Afrikaners is plesierig dan swaai hulle so…

In Movies en TV deur griffinRek jou bek

Afikaners is plesierig, dit kan julle glo. Hulle hou van sleutelpartyjies en dan naai hulle mekaar. Of iets dergeliks…

Director en draaiboekskrywer, Gerhard Pretorius se nuwe kortflim, Swaaibraai, gaan oor ‘n jong voorstedlike middelklaspaartjie, Susan en Lourens Smit se relationship wat besig is om reguit op die rotse af te stuur (ek is fokken chuffed dat ek die woord “ship” en “rotse” in dieslfde sin kon gebruik).  Dit wil voorkom of Susan se laat gewerkery deels verantwoordelik is vir die spanning tussen haar en Lourens. Gevolglik is hulle sekslewe ook ‘n casualty.

Swaaibraai tel die paartjie se verhaal op waar ‘n herhalende roetine besig is homself uit te speel. Same story, different day:  Susan is laat; Lourens sit alleen by die huis. Ek gee jou een fokken raai wat mans doen as hulle alleen en bored by die huis is? Dis reg. Hulle kyk porn. Gaan krap deur enige warmbloedige man (dis almal van hulle) se Google Chrome history en jy sal sien wat ek bedoel. Daar sit Lourens toe, broek af en zaber in die palm, gereed om te ruk en pluk, nogal op Afrikaanse threesome porn (as mens so luister na wat die stoute dames te sê het). Nou maats, as jy nie gebust wil word met jou polony in jou palm nie, moenie porn kyk met jou fokken oorfone aan nie. Jy weet self hoe maklik jy in daai wêreld kan wegraak. Draai daai volume af. Jy moet hyper alert wees ten alle tye. Lourens het nie opgemerk toe sy vrou terug van die graft af gekom het en hom betrap het nie: “Jy wat soos ‘n leerlingbestuur op ons bank sit en eerste rat probeer soek?!”

Jirre, Blaaaaint!

Na daar so bietjie woordjies gewissel is, herinner Lourens vir Susan dat hulle mekaar lank terug belowe het dat hulle altyd ‘n ding sal uitpraat en oor enige iets kan gesels. Om hierdie belofte deur te voer word ‘n bottel rooiwyn uitgeruk en geselsies aangeknoop op die einste couch waar Lourens gesit en riemruk het. Natuurlik word die netelige kwessie van hulle saai sekslewe ook opgebring en Susan laat dit so terloops as moontlik drop, dat sy van hierdie app,  Swaaibraai te hore gekom het by een van die tupperware parties wat sy nou en dan bywoon, want (en hier is ‘n tip vir die dudes) daai parties het eintlik fokol met tupperware uit te waai nie. Swaaibraai is glo ‘n Afrikaanse app vir swingers om bietjie te eksperimenteer – ‘n goeie ou trusty sewenties tipe sleutelpartytije.  Sal dit die vlam wat hul verhouding in die eerste plek so hartstogtelik gemaak het, laat herleef of gaan daar so paar vingers of ‘n wors verbrand word?

In die Swaaibraai is die app se reklamevideo wat Susan en Lourens kyk, fokken briljant aanmekaargesit en wat dit even cooler maak, is dat die videotjie sommer ook funksioneer as die movie self se tile intro. Handeklap vir die director vir hierdie slim besluit! Dit werk lekker in die overall feel, dit stel die gevoel en tone op vir die res van die movie en dis ‘n moerse kreatiewe manier om twee vlieë met een klap te bliksem. Die eerste ding wat jy nou natuurlik gaan doen is om te check of jy die Swaaibraai app in die Apple App Store of op Google Play kan opspoor. Kom ek stop jou net daar – vir een of ander onverklaarbare rede, bestaan nie app nie in regte lewe nie en ek kan nie glo dat nog niemand daaraan gedink het nie – nie eers die ouens wat die movie gemaak het nie! Nie eers as bemarking nie! Huge gap missed there, skiem ek? En nou dat ek dit uitgewys het, kan ek julle amper guarantee dat een van julle dit nou gaan doen. Die vraag is: wie gaan eerste wees? En aan daardie persoon: vir die idee soek ek asseblief ‘n persentasie van die revenue. You’re welcome, by the way!
Terug by Lourens en Susan Smit:
Hulle besluit saam om die app te join en hulle eerste Swaaibraai (of swingers party) is sommer Vrydag, waaroor hulle nervously excited is. Met hulle aankoms by die venue, bevind hulleself voor die deur van ‘n moerse fancy mansion en is daar  ‘n tipe Eyes Wide Shut-oomblikkie wat sonder twyfel ‘n hat tip is na Stanley Kubrick se 1999 movie met Tom Cruise en Nicole Kidman. Die fancy huis in Swaaibraai het my nogal laat wonder waar die fok hulle dit geskiet het, so ek het eers gou die movie gepause en die volgende boodskap vir Louw Venter (wat die rol van Anton vertolk) gestuur:
“Hey man, vinnige vraag: waar het julle Swaaibraai ge-shoot?”, waarop hy ge-antwoord het: “Hi daar. In een of ander ryk poes boutique hotel”  Alrighty then! Die ‘een of ander ryk poes boutique hotel’ was myns insiens dan ‘n goeie location keuse gewees.

Gaan kyk gerus die movie vir jouself. Dis presies die lengte van ‘n sitkom-episode maar dis geskiet soos ‘n proper  movie op ‘n karige budget van ongeveer R200k, maar met  befokte eindresultate.  Swaaibraai is propvol vol suksuele inuendo’s – sommige moerse obvious en andere moerse cheesy, but it works. En daar  is ook  ‘n lekker twist of twee. Daar is ook genuine ongeforseerde snorklag-oomblikke. Hierdie kortfilm het beslis die potensiaal om verwerk te word na ‘n vollengte film en om Lipstiek Dipstiek kultstatus te bereik – ons kort weer so iets in Afrikaans!

Daar is  ‘n paar skerp chirps soos: “Jy kan of ‘n ouer wees, of jy kan awesome wees” en: “Praatjies vul geen gaatjies” en dan is daar is ook ‘n paar onverwagse Ag-jirre, nee-man-oomblikke waar jy eintlik kakjammer vir die karakter se omstandighede voel. Ek meen fok, dink bietjie vir jouself aan hierdie scenario – as jy op pad is om ‘n warm chick te zaber wat jy sopas deur ‘n app ontmoet het en haar slaapkamer is basies ‘n Robbie Wessels shrine, waddefok sal jy doen?

Behalwe vir draaiboekskrywer en regiseur, Gerhard Pretorius, sluit die cast en crew ook ander talentwolle outjies in:
Cintaine Schutte as Susan;  Lara Toselli  as Lara Lipschitz,  Louw Venter as Anton en Johann Vermaak as Lourens. Van Pletzen (Peach van Pletzen & Mattieu Auriacombe/Nik Nax) het ook van die lekker beats gemaak wat jy sal hoor in die movie. Swaaibraai is ‘n vinnige 22-minute film, so kyk dit gerus effortlessly. Dis die perfekte opkikker om sommer gou-gou in jou lunch break by die werk te vat. Gebruik sommer jou baas se wi-fi. Sluit aan by Showmax se 14-dae free trial as jy nog nie het nie – daar is kakbaie ander stuff ook om deur te werk!

Hierdie post is 2,949 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 616,115 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
  •  
    1
    Share
  •  
    1
    Share
  •  
  • 1
  •  
  •  
  •  
griffinAfrikaners is plesierig dan swaai hulle so…

Gooi Comment