In sekere kringe… okay fok, die baie klein kringe waarin ek beweeg hier op Asbokfontein, gebruik die manne sedert die World Cup final die term “kom ons maak ‘n Mapimpi” waneer hulle ‘n groenskyf agter die fietsloots gaan klap.
“Hey bra, wanneer Mapimpi ons?” – dis ‘n actual ding. Ja-nee kyk, Makazole (Maaka Zol) het oornag ‘n spul zolkoppe se hero geword toe hy in die final gescore het en hulle het met die nuus dat hy vir die week se game teen die Reds weer fiks is, sommer ‘n moerse fokken slowboat gebou. Die Overberg Brandweer moes uitkom want dit het behoorlik gelyk of die dorp besig was om af te brand. Dalk was daai tweede groot trek nie die moeite werd nie. Gelukkig is rondkyktwak nou semi-legal, of is dit?
Waaroor wou ek nouweer praat? O ja, Super Rugby. Sorry.
Is dit net ek of is al die refs op ‘n plak? Fine, Rasta Rasivhenge is maar spook gerook (name says it all), maar hoe hierdie ouens vuilspel en sulke dinge nie kan uitwys nie is insane! Fokkit man, daar is 57783 kameras om te help en ‘n TMO wat na al die dinge kan kyk. Tog word daar heeltyd ‘n blinde oog gegooi? Ek skiem ons moet dan eerder al die kameras en TMOs en replay -kak heeltemal cancel. Laat die manne mekaar weer bliksem soos in die ou dae! Dit sal dalk sorg dat meer mense die moeite maak om vir die fight-slah-game Loftus toe te ry. Of dalk moet SA Rugby bietjie ‘n stel knaters groei. Wie weet, ek is nie seker nie?
Daai tweede trek het pas ingeskop en ek gaan vir Quintin etter as hy weer my chips steel!
Vrydag 21 Februarie
Crusaders v Highlanders (08:05)
Die Crusaders is besig om stoom op te tel. Same old, as jy my vra, so ek skiem nie die Highlanders gaan die paal haal nie.
Crusaders met so 12 op tuisbodem.
Saterdag 22 Februarie
Rebels v Sharks (05:45)
Beserings is besig om dinge moeilik te maak vir die Sharks. Die feit dat die Hurricanes ALWEER met moord weggekom het, het ook nie gehelp nie. Lukhanyo Am is egter ‘n yster en die Rebels is nou al vir 10 jaar die mees useless spul in Super Rugby geskiedenis.
Sharks met 12, want fok die Rebels!
Chiefs v Brumbies (08:05)
Drie van drie vir die Chiefs. Kom ons mors niemand se tyd nie, na dié game is dit vier uit vier. Brumbies is luiperde. See what I did there?
Chiefs met 18.
Reds v Sunwolves (10:15)
Nog niks het vir die Reds gewerk nie en ek like dit so. Dalk is hierdie week hulle beurt. Dalk is ek red-in-the-face na die week se games. Dalk kort iemand ‘n Red Heart of is dit ‘n Red Square?
Reds met 2. Shame.
Stormers v Jaguares (15:05)
Wen! Wen! Wen! Dis al wat saak maak. Wen! Wen! Wen! Jy like daai soet smaak (aldus Riku Latti). Nog niemand het hierdie seisoen punte teen die Stormers op Nuweland aangeteken nie. Ek sal so paar rande waag dat die Jaguares so paar punt gaan opsit.
Early peak vibes is mos Stormers kultuur, so ek skiem hlle behoort met so 9 punte te wen.
Bulls v Blues (17:15)
Twee tight games weg van Beloftes af, tog was daar goeie tekens vir die Blou Nulle in daai games. Die Blues is egter klippe en gaan dit nie maklik maak nie.
Bulls met so 12 is ‘n goeie bet.
Of dit of Loftus moet maar soos Nuweland met ‘n bulldozer bygekom word…
Round 5
Vrydag 28 Februarie
Highlanders v Rebels (08:05)
Die Rebels is experts met verloor en behoort nie iets anders te doen nie.
Highlanders met 30.
Want die Rebels fokken suig.
Waratahs v Lions (10:15)
Die travel pla maar altyd, tog het die Sharks bewys dat dit nie in 2020 so moerse probleem hoef te wees nie. Daai laaste oomblike op Ellispark teen die Stormers het my bietjies-bietjies in my mond laat kots. My brein reken die Waratahs gaan wen, my hart* skiem Leeutjies.
Lions met 4 want dit wil voorkom of kaptein Elton shape.
*begin solank kepsie eet.
Saterdag 29 Februarie
Hurricanes v Sunwolves (05:45)
Die Canes kom met moord weg as dit by vuilspel kom. Maar cool, hulle like van wen.
Hurricanes met about 29.
Reds v Sharks (10:15)
Hopelik sal ‘n paar beseerde bliksems weer terug wees vir die Sharks teen daardie tyd. Kom ons maak ‘n zol saam met Mapimpi en hoop vir die beste.
Sharks met so 7.
Stormers v Blues (15:05)
John Dobson se manne beter dié een wen. Anders haal ons sy naam hier by die bar in die Dung Beetle af. Nie regtig nie, ons like Dobbo en sy manne.
Stormers met 11 is ‘n goeie bet.
Bulls v Jaguares (17:15)
Die tyd het aangebreek vir die Bulle om so bietjie verantwoordelik te raak, conference-gewys. Doen hulle ‘n ding in die game, maak hulle dit beslis makliker vir die Sharks of Stormers om dalk die pool te wen.
Jaguares met 7 want dit is dalk net die beste bet.
Wat skiem jy, ou perd? Drop jou predictions in die comments, laat ons kyk hoe draai dinge uit? Weereens soos hierbo genoem: indien jy geld wil sit op so paar Rugby World Cup games, kan jy dit by sunbet.co.za doen. As jy egter nie die pitte het of dit nie kan bekostig om te dobbel nie, moet jy nie dobbel nie. As jy ‘n probleem met sport’s betting het, kontak asseblief Responsible Gambling .
Watkykjy staan op 3,074,319 post views in totaal sedert 1 November, 2019.