Om jou Dinsdae effens meer draaglik te maak in 2020, het ons besluit om bietjie nostalgies te raak. Ons gaan probeer om elke week ou TV shows, veral shows uit baie van julle se kinderdae, asook ou TV advertensies, uit te grawe en hier op Watkykjy te plak. Maybe is jy heeltemal te fokken jonk om enige van hierdie kak te onthou, maar dit maak nie saak nie – welkom by ons kinderjare en welkom by old school TV, geborg deur Zefshop.
Black Cat Peanut Butter
Onthou jy Felix Swart, die seun met nege lewens? Hy reken:
“Om in die betonoerwoud aan die lewe te bly het jy proteienkrag nodig. Dis hoekom ek Black Cat grondboontjiebotter eet. Mens weet nooit wanneer dit kan nodig kry nie. Sien wat bedoel ek?” Terselfde tyd steel een of ander skurk ‘n goose se beursie uit haar handsak en tune die laitie: “Gee pad, kêreltjie”. Felix antwoord met ‘n netjiese skouergooi, of waddefok mens dit ookal noem as jy iemand oor jou skouer gooi.
Polisie: “Hoe het jy dit reggekry, boet?”
Skurk: “Swart gordel, nê?”
Felix (terwyl die eens damsel in distress hom bewonder en probably vroetel waar die kamera nie kyk nie): “Uh-uh, Swart kat!”
Fun fact:
Black Cat peanut butter is al amper 100 jaar oud! Dit is vir die eerste keer in 1926 geproduseer in Potgietersrus van alle plekke, onder die naam Alderton Limited. Dit maak eintlik sin, want Potgietersrus (of Mokopane, deesdae) is een van Suid-Afrika se rykste landbougebiede wat koring, tabak, katoen, beesvleis, mielies, grondboontjies en sitrus produseer. Die company is in 1926 oorgekoop deur Tiger Oats (nou bekend as Tiger brands). Interessant genoeg, is die company Tiger Oats gestig in 1921 maar die oats self is gelaunch in 1925 wat beteken dat Black Cat Peanut Butter (of Alderton Limited) op daai stadium slegs een jaar oud was.
Black Cat was hulle heel eerste acquisition en hardloop steeds fokken sterk, so ek kan nie help om te wonder tot watter mate Black Cat bygedra het tot die groei van een SA se grootste companies nie. Onthou, Tiger het op ‘n Stadium SPAR ook besit in die laat 80s. Hulle het ook Adcock Ingram en Crosse & Blackwell se besighede oorgekoop. Die kanse is fokken goed dat jy vandag reeds ‘n Tiger Brands produk in jou keel afgedruk het. Maybe ‘n stukkie Enterprise op ‘n Albany broodjie gevreet? ‘n All Gold tamatiesousie oor ‘n chippie gegooi? Koo jam of ingelegde vrugte uit ‘n blik uit, dalk? ‘n Glas Oros gedrink? Nog nie? Maybe gaan jy vanaand Colman’s oor ‘n varkie smeer saam met jou Tastic rys. Of is dit pasta-aand met Fatti’s & Moni’s?
Smaak my hulle het follen alles vir peanuts gekry!
Daai Black Cat peanut butter het ‘n fokken laaaang paadjie geloop met ons.
Diep spore, pappa!
Hierdie week se main attraction is egter Pinocchio
Pinocchio Episode 21 – Na die Stad Van die Dolfyne
Die ‘Stad van Dolfyne’ is blykbaar a thing. In Pinocchio se lewe in elk geval. Dis hier waar Gepetto na die houtpop soek en eventually uit desperaatheid besluit om ‘n boot uit vat op die see. Hy sleep Guiliette, die kat saam alhoewel sy kakbang vir water is. Pinocchio en Gina kom slaat uit in die dorp en ‘n donderstorm is aan die broei. Hulle huur ‘n boot om na Gepetto, Guilietta en Rocco op die see te gaan soek.
Pinocchio Episode 22 – Vriende met die Dolfyn
Pinocchio en Gina vin Gepetto op die oop see maar Pinocchio se boot poes om en Gina verdrink amper. ‘n Dolfyn red vir Gina en Pinocchio en vat hulle na ‘n eiland toe.
Pinocchio Episode 23 – Rondloophond
Op die eiland ontdek hulle dat die jakkals en die kat alreeds daar is. Pinocchio word gejaag deur ‘n hond en ‘n visserman vang hom vir die pot. Die hond kom tot sy redding en red Pinocchio van die visserman. Hoekom wil die visserman vir Pinocchio eet? Hoe de fok kook jy hout en eet dit? HOW?
Pinocchio Episode 24 – Ek werk met ‘n plan
Same old. Gina en Pinocchio is alweer opsoek na Gepetto en beland in ‘n valley waar die peeps besig is om te oes. Pinocchio begin graft maar raak gou moeg en lui en moerig en begin weer kak aanjaag. ‘n Groot fokken surprise wag op Pinocchio – die kat en die jakkals, natuurlik. Toe nou nie so morese surprise nie…
Pinocchio Episode 25 – Die dief baasraak
Fokkit, hierdie storie het weird venues. Hierdie keer bevind Pinocchio en Gina hulleself in die vallei van die ‘Besige Bye’, bid jou aan! Klink soos ‘n plek waar jy baie steek kan kry. Pinokes begin as ‘n waiter graft by die jol. Ongelukkig is die gaste wat hy nou moet bedien, die jakkals en die kat en hy kom in ‘n fight met die twee skelm konte. Verder moet Pinocchio waghou by die stoorkamer en skurke afkeer.
Watkykjy staan op 3,112,782 post views in totaal sedert 1 November, 2019.