Voor ons begin – ons weet presies waar Kobus Wiese is. Die ouens is woedend omdat hy nie op sy eie show was nie. Ek sal nie weet nie, want ek verstaan nie Afrikaanse TV so mooi nie.
Maar hier is hy – found him:
Mens verloor nie ‘n 2.2m, 300kg man sommer net so nie. Kan iemand by McDonalds in Paarl ‘n draai gooi?
Oor na belangriker sake – dit was weer lekker om ‘n paar biere te drink en rappie te kokkenotch. Congrats, Stormers, Sharks en die hele spul wenners soos die Sunwolves – nie daai een sien kom nie! Die moves was mooi en die moves van Bok Pieter-Steph Du Toit was veral mooi. Dit voel soos net die ander dag toe ons die Swartlander vir die eerste keer op ‘n Sun City dansbaan ontmoet het. Pieter-Steph Du Toit, #TheStephNess, was toe ‘n lang lat in sy very early 20s. ‘n Ordentlike jong man wat nie sy eie beul geblaas het nie. Inteendeel, hy het gebrag oor sy boeties en hoe hulle ook amper reg was om saam met die groot manne te jol…
Ek en bra Harry het vir een of ander kak rede ‘n invite na ‘n ‘Bismarck en Jannie du Plessis gholfdag’ by Sun City gescore. Daar is iewers op die internet ‘n video van die oefening. Anyway, daar was World Cup winning legends om elke fokken hoek en draai en vir een of ander rede onthou ek hoe Victor Matfield next level dans moves in sy tight jeanpant gegooi het. Die klein reus van ‘n Du Toit was redelik (verstaanbaar) star struck. Harry het nog op pad terug getune dat die bra nog ‘n rugby legend gaan word. Sure, ons het geweet dat daar is iets special aan die ou en ons het jare later per geleentheid ‘n ou message vir mekaar gestuur wanneer PSDT gatskop. Vandag is hy die Super Star en die World Player of the Year het tydens die eerste stukkie Super Rugby weer mooi laat loop!
#Respect
Om die Hurricanes te sien afstap sonder enige punte was beter as brannas. Ek het nie baie van die Lions verwag nie – Cassie Bouer is reg:
Nie ons seisoen nie.
‘n Upset of twee sal doen.
En vir die brasse wat moan oor die Sharks/Bulls game – gaan try maar ‘n stukkie bal in daardie humidity vang. Dit lyk of altwee hierdie spanne nog gaan shape. Vir die res: dit was round one; daar gaan nog baie games wees en die inevitable beseringspook gaan kom kuier. Fokkit, Siya! Een game, my ou! Get well soon!
My picks laasweek was nie te tos nie en ek kon ‘n paar randelas maak. So hier en daar is ons verras, maar overall ‘n not such a bad start!
Hier is op Round 2! Fight!
Vrydag 7 Februarie
Highlanders v Sharks (08:05)
Al het die Sharks ‘n paar moerse goeie wapens in die kluis, skiem ek nie dat ‘n eerste-week-op-toer-wen gaan gebeur nie.
Highlanders met 5. Raak ontslae van die wooden spoon, Janine!
Brumbies v Rebels (10:15)
Die Brumbies behoort hier amok te maak, met so 24 punte.
Saterdag 8 Februarie
Chiefs v Crusaders (08:05)
Aitsa, dit gaan ‘n lekker een wees!
Ek like mos die Chiefs. Ek back hulle om met so 4 te wen.
Waratahs v Blues (10:15)
My gut feel reken die Blues gaan nie dit hierdie week weggooi nie.
Blues met so 12.
Lions v Reds (15:05)
Home ground advantage. Steek hom, Lions!
Steek hom met so 9.
Stormers v Bulls (17:15)
Home ground advantage, weer.
Die Bulls moet lyf wys, maar daai voories van die Stormers behoort hulle ‘n 5-punt oorwinning te besorg.
Sondag 9 Februarie
Jaquares v Hurricanes (01:00)
Trap die Hurricanes weer!
Sommer met so 17 punte ‘seblief.
ROUND 3
Vrydag 14 Februarie
Blues v Crusaders (08:05)
Dalk begin die Blues dinge raakvat.
If not, Crusaders met 12
Rebels v Waratahs (10:15)
Ek kyk nie hierdie klas games te gereeld nie.
Waratahs met 10.
Saterdag 15 Februarie
Sunwolves v Chiefs (05:45)
Moerse missmatch. Soos Kobus Wiese wat om David Campese probeer hardloop.
Chiefs met 25.
Hurricanes v Sharks (08:05)
As dinge uitwerk soos dit moointlik gaan, gaan die Canes hierdie as hulle eerste wen vir die seisoen target. Tweede week op toer – my gut reken Sharks met drie. My gut is dikwels vol milkstout wat Janine vir my gee.
Brumbies v Highlanders (10:15)
Die Brumbies mag dalk net genoeg in die tenk hê vir die een.
Ek gaan hulle met so 11 punte back.
Lions v Stormers (15:05)
Daar is genoeg redes vir die Stormers om dié een te vat. Dit is een wat hulle moét vat (op papier, at least).
Stormers met 12 is about reg. Ek hoop ek is dalk verkeerd.
Go Lions!
Sondag 16 Februarie
Jaguares v Reds (01:00)
Rooi is mooi maar die Argentinians behoort die pyp te rook.
Ek back hulle met so 12 punte.
Wat skiem jy, ou perd? Drop jou predictions in die comments, laat ons kyk hoe draai dinge uit? Weereens soos hierbo genoem: indien jy geld wil sit op so paar Rugby World Cup games, kan jy dit by sunbet.co.za doen. As jy egter nie die pitte het of dit nie kan bekostig om te dobbel nie, moet jy nie dobbel nie. As jy ‘n probleem met sport’s betting het, kontak asseblief Responsible Gambling .
Watkykjy staan op 3,055,967 post views in totaal sedert 1 November, 2019.