Dis fokken mal tye! Vandag het UK se prime minister, Boris Johnson, positief getoets vir die Coronavirus, Suid-Afrika het die 1000-merk ge-clock vir positiewe covid19 cases en die weermag en die pote is in die strate regoor ons land ontplooi om almal se gatte by die huis te probeer hou. Dis vandag dag 1 van 21 en as ons almal net so bietjie kan kophou vir die volgende 21-dae, kan ons in een stuk aan die ander kant uitkom.
Check, dis fokken moeilik om jouself die heeltyd besig te hou want jy is nie gewoond daaraan om tussen 4 mure te wees nie, maar as jy hierdie lees het jy interweb en dit beteken dat jy cool stuff kan stream om jou aandag af te lei. Vir die volgende 21 dae sal ons jou elke dag ‘n lys van voorstelle gee om te stream op Showmax, Amazon Prime en Netflix. All-in-all is daar op sewe categories vir hierdie oefening besluit en daar is even voorstelle vir die snotneusies en enkelbyters. Ons sal ook sommer so paar ander oefeninge ook voorstel, sodat die bloed bietjie kan loop. Jy gaan moet excercise ook, en kakhuis toe loop tel nie baie punte nie.
Vir die kindertjies
Mr Bean Animated Series (Showmax)
Ons almal ken Mr Bean. Baie van ons het met hom grootgeword en jy sal sweer dat daar honderde episodes was in die 90s. Daar was net 14. Nope, ek fokken sweer. Jy kan dit maar double check. Die animated kinderreeks het meer episodes – 51! Die konsep bly steeds dieselfde – Mr Bean is ‘n erg deur-die-kak grootmens met ‘n bruin teddiebeertjie wat van die een fokop na die volgende een gaan. Moet dit net nie so vir jou laitie verduidelik nie.
Natuurprogramme, doccies en biographies
Big Cats (Showmax)
Dit doen presies wat dit op die boks tune – dis groot katte en groot katte is fokken awesome! Hierdie doccie kyk na leeus, cheetahs, luiperds, pumas en allerhande ander groot katte se geheime lewens. Dis ‘n twee-episode doccie van 50 minute elk en dis die perfekte Sondagmiddagkykgenot. Het jy al vergeet dat jy nou 21 Sondae in ‘n ry gaan beleef? Dis fokken elke dag Sondag.
Local is kaklekker
Hotel (Showmax)
Ek het so gevoel dat ons Schalk Bezuidenhout nogal baie gaan feature in die local section oor die volgende 21-dae. Die ou is fokken snaaks! Gaan soek hom op Facebook en jy sal sien wat ek bedoel. Veral met die hele lockdown-storie. Hy post gereeld faktap videos van wat hy alles in isolasie aanvang. Anyway, Hotel is ‘n mokumentêr wat handel oor wat regtig aangaan in ‘n plattelandse boutique hotel, Die Fransen. Ferdie Kruger is die bestuurder en Schalk se karakter, Danny, is die deur-die-kak bellboy. Daar is vier seisone van so 12 of 13 episodes elk per seisoen, so jy kan gerus elke dag 2 episodes kyk tot jy uit lockdown kom.
Reality show tipe vaaibs
100 Humans (Netflix)
‘n Sosiale eksperiment waar 100 idividue deel uitmaak van ‘n hele string interactive eksperimente wat kwessies rondom onderwerpe soos seks, geluk, torture en ‘n klomp ander ondersoek. Dis nogal fokken weird, want dit voel of die hele wêreld tans deel is van een moerse eksperiment! Hierdie is maklike kykgenot van 8 episodes, van rofweg ‘n halfuur elk, wat jy in ‘n dag sal kan binge.
Befokte TV series om te binge
American Gods (Amazon)
Hierdie een gaan dalk jou brein breek. Shadow is ‘n man met ‘n verlede maar hy wil net ‘n rustige lewe lei met sy goose en uit die kak uit bly. En toe kom hy iets fokken weird agter: hy is actually dood in ‘n vreeslike ongeluk. ‘n Uiters befokte reeks! Twee reekse van 8 episodes elk van so net onder die uur lank. Dit hang van jou af of jy wil binge, maar ek skat hierdie is so 2 episodes per dag vibe. Jy gaan na elke episode moet zol rook en dinkwerk doen op jou stoepie.
Moerse lekker movies
The Hustle – (Showmax)
As jy iets nodig het om net die mood te lig, kyk hierdie, want jy het nie ‘n brein nodig nie. Rebel Wilson en Anne Hathaway team lekker op in hierdie movie. Hulle is beide con artists. Rebel se karakter is ‘n zef gomgat en Anne se karakter is classy en Brits. Dis nou nie ‘n Oscar winner nie, maar jy sal nie opgooi nie. Klap hierdie movie met ‘n bier of ‘n brannas. Relax net – jy gaan nêrens heen nie.
Cartoons vir mense wat oud genoeg is om te vloek, rook, broeknaai en drink
Rick and Morty (Showmax)
Man, ek kyk sommer weer al fokken 41 episodes! Hierdie show is kakmal, maar net so mal soos wat dit is, is dit slim ook. Rick is ‘n deurmekaar scientisty en ook Morty se oupa. Kleinseun Morty is fokken aartsdom en anxious. ‘n Slegte combo. Baie soos mense wat panic shopping doen en fake news oor die coronavirus versprei.
Jy gaan uit jou maag uit lag vir die clever en skreeusnaakse dialoog. Blerrie geniuses wat hierdie show aanmekaargesit het!
Ons is more terug met nog ‘n lekker lys vir dag 2 van lockdown.
Bly veilig, met ander woorde: bly in jou fokken huis!
Hier is vandag se excerice video. Klap ‘n dansie voor jou TV of laptop:
Jy kan nou ook die nuus stream direk op Showmax: SABC, BBC World News, CNN, Euronews, Newzroom Afrika en Sky News
Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander movies, reekse en doccies ook om deur te werk! Sterkte met hierdie kak storie, maar ons sal hom fokken saam deurdruk!
Watkykjy staan op 3,073,793 post views in totaal sedert 1 November, 2019.