Om jou Maandae effens meer draaglik te maak in 2020, het ons besluit om bietjie nostalgies te raak. Ons gaan probeer om elke week ou TV shows, veral shows uit baie van julle se kinderdae, asook ou TV advertensies, uit te grawe en hier op Watkykjy te plak. Maybe is jy heeltemal te fokken jonk om enige van hierdie kak te onthou, maar dit maak nie saak nie – welkom by ons kinderjare en welkom by old school TV, geborg deur Zefshop.
Advertensie van die week – Pick ‘n Pay
Die fok alleen weet hoekom Pick ‘n Pay in die 80s besluit het om Sakkie Cornelius van Seunsdorp (Boy’s Town) te kies om in te staan as Kersvader met ‘n wit kraaghemp om hulle produkte te swaai. Ek sou raai dat hy ‘n koshuisvader of iets is: “Met ‘n kersinkopielys so lank soos myne, moet ek koop waar pryse op alle produkte deurgaans laag is. En hie by Pick ‘n Pay is hulle!” En volg daar ‘n fokken weird sectrion met die produkte: Al die produkte se name is fokken uitgeblur? Huh? Skoonheidsseep (duidelik Palm olive) teen 57 sent, doeltreffende inskedoder teen R2.19 en smaaklike katkos teen 78 sent vir 410gram.
*steek hand op*
“Ek het baie vrae!”
Kom ons begin met die konsep van ‘n onnie, skoolhoof, koshuisvader of toesighouer wat vir die ad gebruik is – die hele fokken storie val plat wanneer jy vir die laities seep met tannies se gesigte op, insekdoder en katkos koop. Fokken katkos? Watter tipe operation hardloop julle daar, Sakkie? Al daai katkos? Voer die laities die straatkatte? Het dit op sy beurt een of ander plaag veroorsaak dat julle bietjie moet spuit? En dan wil ek ook net ‘n comment daar na Pick ‘n Pay se kant toe frisbee: Hoe die fok weet julle dat die katkos smaaklik is? Het julle ‘n kat-paneel opgestel met clipboards en monkey puzzle surveys? Of het julle marketing mense dit self getand? Ek kan net imagine hoe julle ouens in die bemarkingsspan saans tuis kom met hulle witkraaghemde en special staff discount op kos en what not.
“Yaaaay! Pappa is by die huis! Wat is vir aandete, pappa?”
*rol blikkie so oor etenstafel na die middel*
“Smaaklike katkos!”
Hierdie week se main attraction is egter Pinocchio:
Fun fact:
Die reeks is gebaseer op die kinderboek, Pinocchio deur Carlo Collodi en sy regte naam was eintlik Carlo Lorenzini. Die omie is op die relatiewe jong ouderdom van 63 oorlede in 1890. Hy het dit egter verder as sy sibs gemaak – uit sy tien boeties en sussies is sewe van hulle dood op ‘n baie vroeë ouderdom.
Carlo het aanvanklik vir politiese koerante gewerk maar het gatvol geraak daarvoor en begin werk in kinderliteratuur. Hy het begin deur Franse fairy tales na Italiaans oor te vertaal. Hy het eventually begin rondfok met die storie van ‘n marionet en het dit weekliks in ‘n Italiaanse kinderkoerant ge-publish. In 1940, vyftig jaar na sy dood, het Disney die feature film adaptation uitgebring. Die disney movie is hierdie jaar 80 jaar oud en die oorspronklik storie van Pinocchio self, is hierdie jaar 130 jaar oud!
Pinocchio Episode 6 – Die meisie met helder blou hare
Die jakkals en die kat is bietjie soos daai mense op Facebook groepe wat hoog en laag sweer dat jy R5000 per dag kan maak deur in Bitcoin te invest met hulle. In hierdie episode oortuig Mario en Gato vir Pinocchio om sy zak te begrawe want bome gaan opkom met nog meer zak. Hulle kom by ‘n feë se huis aan en die feë en Gina probeer Pinocchio oortuig om nie poesdom te wees nie, maar Pinocchio is mos fokken slim en kap ignore. In die woud verskyn spoke wat sy muntstukke wil afvat, maar eintlik is dit die jakkals en die kat. Fok, hulle is konte…
Pinocchio Episode 7 – Ek gaan ‘n soet seun wees
Pinnochio word gered uit die boom waar hy opgehang is en hy het amper gevrek, as dit nie vir die woud se dokters, die ui en die kraai was nie. Gepetto se hart vreet kak want jy mis vir ou Pinokes en Rocco try om die harkoppige houtpop terug by sy pa te kry. Hierdie is die eerste episode waarin Pinoccio se neus begin groei elke keer met sy liegstories.
Pinocchio Episode 8 – Vreemde veld
Rocco, Gina en Pinocchio slaat weer uit by ou Gepetto se pozzie. Die jakkals en die kat maak weer hulle verskyning (big fucking surprise) en oortuig Pinocchio wragtig weer om terug te keer na die veld van wonderwerke. Soos ‘n dom kont begrawe hy sy sy coins. Jy kan imagine wat die result is…
Pinocchio Episode 9 – Klein wit huisie van die feëverhaal
Die fairy is nie moerse impressed daarmee dat Pinocchio sy belofte verbreek het nie en hou ‘n meeting met Gepetto. Sy onderneem om Pinocchio te leer lees en skryf en so bietjie life skills te gee omdat hy ‘n ongeskoolde klein kak is. Gepetto stem in. Sy het genoeg patience met die mannetjie en hy begin actually bietjie iets leer.
Pinocchio Episode 10 (Afrikaans) – Ek sal hard leer
Pinocchio loop nog steeds private school by die feë maar hy suffer maar van ADHD, Rocco en Gina daag op en Pinocchio se gat kan nie fokken stilsit vir ‘n oomblik nie. Hy vaar egter goed met al die huiswerk en chores en oefening en kak en kan teruggaan na Gepetto.
Watkykjy staan op 3,084,033 post views in totaal sedert 1 November, 2019.