Die grootste dag in movie entertainment lê net om die draai. Sondagmiddag, 17:00 (op Los Angeles se horlosie) skop die 92ste jaarlikse Academy Awards af en die kompetisie is nogal fokken tight hierdie jaar. Wanneer die hele storie live op TV ontvou, is dit natuurlik Maandagoggend drie-uur in Suid-Afrika. Jy kan besluit of jy dit Maandag 10 Februarie live wil kyk op DStv se Movies Premiere channel drie-uur die oggend en of jy eerder die rebroadcast later die aand 21:00 wil kokkenodge op M-Net. Ek moet nog self besluit wat ek gaan doen, maar ek gaan die gedoente hoogs waarskynlik live kyk en vir my doos van ‘n baas vra of ek maar Maandag mag af kry. Fok Maandag, in elk geval.
Intussen kan jy solank op Showmax gaan rondkrap vir jou Oscar fix. Hulle het kratte en kratte vol van daai movies. Nominees oor die laaste klompie jare sluit movies in soos:
Ready Player One (2018, genomineer vir Best Achievement in Visual Effects), Straight Outta Compton (2015, met 1 nomination), Ali (2001, met Will Smith, Jamie Foxx en Jon Voight wat 2 Oscar nominations ontvang het. Iets op die lys wat my surprise het, is dat Transformers (2007, met Shia LaBeouf en Megan Fox) drie Oscar nominatios ontvang het. Die grootste mystery is egter die feit dat Gangs of New York (2002, met Leonardo DiCaprio, Cameron Diaz en Daniel Day-Lewis) vir tien Oscars genomineer vir die 75ste Oscars maar nie eers fokken een gewen het nie? What the actual bouncy ball fuck?
Die outjies op die Showmax lysie wat genomineer is en wel goue outjies gewen het sluit in:
Silver Linings Playbook (2012, met Bradley Cooper, Jennifer Lawrence, Robert De Niro) met een wen, A Star Is Born (2018, met Lady Gaga & Bradley Cooper) ook met een wen, en I, Tonya (2017, met Margot Robbie), ditto, een wen. Tot my helse verbasing was ek today old toe ek vir die eerste keer in my lewe besef het dat King Kong (2005, met Naomi Watts, Jack Black en Adrien Brody) ‘n totaal van drie fokken Oscars gewen het! Drie! Dis ‘n movie met ‘n fokken aap! Moenie worry nie, dit was nie vir acting gewees nie…
Nou kom ons by die groot geeste – ek is ‘n massive fan van Leonardo DiCaprio, Cate Blanchett en Kate Beckinsale so, ek gaan sommer vandag nog weer The Aviator (2004) kyk. Dis een van my heel favourite movies van alle tye en het weggestap net ‘n totaal van vyf Oscars! BOOM! Maar dit hou nog steeds nie kers vas by Gwenneth Paltrow Schindler’s List nie (1993, met Liam Neeson, Ralph Fiennes en Ben Kingsley). Daai is ook a fave, maar jissis, dis ‘n heavy enetjie, so vreet so paar Rennies en kry ‘n box tissues voor jy voor die TV inskuif.
You’ve got some viewing to do…
Wie skiem jy gaan met die goue beeldjies wegstap Maandagaand? Kom ek gooi my predictions. Ek gaan nou nie vir elke fokken category ‘n voorspellingtjie maak nie, want ek persoonlik stel nou nie belang in wie die meeste hairspray gebruik het, die mooiste rokkie gemaak het of die kiefste snor aanmekaar gesit het met pubes en boomgom nie. Ek weet ook te min van byvoorbeeld doccies af om dit op die lysie te sit en ek gaan my ook nie steur aan die beste International Feature Film nie, want Suid-Afrika het nie ‘n nomination gekry hierdie jaar nie.
Dis maybe effens doserig van my, maar my lys is probably langer as jou lys, so hier is die kategorieë waaraan ek myself gaan steur:
Best Picture nominees
Ford v Ferrari
The Irishman
Jojo Rabbit
Joker
Little Women
Marriage Story
1917
Once Upon a Time in Hollywood
Parasite
My vote gaan aan Joker gaan met ‘n fokken country mile. Joaquin Phoenix gaan ‘n baie kak speech gee, maar mens kan mos nou nie alles wen nie. Ek sou baie graag wou hê dat Ford v Ferrari moes wen oor die sterk Suid-Afrikaanse connection met die kar, maar nou ja…
Best Actor in a leading Role
Antonio Banderas (Pain and Glory)
Leonardo diCaprio (Once upon a Time…in Hollywood)
Adam Driver (Marriage Story)
Joaquin Phoenix (Joker)
Jonathan Pryce (The Two Popes)
Hierso gaan ek weer vir Joaquin Phoenix gaan en sy tweede speech gaan nog meer arty-farty wees as die eerste een. Ek skiem Leo sou kort op sy hakke gewees het. Adam Driver gaan nie wen nie. Die bra lyk asof ‘n kind vir Keanu Reeves vanaf die geheue van ‘n slegte droom probeer teken het.
Best Actress in a leading Role
Cynthia Erivo (Harriet)
Scarlett Johansson (Marriage Story)
Saoirse Ronan (Little Women)
Charlize Theron (Bombshell)
Renée Zellweger (Judy)
Net vir gees sou ek vir Charlize gekies het, jy weet, want #ImStaying en so aan, maar ek dink nie sy het ‘n kans hierdie keer nie. Sy glo self nie eers so nie en het ook erken haar eie kind nie eers dink dat sy gaan wen nie. With fokken children like that, who needs enemies? Ek gaan my zak dus op Cynthia Erivo sit, want ek dink dis weer tyd dat ‘n swart vrou ‘n Oscar huis toe vat. Die klimaat is reg daarvoor. Die laaste keer (en enigste keer) wat ‘n African American so outjie gevat het vir leading actress, was met Halle Berry terug in 2002 vir Monster’s Ball. Ek voorspel ook dat Cynthia ‘n emosionele speech gaan lewer en ‘n standing ovation sal kry. It are time, guys!
Best Actor in a Supporting Role
Tom Hanks (A Beautiful Day in the Neighborhood)
Anthony Hopkins (The Two Popes)
Al Pacino (The Irishman)
Joe Pesci (The Irishman)
Brad Pitt (Once Upon a Time… in Hollywood)
Ek skiem hierdie is ‘n tweeperdresies tussen Hopkins en Pitt en ek waag my geld op Brad Pitt. As ek sou moes kies tussen Pesci en Pacino, sou dit Pesci wees, but Brad is still your man for the job.
Best Actress in a Supporting Role
Kathy Bates (Richard Jewel)
Laura Dern (Marriage Story)
Scarlett Johansson (Jojo Rabbit)
Florence Pugh (Little Women)
Margot Robbie (Bombshell)
Ek het actually nie ‘n fokken clue wie om hier te kies nie, so ek sal gaan met Laura Dern, aangesien daar baie nominations vir Marriage Story is.
Best Animated Feature Film
How To Train Your Dragon: The Hidden World
I lost my Body
Klaus
Missing Link
Toy Story 4
Toy story is die obvious keuse. Ek meen fok, hulle het al drie van hierdie movies gemaak oor die laaste 15 jaar. Die laaste een het 10 jaar terug uitgekom en het twee Oscars gewen. Hulle het dus 10 jaar gehad om die perfekte Toy Story te maak. No pressure.
Best Cinematography
The Irishman
Jokes
The Lighthouse
1917
Once upon a Time… in Hollywood
Moeilike enetjie. Ek wil sê 1917 maar ek gaan my chips incash op Joker.
Best Directing
The Irishman (Martin Scorsese)
Joker (Todd Phillips)
1917 (Sam Mendes)
Once upon a Time… in Hollywood (Quentin Tarantino)
Parasite (Bong Joan Ho)
Ek wil amper weer sê Joker. Kyk, Joker gaan baie kak wen, veral in daai ander kategorieë soos reguitste broekspype, mooiste fluit en rooiste baadjie wat ek nie wil bespreek nie, so ek gaan hierdie een vir Sam Mendes gee. Martin Scorsese het mos nou se een Oscar gekry. Hollywood gaan hom laat doodgaan met net een onder die arm, mark my words. En Tarantino direct lekker maar die man praat nie lekker nie. Sy mond lyk asof dit die tande in sy onderkaak soek. Fokken creepy fokker.
Ag fok, weet jy wat? Kom ons call gou die ander kak ook:
Best Costume design – JoJo Rabbit
Best Documentary (Feature) – American Factory
Best Documentary (Short subject) – Life Overtakes Me
Best Film Editing – Joker
Best International Feature Film – Parasite
Makeup and Hair styling – Joker
Best Music (original score) – Star Wars: The Rise of Skywalker
Best Music (original song) – Rocketman
Best Production design – 1917
Best Short Film (animated) – Memorable
Best Short Film (action) Saria
Best Sound editing – Star Wars: The Rise of Skywalker
Best Sound mixing: Ad Astra
Best Visual Effects: Avengers: Endgame
Best Writing (adapted screenplay) – The Irishman
Best Writing (original screenplay) – Once Upon a Time… in Hollywood
Wat die res van die movies op die Showmax Oscar-lysie aanbetref is daar ook twee Star Trek movies, al die Hobbit movies wat ooit gemaak is, twee Kung Fu Panda flieks, Shrek en die eerste twee Back to The Futures. Jy kan aansluit by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander stuff ook om deur te werk! In fact, daar is iets soos 33 movies op Showmax wat vir die Oscars genomineer is of gewen het!
Watkykjy staan op 3,083,861 post views in totaal sedert 1 November, 2019.