Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Taxi’s
Taxi’s moenie met minibusse verwar word nie. Taxi’s word in die vure van Mordor deur bose mense aanmekaar gesweis van swak deurdagte skietgebedjies, geroeste skrootmetaal en slegte, slegte maniere. Inderdaad ‘n nare besigheid.Anders as met minibusse kan daar maklik 34 mense in ‘n taxi pas. Nes geblikte oesters, waarvan ek al meer as 30 in ‘n blikkie getel het. (Sardiedtjieblikkies, daarenteen, hou enigiets tussen vier en agt sardientjies, wat daardie vergelyking met taxi’s ongeldig maak.)
Brieke word dikwels deur ‘n laag karton gevorm. Maar om te stop is opsioneel, so dis gewoonlik nie té veel van ‘n probleem nie.
Stuurvermoë is ook nie noodsaaklik nie. Solank die “voertuig” in die algemene rigting van die bestemming met ‘n bobbejaanspanner of wat ook al geseil kan word, is die saak reg.
In ‘n desperate poging om die arme passasiers te beskerm, word die mobiele massagrafte deesdae volgens wet verplig om ‘n maksimum spoed van 100 kilometer ‘n uur te handhaaf. Hoe hulle geforseer word om dit na te kom is ‘n raaisel groter as Area 51 in Amerika.
Taxibestuurders is klaarblyklik bo normale padgebruikers verhef (polisie en regeringsamptenare ingesluit) en mag ry net waar de fok hulle wil – op, oor of langs normale paaie. Geel bane op enige pad is nie vir noodvoertuie bestem nie, dis vir taxi’s.
Nou weet jy.
Omdat alle bane aan hulle behoort is dit partykeer moeilik om te onderskei watter baan aan watter taxi behoort. Maar dit word duideliker as die bestuurders op mekaar begin skiet, soos wat die gebruik is. Die ou wat skiet is normaalweg die eienaar van die pad.
Dit stem direk ooreen met die geheime afgesproke Gauteng laerskoolreël wat van toepassing is op poepe, naamlik “eerste geruik, het die gaatjie gebruik”.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,085,070 post views in totaal sedert 1 November, 2019.