Om jou Dinsdae effens meer draaglik te maak in 2020, het ons besluit om bietjie nostalgies te raak. Ons gaan probeer om elke week ou TV shows, veral shows uit baie van julle se kinderdae, asook ou TV advertensies, uit te grawe en hier op Watkykjy te plak. Maybe is jy heeltemal te fokken jonk om enige van hierdie kak te onthou, maar dit maak nie saak nie – welkom by ons kinderjare en welkom by old school TV, geborg deur Zefshop.
Advertensie van die week – ABC Waspoeier
Weet jy hoe fokken kaklui en unimaginative jy moet wees om jou produk ABC of XYZ te noem? Dis die tipe kak wat ons op skool geleer is in klasse soos rekeningkunde en bedryfsekonomie in standerd 6 en 7:
“Balanseer ABC motors se bates, eiendomme en laste in hierdie fokken tabel en kyk hoe dit vergelyk met jou huiswerk van verlede week se onderneming van XYZ Broeknaaibroeke”
So een of ander ou het besluit om ‘n waspoeierbesigheid oop te maak direk na skool in plaas daarvan om ‘n spietkop te word en het dit straight uit ‘n standerd 6 handboek gecraft. Whoever die TV ad vir hierdie company gemaak het, moes ‘n killing gemaak het. So paar boekrakke, ‘n trollie wat hulle probably by Checkers net om die hoek gedief het en vier d-grade akteurs ingekry waarvan 2 ‘n tweelingbroer is.
“Kan jy die verkil sien? Ek kan nie die verksil sien nie.”
Sê dit sommer saam met die nole, maar in ‘n Scooby Doo voice:
Hierdie week se main attraction is egter Pinocchio:
Fun fact:
Die oorspronklike Duitse theme song vir Pinocchio is gesing deur Mary Roos en sy is nog al die pad aan die gang. Op 71-jarige ouderdom word hierdie tannie steeds geboek vir shows en sy is een van die mees gesogte artists in die “Schlager-genre”
Om laasgenoemde te verduidelik hoef jy nie verder te kyk as Afrikaans is Groot nie, want al die kak wat daar gepleeg word kom probably direk uit Schlagermusiek se hol uit sedert die 1950s.
Vertel ir my wat die verskil is. Kan jy die verskil sien? Ek kan nie die fokken verskil sien nie…
Wo hat man dich zuletzt gesehen?
Du wolltest doch zur Schule gehen
Was ist geschehen?
Die Welt ist groß und du bist klein
Du kannst noch nicht alleine sein
Sieh’ das doch ein!
Pinocchio Episode 16 – Belofte aan die feë
Pinoccio voel bietjie blaaint omdat hy so konterig met die feë is en Gina pleit namens hom by die feë om Pinoccio te vergewe. Die jakkals en die kat tune hom poef dat Gepetto siek is, maar Pinoccio kom agter hulle lieg en gee hulle grief.
Pinocchio Episode 17 – Die fee se verdwyining
Weird kak gebeur en Pinocchio bind die jakkals en kat vas en vat hulle na die feë sodat sy die waarheid kan hoor, maar toe hulle by haar pozzie uitslaan is sy fokken gone. Die huis ook sommer! Ons sê mos – fokken weird kak gebeur. Gina en Pinocchio ontmoet ‘n duif wat hulle op sy wonderlike reis neem. Dis glad nie weird nie.
Pinocchio Episode 18 – Die lugreis
Gina en Pinocchio vlieg op die duif se rug op pad na Gepetto, as one does. Die jakkals en die kat volg hulle op die grond. Toe Pinocchio iets soek om te tand, vertel Gina dat sy skiem die duif is actually die feë.
Pinocchio Episode 19 – Gina wat val uit die lug
Hulle vlieg op die duif se rug maar Gina kont af toe hulle oor die dorp vlieg. Pinocchio soek haar en meantime slat Gepetto uit om vir Pinnochio te soek. Die jakkals en die kat fok met arme Gepetto, sit hom op ‘n dwaalspoor en stuur hom na ‘n ander town toe. Pinocchio daag net betyds op om vir Gina te red van die twee konte en leer hulle ‘n les.
Pinocchio Episode 20 – Daar was ‘n ou man Gepetto
Gepetto is blykbaar in die “dorp met die dolfyne”, whatever the fuck that is; en Pinocchio en Gina soek hom uit die lug. Die duif drop vir Pinocchio en nou moet hy alleen spoek na Gepetto. Shame man.
Watkykjy staan op 3,073,920 post views in totaal sedert 1 November, 2019.