Dis die eerste naweek van die laaste maand van 2019! Kyk by die venster uit. Wat sien jy? Ja, check daai kak weer! Of is die movie-weer? Gryp ‘n hot chocolate en jou duvet. Ons gaan classic comedies kokkenodge op Showmax!
Soos met die vorige artikel het ons op die volgende criteria besluit:
- Die movies moet ten minste ‘n IMDB rating van hoër as 6/10 hê. Met reekse sal daai punte normaalweg effens hoër wees, maar movies is soms tricky wanneer dit by ratings kom. Kyk byvoorbeeld na Sharknado (nie in ons lys nie) met ‘n raking van 3.3 – as jy mooi gaan sit en dink daaroor, behoort dit eintlik ten minste ‘n 5.4 te kry.
- Ons het ware comedies gaan soek, nie comedies wat oorwegend drama is nie
- Die fokus moet op so paar classics geplaas word ook.
Adams Family (1991) – 6.9 rating
Hierdie movie was gemaak toe Angelica Houston 40 was (nou 68), Christoper Lloyd 52 was (nou 81) en Crhisina Ricci 10 jaar oud was (nou 39). Let thank sink in for a bit!
Hierdie movie se ontstaan is te danke aan cartoonist, Charles Addams se donker sin vir humor. Die Addams familie is ‘n fokken weird klompie mense. Wel, nie almal is mense nie – daar is ook ‘n hand, net so op sy eie, wat die gesin se slaaf is. Fokken weirdos.
Die familie is ook skatryk en dit vorm die basis van die plot – ‘n skelm rekenmeester en sy loan shark buddy bedink ‘n komplot om die gesin se zak te steel. Hulle stuur die loan shark se seun in om te maak asof hy die gesin se langverlore oom, Fester is. Laasgenoemde probeer sy bes om sy hande op die kluis se inhoud te kry voor hy ontmasker word.
‘n Absolute classic met briljante akteurs, acting, oorgenoeg verbeelding en donker humor!
Adams Family Values (1993) – 6.7 rating
Twee jaar na die eerste movie se release, drop die sequel. Hierdie tipe flieks doen gewoonlik nie goed nie, maar om slegs 0.2 punte te drop vanaf die oorspronklike movie se rating is glad nie kak nie!
‘n Cute babaseuntjie join die Addams-huishouding en Wednesday en Pugsley fokken haaaat hom! Sibling rivalry né, what are you gonna do? In hierdie geval, amper alles denkbaar om van die nuwe aandagtrekker ontslae te raak. Intussen kry die kinders se ouers ‘n nanny in om na die nuwe laitie te kyk. Sy het egter haar eie evil intentions met die kind en deel van haar bose plan is om vir Uncle Fester te charm en die familie moet hierdie kak stopsit.
Jy kan gerus die effense laer rating ignoreer. In my opinie het hierdie opvolg die oorspronklike een oortref, maar beide flieks is comedy fantasy uit die boonste rakke!
Tully (2018) – 7.0 rating
Hierdie movie word geklassifiseer as ‘n comedy, drama en mystery maar dit hoort eintlik glad nie op vandag se lys van comedies nie. Ek het dit bygesit as gevolg van Charlize Theron. Ek dink sommige mense het dalk die endearing oomblikke as komedie misigs vir een of ander rede. Dit is however, ‘n fokken briljante movie, maar jy moet die regte tipe mens in die regte tipe mood wees, I guess?
Die storie volg Marlo (Charlize Theron), ‘n ma van drie, wat ‘n pasgebore baba insluit. Haar broer gee haar ‘n jong nanny, Tully, se diens as geskenk. Aanvanklik huiwerig oor haar broer se uitspattige gebaar vorm daar tog ‘n hegte band tussen Marlo en Tully. Sonder om enige spoilers te drop stop ek net hier, want dinge is heavy complicated…
Net om weer terug te kom by die mood en die “tipe” mens wat hierdie sal geniet (of dalk sal baatvind): die film deal met postnatal/postpartum depressie sowel as ander mental issues. Dis meer van ‘n sielkundige drama wat deal met ‘n vrou wat nie genoeg slaap inkry nie plus die feit dat sy nie regtig deur haar man ondersteun word nie.
Dis genuine ‘n baie goeie movie met ‘n surprise twist. Hier is nog twee redes hoekom jy dit moet kyk:
Charlize moes 22kg in gewig optel vir die rol!
Die fliek se vrystellingsdatum moes ‘n week terug geskuif word want daar was geen manier dat dit (of enige ander fliek for that matter) met Avengers: Infinity War sou kon kompeteer nie!
Crazy Rich Azians (2018) – 6.9 rating
Constance Wu vertolk die rol van Rachel Chu, ‘n Amerikaans-gebore Chinese professor by New York University wat saam met haar boyfriend, Nick, travel na sy hometown in Singapoer vir sy beste tjommie se troue. Wat sy weet nie, is dat haar boyfriend se familie fokken skatryk is en dat hy een van die mees eligible bachelors in Asië is. Al die chicks in Singapoer is natuurlik kakjaloers op Rachel en hulle konkel om haar ondergang te bewerkstellig.
Ek fokken love Constance Wu! As jy kan, probeer om eers so paar episodes van Fresh Off The Boat iewers in die hande te kry om ‘n idee van haar sin vir komedie te kry voor jy Crazy Rich Azians kyk. As jy nie kan nie, no biggie. Die movie is ‘n tipiese romcom en jy gaan die plot binne die eerste 10 minute kan uitgifure en dis die doel van hierdie tipe movies – lag sonder om te dink. Ignore ook die oorsensitiewe reviews oor stereotipering en racism. Sommige mense het stokke in hulle fokken holle…
Game Night (2018) – 6.9 rating
Jy gaan jouself die hele tyd faktap lag in hierdie movie! Dis absolute comedy gold!
Ses beste tjommies kom weekliks bymekaar vir ‘n aand van board games, trivia vibes en charades. Max (Jason Bateman) en sy vrou, Annie (Rachel McAdams) is seemingly die perfekte couple, veral as dit by game nights kom. Hulle lees mekaar, verstaan mekaar en wen gewoonlik elke keer. Dinge neem bietjie van ‘n wending wanneer Max se zef broer, Brooks, sy verskyning uit die bloute maak na ‘n baie lang, geheimsinnige afwesigheid en voorstel dat die volgende game night by sy pozzie moet gebeur. Teësinnig stem hulle in en niemand verwag dat game night so paar levels gaan opskuif nie – Brooks het ‘n full-on murder mystery, kompleet met akteurs, kriminele en polisie gereël. Hy word egter op ‘n baie gewelddadige wyse reg voor almal se oë opgefok en ontvoer en dit work duidelik soos daglig dat die kak volspoed gaan spat!
Jy wil niks misloop nie! Nie eers die post-credit scenes nie! Dis een van die beste comedies wat ek in ‘n lang tyd gesien het – dis min of meer die hele tyd poes snaaks!
Sahara (2005) – 6.0 rating
Vat ‘n teelepel James Bond en voeg dit by ‘n halwe koppie Indiana Jones. Sprinkel so bietjie National Treasure en Jewel of The Nile bo-oor die mengsel en jy het Sahara – ‘n kaklekker action adventure comedy met Penélope Cruz en Matthew McConaughey aan die stuur van sake.
Dirk Pitt (McConaughey) is ‘n voormalige navy seal en ietwat van ‘n reisigerontdekker. Hy en sy grootbek tjommie, Al Giordino (Steve Zahn) gaan uit op ‘n moerse adventure om ‘n lang verlore Civil War ship (wat met ‘n geheime vrag gesink het) op te spoor. Hulle paaie kruis met die pragtige Britse scientist, Dr. Eva Rojas (Penélope Cruz) wat deur ‘n gewetenlose diktator agtervolg word. Kakbaie aksie, skop, skiet, donner en ontploffings volg.
Die movie is vir my ‘n solid 6 met Matthew McConaughey in die manlike hoofrol, want ek is eintlik glad nie ‘n fan van die bra nie. Vir dié van julle wat wel fans van hom is, sal die fliek moontlik hoër rank op 7.5. Ons kan net almal fokken dankbaar wees dat Nicolas Cage nie naby die projek was nie, want dan sou dit deur die hek geduik het op ‘n 4/10. Jirre, daai is nou ‘n fokken slegte actor oor die algemeen – hy was was kick ass in Kick Ass, though…
Kick-Ass 2 (2013) – 6.5 rating
So gepraat van Kick Ass, kom ons kyk na Kick Ass 2. Die movie het nie so goed gevaar soos die eerste een nie, maar doen goed genoeg in sy eie reg. Die storie volg obviously op die eerste movie en nou het ons te doen met ‘n vlaag van selfgemaakte, gemaskerde helde, te danke aan Kick Ass se kranksinnige bravade in die eerste avontuur. Hierdie bende word gelei deur Colonel Stars & Stripes en Kick Ass patroleer saam met die groep. Red Mist (kick ass se nemesis van die eerste movie) het homself intussen laat herdoop na The Mother Fucker en hy maak jag op al die good guys…
Intussen moet Hit Girl deal met die angswekkende wêreld van mean girls op hoërskool…
Mean Girls (2004) – 7.0 rating
En so gepraat van mean girls en sequels en dinge – Mean Girls 2 het fokken heeltemal in die pomp gekak, so stick net by die oorspronklike movie. In Mean Girls vertolk Lindsay Lohan die rol van Cady Heron, ‘n 16-jarige meisie wat daaraan gewoond was om ge-home school te word (in Afrika, nogal) maar na ‘n nuwe skool toe moet gaan in haar nuwe tuisdorp. Sy val vir die verkeerde goor chick se ex-boyfriend en join per ongeluk ‘n span bitches en begin leer dat skool super fokken tos kan wees.
Hierdie was een van Lohan se min goeie rolle voor sy van die wa afgebliksem het vanweë haar kak gedrag, dronk bestuur, aande in die tjoekie deurbring en rehab toe gaan vir dewlmmisbruik. Dis nietemin entertaining en Tina Fey, Amy Poehler en Rachel McAdams maak dit ook die moeite werd.
School Of Rock (2003) – 7.1 rating
Kan jy glo dat dat School of Rock al amper 17 jaar oud is?!!
So hierdie bra, Dewey Finn (Jack Black) word uit sy band geskop. Sy onmiddelike voorland is geldprobleme en depressie. Hy deel ‘n flat met sy een voormalige bandlid, Ned Schneebly (Mike White) wat werk as ‘n plaasvervanger-onderwyser. Dit inspireer Dewey om self so jobbie te kry, maar by ‘n moerse neus-in-lug privaat laerskool. Hy besluit om ‘n rock band met die kids te vorm, want hy eye die $10,000 prysgeld om homself uit die kak te kry. Dis maklik om uit figure hoe kak verkeerd dinge gaan loop…
Dis ‘n moerse fun en onskuldige comedy en soundtrack is fokken piele!
Scott Pilgrim vs The World (2009) – 7.5 rating
Ons is steeds by die band en musiektema. Scott Pilgrim (Michael Cera) jol in ‘n band en date ‘n hoërskoolmeisie, Knives Chau, wat vyf jaar jonger as hy is. Hy het nog nie oor sy vorige girl gekom wat hom gedump het nie en om dinge erger the maak, het sy ex sukses behaal met haar eie band – iets wat Scott sukkel om self reg te kry.
But wait, there’s more – hy probeer opbreek met sy huidige girl want hy raak verlief op Ramona Flowers. Dié kom met haar eie kak: sy het sewe ex lovers en Scott moet elkeen van hulle tot die dood verg om Ramona se hart te wen.
Dis ‘n fokken weird movie, maar fokken snaaks, slim aanmekaargesit, verbeeldingryk en ‘n instant cult movie! Kyk ook uit vir Kiean Culkin, Anna Kendrick en Aubrey Plaza. Almal fokken briljant!
Soos met School Of Rock, het hierdie fliek ook ‘n befokte sound track:
Daar is fokken baie comedies om op Showmax te en ingeval jy nog nie vir jou 14-dae free trial by Showmax opgesign het nie, is hierdie beslis die perfekte tyd om dit nou te doen. Behalwe vir comedies is daar tonne reekse om te kyk. As jy kinders het, is Showmax al wat jy nodig het om hulle happy te hou. Ek wil amper sê dat daar te veel reekse vir kids is om te kyk hierdie Desember. Gaan krap bietjie rond en kyk wat jy alles uitgrawe.
Watkykjy staan op 3,074,331 post views in totaal sedert 1 November, 2019.