Om jou Maandae effens meer draaglik te maak in 2020, het ons besluit om bietjie nostalgies te raak. Ons gaan probeer om elke week ou TV shows, veral shows uit baie van julle se kinderdae, asook ou TV advertensies, uit te grawe en hier op Watkykjy te plak. Maybe is jy heeltemal te fokken jonk om enige van hierdie kak te onthou, maar dit maak nie saak nie – welkom by ons kinderjare en welkom by old school TV, geborg deur Zefshop Vinyl Records
Advertensie van die week – Checkers
Checkers se naweek wenkope. Ek kan nie onthou dat ek al ooit van die woord “wenkope” gehoor het nie, maar ek is seker iemand in die cocaine kamer by die ad agency was fokken hard geprys vir hierdie nuutskepping: “Check *snuif* jy doen nie inkopies nie… *snuif* jy doen wenkopies by Checkers” gevolg deur ‘n stilte, ‘n prysenswaardige “Jissis!” en een van daai slow claps in die movies wat harder en vinniger word.
Watse special run hulle? ‘n 500g blok geel margarien teen slegs R1,25, twee dosyn dispasable kaksakke teen R9.99 en VHS tapes teen R12,99 elk. Die cheapste marge by Checkers kos deesdae al R16.99, doeke loop hier by die 99 skille vir 42 en as VHS tapes nog bestaan het, sou hulle ons seker R120 per tape genaai het:
Hierdie week se main attraction is egter Pinocchio:
Fun fact:
Pinocchio is ‘n anime-reeks uit 1976, geskep in ko-produksie met ZDF en ORF. Dit lyk asof die Duitsers maar meestal in beheer was van hierdie reeks. Ek skiem die Japs het maar net die prentjies geteken. Die reeks is gebaseer op die kinderboek, Pinocchio deur Carlo Collodi.
Pinocchio Episode 1 – Die geboorte van Pinocchio
Gepetto is ‘n skrynwerker in some fuck-ass dorpie in Italië en tel stuk hout op, as one does. Hy besluit om marionet daarvan te maak. Die houtpop begin praat en beweeg en dis hoe die klein kak genaamd Pinocchio, sy lewe begin. Gepetto is fokken trots op sy meesterstuk. I mean fok, ‘n pratende houtpop!
Pinocchio Episode 2 – Pinocchio maak kak in die dorp
Gepetto en Pinocchio fok drop toe en Pinocchio jaag kak aan sonder dat hy dit regtig beodel. Hy fok alles op en Gepetto se hart begin kak vreet oor hy die outjie genaak het. Hy maak toe maar soos enige ouer en maak Pinocchio die skool se probleem. Ginam die klein klikbek eendjie klim uit jaar eier uit. Pinnocchio se kak is geboek…
Pinocchio Episode 3 – Die puppet show
Dis nou sulke tyd – op pad skool toe ontmoet Pinnochio die skelm jakkels, Mario en sy poesdom tjommie, Gato die kat. Pinokes bunk so bietjie skool en neem deel aan sy eerste poppespel. Die klein kak loop basically weg van die huis af…
Pinocchio Episode 4 – Ek is ‘n goeie akteur
Pinoccio en Gina reis rond met die poppespel en Pinoccio kan speel en dans sonder toue. Fokken obviously. Hy is after all fokken Pinocchio. Die doos wat die poppespel run is nogal konterig en Pinoccio verlang na ou Gepetto. Hy besluit om terug te fokof en word 5 stukke goud betaal. Dis nogal baie in Gupta-cash vir die 80s…
Pinocchio Episode 5 (Afrikaans) – ‘n Wonderlike Kreef
Pinoccio en Gina is op pad terug na Gepetto, maar hulle kom nie agter dat die skelm Jakkals en die kakdom kat hulle aggtervolg nie – hierdie fokkers wil Pinocchio van sy hardverdiende zak verlig. Gina, die klikkie eend is die voice of reason en probeer hom waarsku teen die skobbejakke wat nou sommer hulle travel companions geword het en sommer saam wil vreet en AirbBnB op mister P se skille. Fokken blaaint, ek sê!
Watkykjy staan op 3,118,701 post views in totaal sedert 1 November, 2019.