! Ruik jy die olie en die petrol?
Befokte TV series om te binge
House (Amazon)
Waar is Dr. Gregory House sal doen wat nodig is om ‘n confusing en complicated mediese raaisel op te los, al moet hy die reëls breek. Waar is hy nou om die fokken Coronavirus uit te sort? Dis altyd pulmonary dit en lupus dat. Kyk gerus al 8 seasons as jy mediese drama soek in die veiligheid van jou eie blyplek vir die volgende 16 dae. Dis twee seasons per dag. Jy gaan soos fokken kaaskrulle ruik as jy hiermee klaar is.
Moerse lekker movies
The Platform (Netflix)
Raaait, so daar is hierdie vertikale tronk met een tronksel per level en in elke tronksel is daar twee mense wat die sel deel. Daar is een platform
wat eenkeer per dag van bo na onder verbykom met ‘n slab kos op die platform en alles gebeur binne twee minute. Die ouens aan die bokant kry die lekker kos en die ouens aan die onderkant…. well… Dit klink so bietjie soos die ryk mense wat gaan panic shop het versus die arme mense op social grants wat gister vir die eerste keer kon kos kry. Hierdie is ‘n serious horror sci-fi thriller, so ek beter hom kyk voor dit donker raak vandag.
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
South Park (Showmax)
As jy ‘n fan is, het jy alreeds elke liewe episode en die movie gekyk. Ook, as jy ‘n fan is, sal jy weer die 5 seasons kyk wat beskikbaar is – season 19 tot season 23. Nie omdat jy bored is nie, maar omdat dit fokken aweseome is!
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 6 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Ek en die goose het actually gister die aerobics video probeer. Jirre, dit het my opgefok, so vandag se oefening is net 3:18 lank. Kap daai move voor die TV. Beyoncé, lead the way, please:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:
[cov2019all]
Watkykjy staan op 3,118,563 post views in totaal sedert 1 November, 2019.