Basson Laubscher & the Violent Free Peace klap die overseas!

In Kief musiek deur griffinRek jou bek

Basson Laubscher & the Violent Free Peace fokof in Maart so bietjie Europa toe vir hulle eerste keer ooit. Dis basically Duitsland en Nederland, maar dag mag dalk nog datums bykom vir ander pozzies. Die toer skop af oor twee weke van nou af en om dit te celebrate het hulle besluit om ‘n limited edition van hulle tweede plaat, Testify,  uit te bring.
Hierdie brasse is legends in die local music scene en feature Basson Laubscher op lead guitar. Jy sal hom maybe onthou van die Zinkplaat-dae af en hy het al ook werk gedoen vir Valiant Swart en die Blues Broers. Basson word ge-back deur multi-instrumentalist, CJ Bergh en drummer ,Kyle Wesson. Hulle unieke klank blend nogal elemente van rock, blues en swamp boogie saam.


Die ouens het ook ‘n crowd funding campaign afgeskop om hulle te help met die toer se onkostes. Daar is natuurlik benefits vir die fans ook. R10k score vir jou byvoorbeeld ‘n private gig. Gaan lees meer daaroor hierso. Die vinyl pressing feature befokte artwork deur Suid-Afrikaanse designer, Marchand. Jy kan dit online pre-order.

Vir die Watkykertjies wat in die overseas bly, kyk of jy by een van die volgende gigs kan uitslaan. Of stuur jou boetie, oom, sussie of nefie:
12 Maaart –  Cafe De Cactus Muziekcafe – Nederland
13 Maaart –  Schallemaaj – Nederland
14 Maaart –  Cultuurverblijf No Man’s Land – Nederland
15 Maaart –  Lokaal42 Helmond – Nederland
16 Maaart –  Wereldradio – Nederland
17 Maaart –  Cowboy und Indianer – Duitsland
18 Maaart –  Cowboy und Indianer – Duitsland
19 Maaart –  Belami Bergedorf – Duitsland
20 Maaart –  Cafe Rocks – Nederland
21 Maaart –  Moonshine Sliedrecht – Nederland
23 Maaart –  Live Club Bamberg – Duitsland
24 Maaart –  The Shakespeare Pub – Duitsland
26 Maaart –  Tsunami Club – Duitsland
27 Maaart –  Ma Kelly’s Muziekcafe – Nederland
28 Maaart –  Rock Kneipe Jungfer – Duitsland
29 Maaart –  Taverne Bergen – Nederland

www.bassonlaubscher.com
https://www.facebook.com/BassonLaubscherandTheViolentFreePeace/

Hierdie post is 99 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 468,559 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  
    2
    Shares
  •  
    2
    Shares
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
griffinBasson Laubscher & the Violent Free Peace klap die overseas!

Gooi Comment