Coronavirus Lockdown Dag 2 – Wat kan ek stream?

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Ons trek nou by dag 2 uit 21 van die total lockdown en mense begin alreeds hulle shit verloor. Die maklikste manier om semi-sane te bly is om so bietjie social media distancing ook te pleeg, veral mense wat so bietjie oorreageer op situasies. Suid-Afrika het gister hulle eerste sterftes aangekondig, wat heel verstaanbaar is. Die virus gaan eventually orals regoor die aardbol sy tol eis. Actually het SA sy eerste sterfte van die coronivirus.Singular. Een persoon tot op datum is dood van die virus. Yes, die nommer was aanvanklik 2 maar die NICD het ‘n regstelling gemaak:

The second patient who died was a suspected case based on her clinical presentation. The clinicians who were treating her have reported to us that this was a 28 year old female who had presented at the hospital in respiratory distress.
At the time of presentation she was hypoxic. She was intubated and transferred to hospital during the early hrs of this morning, (ie 27 March 2020 at 3am). On arrival in ICU, she was declared dead. The clinical picture was suggestive of COVID-19 and therefore a test was conducted
Her laboratory results have since been received at 17:20 and were confirmed negative. Her immediate family was also tested and they are also negative. She is therefore no longer considered a #COVID19 case. As such there is only 1 confirmed #COVID19 death in SA.

Dis heel maklik om dit te verstaan, maar daar was predictably die Coronakonte wat gaan “OH MY GOD!” het oor die hele storie en hier is die groot probleem – na die korrekte inligring aan hulle uitgewys is deur vriende of wie ookal, los hulle die fokken posts steeds daar. En dit geld vir enige ander fake nuus ook. “Ah, hierdie is in Spanje, hoor! Dis fake nuus maar ek post dit in elk geval!” Mens sou meer van byboorbeeld Afrikaanse TV-aanbieders verwag het. Die fokken domgeit is soos die virus – dit fokken slaan links en regs.

Hier is die legit sources om nuus te kry oor die virus. En sodra jy iets lees wat jou ‘n boner gee, sit bietjie op jou fokken hande voor jy dit share. Double check alles. En unfollow jou dom vriende op Facebook:

Minister of Health
https://twitter.com/DrZweliMkhize

National Institute for Communicable diseases
https://twitter.com/nicd_sa

SA Government Coronavirus portal
https://sacoronavirus.co.za/

As jy agterkom jy het iets geshare wat intussen verkeerd bewys is, remove die fokken post.  Till Lindemann van Rammstein het byvoorbeeld NIE DIE FOKKEN CORONA VIRUS NIE.
As jy gaan voorstel het dat hy dit wel het of nuus geshare het wat tune hy het die Coronavirus, gaan fokken delete dit.

Intussen het daar ook nuus die rondte gedoen dat elke website wat met .za eindig, verlpig gaan word om te link na die SA government se Covid-19 portal:

As of Thursday, every website with a domain name that ends in .za – including every company website that uses the .co.za suffix, every organisation in .org.za, and every academic institution in .ac.za – must link to the South African government’s Covid-19 portal at sacoronavirus.co.za.

That link must be “visible”, and must be on the front page of the website, according to regulations gazetted by communications minister Stella Ndabeni-Abrahams.

Die websites wat hierdie nuus verkondig het self nie eers die fokken link op hulle home pages nie, so ek vat dit nie as waarheid nie. Maar ek het besluit om dit op Watkykjy te doen want dit is die legit website waarheen dit link en ek dink dis actually ‘n positiewe ding. Ek dink egter nie hulle kan mense forseer om dit te doen nie. Dis prakties onfokkenmoontlik oor duisdend redes waarvan ek nie eers een wil noem nie. Die link is regs bo op die site.

Global Total
Last update on:
Cases

Deaths

Recovered

Active

Cases Today

Deaths Today

Critical

Affected Countries

Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 20 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix.  All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.

Vir die kindertjies
Peppa Pig (Showmax)
Ek ken glad nie hierdie vibe nie, want ek het goddank nie kinders nie, maar ek neem aan dat hierdie die peuters se nuwe drug of choice is. Dit was alyd Barney gewees (ek dink dit dalk steeds a thing) en nou is dit hierdie pienk varkie. Klink my Peppa en haar boetie, George, het dik pret. Daar is 52 episodes vir jou om ‘n brannas of wyn break te vat, so hierdie sal jou effens laat relax omdat jou biologiese finasiële laste sit en TV kyk.

Natuurprogramme, doccies en biographies
Forensic Files (Amazon Prime)
As jy into who-dunnit, true crime en die forensics daaragter is, het ek baie goeie nuus vir jou. Gaan trek ‘n onna en ‘n gemaklike uitgerekte vest aan en kyk dat jou hart en jou snack pile reg is. Hierdie reeks kyk na true crimes, ongelukke, die uitbreek van pandemics regoor die wêreld (hello!) en daar is lykskouers, medical examiners, polisie en legal experts en hulle almal soek antwoorde op elke episode se vraag: “Nouma, waddefok  presies het nou hier gebeur?”
Daar is 20 seasons! Co-incidence? Daar is ook 20 dae oor van hierdie lockdown gemors, so jy kan letterlik ‘n seisoen per dag kyk!

Local is kaklekker
Lockdown (Showmax)
Die ironie ontgaan my nie en ek fok nou nie met jou nie – daar is genuine ‘n local produced reeks op Showmax met die naam Lockdown. Dit het egter fokol met diseases uit te waai nie. Hierdie gaan oor ‘n actual tronk – die Thabazimbi Women’s Correctional Facility.  Dis ‘n lekker crime drama slash thriller vibe en speel af in die tjoekie waar die gooste opgesluit is vir convictions soos drugs smauggling, gewapende roof en moord. Check jou fokken rug of jou frame word ge-buckle – dis nie net die imates nie – die tronk se staff en governor is net so gevaarlik en fokken corrupt daarby!

Reality show tipe vaaibs
Amazing Race – (Showmax)
Normaalweg het jy het teams van twee (gewoonlik couples of vriende wat mekaar goed ken) wat regoor die wêreld teen ander teams race in The Amazing Race. Die idee is om eerste by pit stops uit te kom en clues in te samel want daar is eliminations wat lurk. Deelnemers travel by wyse van enige manier van vervoer waaraan jy kan dink – van toonklap tot taxis, lugbalonne, fietse, helikopters, trokke en waddefok ookal. You name it, hulle fokken ry dit. Spanne word geëlimineer tot die laaste ouens met ‘n cool miljoen dollar wegstap. Season 29 en 30 is beskikbaar om te stream en daar is ‘n lekker twist – vir die eerste keer is 22 deelnemers vreemdelinge en hulle ontmoet mekaar eers by die beginpunt vir die eerst keer. Kak gaan spat! Nege lande, 17 stede en 58,000km saam met iemand wat jy nie van ‘n fokken kant af ken nie! In totaal is daar 24 episodes om jou mee besig te gou. Klap sommer 2 per dag.

Befokte TV series om te binge
Brooklyn Nine-Nine – (Showmax)
Die kinderagtigste cop show op aarde. Ook die snaaksste cop show op aarde. As jy dit al gekyk het, kyk dit sommer weer want dit gaan jou honderd keer beter laat voel oor ons current situasie. As jy dit nog nooit gekyk het nie, begin dadelik! Die eerste 6 seasons is op Showmax, wat jou ‘n totaal van 130 episodes gee.  So min of meer ses per dag!

Moerse lekker movies
Spenser Confidential (Netflix)
Hierdie is ‘n goeie ou skop, skiet en donner movie wat ek actually gisteraand gekyk het. Mark Wahlberh is ‘n ex-cop, Spenser,  wat moes tjoekie toe gaan vir ‘n rukkie omdat hy sy baas so een of twee te veel harde poesklappe gegee het. Sommer so in die straat waar klomp mense dit kon sien. Na hy sy tyd gedoen het, moet hy weer integreer in normale society, maar twee polisemanne word grusaam vermoor en Spenser besluit dat hy en sy tjommie, Hawk (Winston Duke), hierdie kak gaan uitsort. Lekker aksie en genoeg humor om die vibe te sustain.

Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, te rook, te broeknaai en te drink
Blade of the Immortal (Amazon Prime)
‘n Samurai word besweer met immortality na ‘n legendary fight. Sy suster word ook wreed vermoor en die bra kom agter dat hy evil moet fight as hy ooit sy siel wil terugkry. Hy begin sommer deur ‘n jong meisie, Rin, te belowe dat hy haar ouers se dood sal avenge – hulle is deur groepie konte met swaarde vermoor. Tipiese Japanese honour-revenge vibes. As jy ‘n anime fan is, sal jy dit verslind.


Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 3 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!

Kom ons maak daai bloedsomloop wakker voor jy couch vat. Hier is vandag se exercise video. Gooi ‘n suggestiewe dansie voor jou TV of laptop. Dis lekker stadig, so jy sal nie te veel sweet nie:

Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News

Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!

Live nommers van Coronavirus-gevalle regoor die wêreld:

 

Hierdie post is 271 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,048,962 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinCoronavirus Lockdown Dag 2 – Wat kan ek stream?

Gooi Comment