Om jou Dinsdag effens meer draaglik te maak, het ons besluit om bietjie nostalgies te raak. Ons gaan probeer om elke week ou TV shows, veral shows uit baie van julle se kinderdae, asook ou TV advertensies, uit te grawe en hier op Watkykjy te plak. Maybe is jy heeltemal te fokken jonk om enige van hierdie kak te onthou, maar dit maak nie saak nie – welkom by ons kinderjare en welkom by old school TV, geborg deur Zefshop.
Advertensie van die week – Dawid Kramer en die VW Volksiebus Syncro
Hierdie moes een van VW se duurder TV advertensies in die laat 80s of vroeë 90s gewees het. Behalwe dat die advertensie ‘n hele minuut lank is in plaas van die normale 30 sekondes, is dit probably op location geskiet in die Karoo met ‘n moerse team wat actors en stunt drivers en allaerhande kak insluit. En in daardie tyd was Dawin Kramer in sy prim en in moerse aanvraag en ek belowe jou daai oom was noddefok cheap gewees nie!
Meeste van julle sal ‘Gus the Volksiebus’ onthou, maar wie onthou hierdie klein Karoo adventure toe twee booswigte Dawid se fiets en bokskitaar gesteel het?
Did you hear about the time when my old bike was taken?
The Bleskbok Bicycle Gang stole it from the railway station
Two of them were wanted men: Piet Piston and Mad Mac
They also grabbed my blikkitaar and raced off down the track
Well, the station master shouted:
“Moenie worry nie, don’t fuss!, we’ll catch them if we travel in my brand new Syncro bus! Its got a fuel injected engine and above all, all wheel drive”
He said: “Put your trust in Syncro bus, we’ll bring them back alive”
Climbing over koppies, bouncing through the dongas,
flying through the veld, there was nothing that could stop us.
Down through the drif, and you through the kloof,
the station master drover and tapped his fingers on the roof
There was no place in Namakwaland that we couldn’t go
in our fuel injected all wheel drive new Volbsiebus Syncro
Then we set a trap at Bobbejaansrivier, the three of us, the Syncro bus
waiting…
until…
Climbing over koppies, bouncing through the dongas,
flying through the veld, there was nothing that could stop us.
No place in Namakwaland that we couldn’t go
in our fuel injected all wheel drive new Volbsiebus Syncro!
Hierdie week se main attraction is egter Pinocchio:
Fun fact:
Baie van Suid-Afrika se internasionale TV-reekse in die 70s en 80s was reekse wat die SAUK by Duitsland aangekoop het en oorgeklank het. Pinocchio was ook een van daai reekse gewees en die oorspronklike Duitse stem agter Pinocchio se karakter was Helga Anders en ja, sy was nogal fokken anders gewees. Sy was in fooookken baie TV-reekse en movies gewees gedurende haar betreklike kort tydjie op aarde. In fact, sy was in meer movies en reekse gewees as jou deursnit Hollywood-akteur: 35 reekse en meer as dubbeld soveel movies. Een van daai reekse sal jy moontlik ken – Derrick. Snaaks genoeg was sy sewe verskillende fokken karakters in die reeks. Die duitsers is ‘n poes weird groepie mense.
Helga is ongelukkig op die baie vroeë ouderdom van 38 oorlede. die donkerkop Oostenryker het ongelukkig net bietjie te veel van seks, drank en dwelms gehou. Sy was ‘n fokken hottie gewees en ek is seker sy het menige mans sulke Pinocchio-neuse in hulle onties gegee…
Pinocchio Episode 11 – Verskyning voor die landdros
Die feë tube Pinocchio bietjie shopping te gaan doen saam met Gina en Rocco, maar die jakkals en die kat zoi sy fokken appel uit sy sak. ‘n Moerse Midrand fight breek uit en die klompie moet voor die landdros verskyn oor hulle kak. Pinocchio word as ‘n leuenar uitgemaak en om sy dag nou netjies op te fok, word sy hele groceries sak gestell. Fok tog.
Pinocchio Episode 12 – Hoe is die dorp met skatte?
Pinocchio studeer seemingly fokken hard, maar die feë kom agter dat hy hulp kry. Hy is moedswillig en aartslui en insist dat hy na die “dorp van die dwase” wil gaan. Jirre, daai mense is so lui, hulle wil nie eers vensters oopmaak nie. Hulle sal eerder mekaar se fokken stink asems en poepe hap as om ‘n venster te kraak. Dit klink baie soos Springs. Pinocchio maak dit treug tot by die feë se pozzie en sweer hoog en laag dat hy van nou af ‘n goeie seun sal wees. Ons weet natuurlik almal hy praat poes.
Pinocchio Episode 13 – Ek is lief vir die nag
Pinocchio en Gato join vir ou skelm Mario by ‘n party. Hulle los vir Pinokes alleen by die jol, maar hy kry dit wel reg om sy pad terug huis toe te vind. Maar dinge mag mos nie regloop vir die houtkop nie, so hy word die volgende aand aan ‘n hoteleienaar verkoop. Hy manage egter om te ontsnap maar maak die vreeslikste fokken kak liegstories op vir die feë oor die hele petalje . En daar groei die ou fokken neusie alweer…
Pinocchio Episode 14 – Pinocchio word weer gevang.
Jy ken ook daai tipe mense was soos Pinocchio vir hulleself lieg die hele tyd. Hy laat homself glo dat nie weer vir die jakkals en die kat se kak sal val nie, maar ter selfde tyd gee hy weereens in. Hierdie keer fok hy saam om die muishondfamilie “te gaan help”. Dom doos soos hy is, word hy predictably gevang met een van die jakkals en die kat se slinkse schemes…
Pinocchio Episode 15 – Hoenderdiefstal
Gina en Rocco soek vir Pinocchio wat verdwyn het en kom agter dat hy aangehou word vir hoenderdiefstal. Gina manage om hom te red en die fokken muishonde is eintlik die hoenderdiewe. Hulle wil sommer vir Gina ook opeet, want muishonde fokken eet mos alles, maar Pinocchio verjaag hulle goddank.
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.