Voor ons begin Super Rappie, kom ons onthou net gou vir ‘n oomblik wie die World Champs is? Ek kry nou nog koue rillings as ek aan daai no-look paas van Lukhanyo Am in die final dink. Janet, grootbaas van die Karoo Saloon, is mos ‘n British en selfs sy erken dat die subsequent drie van Mapimpi dalk een van die mooiste oomblike ooit in sport was. Ons het na die game met Akkedis-tunes tot vroeg die oggend geparty – oftewel dié van ons wat nie na 8 tequilas in die tent uitgepaas het nie.
Rugby en drank lok ons weer na die Saloon hierdie naweek en heel per toeval is die Akkedisse weer op die spyskaart. Die tweeling gooi hulle birthday jol daar. Kief tunes (Doc MacLean is ook op die spyskaart), mengeldrankies en ‘n paar solid tackles is mos hoe mens enige seisoen wil en moet begin, of hoe?
Nou kan ek maar begin en soos ons Super Rugby ken, is die begin gewoonlik maar ‘n gesukkel. Almal recover nog van hul Desember-babelasse. Die manne het vergeet hoe om te vang en/of te skrum en hoewel daar meer as ‘n paar cool oomblikke gaan wees, weet ons mos nou al teen hierdie tyd dat dit jou basically fokkol sal help om in die eerste paar games jou peak te bereik nie.
Soos dit die geval na elke World Cup is, gaan meeste spanne dit moeilik vind om sonder hulle rock stars wat nou groot zak in Europa en Japan jag, klaar te kom. Amper elke span bring jong latte in om die ou bome te probeer vervang. Hier en daar het ‘n legend of drie besluit om aan te bly, maar dit is ‘n hele nuwe ball game, ouens.
Selfs Elton Jantjies is nou ‘n kaptein. Hier is ‘n voorspelling van hoe sy haarstyl teen die einde van die seisoen behoort te lyk:
‘n Paar spanne het ‘n ou boom of twee ingespan om die mannetjies in toom te hou. Welkom terug, Doc Jannie du Plessis (Lions), Willem Alberts (Lions) en Morne Steyn (Bulls)! Dis weird om te dink dat hierdie spul as toppies beskou word. Onthou egter dat Victor Matfield diep in sy 50s was toe hy sy laaste game vir die Bulle gespeel het.
Die groot vraag op almal se lippe is: Gaan iemand die Crusaders kan keer om die toernooi weer te wen? Ek skiem dit gaan gebeur en ek gaan ‘n geldjie op dit sit. Ek meen, daai skelm Keiran Read is nie meer daar nie en dit wil voorkom of die natuulike orde van krag in Suid-Afrika (solid Bulls en Sharks -spanne) soortvan herstel is.
Die Stormers lyk ook nie te slap nie en dalk, net dalk, sal Nuweland sy eerste Super Rugby final sien voor die bulldozers by die geskiedkundige huis van SA Rugby inpull. Dit sal ‘n sprokiefinaal wees en as ons een ding uit die World Cup geleer het is dit fokken hierdie:
Siya smaak ‘n fairytale finish meer as wat die gemiddelde boer van brannas hou!
Hoe kief sal dit nie wees nie, brah?
Super Rugby feite om te onthou:
- Dit hou lank genoeg aan om ‘n klein daggaplaas op die been te bring.
- Die Kiwis is kliphard, maak nie saak waar hulle jol nie.
- Die Cheetahs kyk al die games op die TV.
- Die Aussies kan nie die wêreld aan die brand speel nie (too soon?)
- Die Sunwolves suig meeste van die tyd piel.
Hier is my predictions vir die eerste klomp games, gaan looi jou SuperBru of gebruik jou brein en sit ‘n paar rande op die games:
Vrydag 31 Januarie
Blues v Chiefs (08:05)
Ek like nog altyd die Chiefs. Hulle is soos Kaizer Chiefs, net beter. Die Blues het vir Barrett geteken, maar die klong val eers in April in.
Chiefs met so 8 punte.
Brumbies v Reds (10:15)
Laasjaar is verby, maar ek skiem die Brumbies behoort weer in die mix te wees as die play-offs begin. Die Reds het daai pop, James O’Connor gekoop, maar dis early day,s boys.
Brumbies met so 9, reken ek.
Bulls v Sharks (19:10)
Op papier behoort die Sharks die pyp te kan rook. Die game word egter nie op papier gewen nie en die Bulle maak uit van om met een moerse bang uit die bloke te kom.
Bulls met so 3 in ‘n tight een!
Saterdag, 1 Februarie
Rebels v Sunwolves (05:45)
Die logiese call is seker maar Rebels. Die son het nog nooit regtig vir die Sunwolves opgekom nie.
Rebels met so 15 punte.
Crusaders v Waratahs (08:05)
Niemand kak op die Crusaders se voorstoep nie!
Defending champs met ten minste 8 punte.
Hurricanes v Stormers (15:05)
John Dobson was die ander dag hier in die Klein Karoo. Hy het belowe om weer te kom kuier. Ons wag vir jou! Kaapseklopse gooi mos lekker so vroeg in die jaar!
Stormers met 5.
Sondag, 2 Februarie
Jaguares v Lions (01:00)
Welkom terug, Willie Alberts! Hopelik suig die Lions nie naastenby so erg soos toe jy laas ‘n rooibonte was nie. Dit was terrible tye! Ons kan maar net fokken hoop.
Jaguares sal die pyp rook met so 12, skiem ek.
Wat skiem jy, ou perd? Drop jou predictions in die comments, laat ons kyk hoe draai dinge uit? Weereens soos hierbo genoem: indien jy geld wil sit op so paar Rugby World Cup games, kan jy dit by sunbet.co.za doen. As jy egter nie die pitte het of dit nie kan bekostig om te dobbel nie, moet jy nie dobbel nie. As jy ‘n probleem met sport’s betting het, kontak asseblief Responsible Gambling .
Watkykjy staan op 3,074,319 post views in totaal sedert 1 November, 2019.