Uitroeptekens, hoofletters, ultraklankfoto’s en die Uniegeboue – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Uitroeptekens en hoofletters
ONS KRY DIE BOODSKAP DAT JY SOMS BAIE OPGEWONDE KAN RAAK, HOOR!! JOU FOKKEN IDIOOT!!!!!

Ultraklankfoto’s
Mense wat ultrklankfoto’s uitstuur asof dit familiefoto’s is moet ‘n bietjie bykom.
Moenie jou ultraklankfoto’tjie vir my stuur nie. Stuur mensfoto’s. Nie swart en wit foto’s van paddavissies nie.

Die Uniegeboue
Sir Herbert Baker draai in sy graf om as hy weet dat die gebou wat hy ontwerp het om as setel vir die kabinet te dien nou gebruik word as slaapplek vir boemies, agtergrond vir cheapskates se troufoto’s en pompterrein vir jagse Pretoria-studente.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Hierdie post is 225 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,269,267 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  
    2
    Shares
  •  
    2
    Shares
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieUitroeptekens, hoofletters, ultraklankfoto’s en die Uniegeboue – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment