Dis hopelik darem nou al tyd vir meeste van ons om daai muurprop by die werk uit te pluk, right? Dis nou as ESKONT dit nie vir ons doen nie. Oor minder as twee weke kak hierdie dekade ook en oor minder as ‘n week is dit alweer krismis. Die laaste naweek voor Kersfees breek dus nou officially aan en dis nou die regte tyd om kakker as kaksleg te raak – voor jou TV, laptop of op jou tablet met bakke en bakke vol vetmaak snacks, #bier4daaaayyyyzzzz en so min klere aan jou lyf as moontlik. Ek dink die somer se ergste koue is nou finaal gebreek, of wat?
Ons het vir jou 8 super cool grootmens cartoons uitgekrap wat jy kan stream so tussendeur bommies maak in die swembad, broekbaai en ballas (of koek) bak in die somerson. Begin by die outjies wat jy glad nie ken nie, want hierdie lysie kan jou actually besig hou tot in 2020…
South Park (8.7 rating)
Sekerlik die bekendste een en die show met die tweede hoogste rating op ons lysie vir vandag. South Park kap al aan verby die 300 episodes en trek nou al amper by 23 jaar se seasons!
Fun fact: Check hierdie uit – jy weet mos Cartman se ma, Liane, is ‘n moerse slet? Sy is vernoem na een van die creators, Trey Parker se ex-verloofde. Hy het haar in die bed gevang met ‘n ander man. Daai is ‘n fokken harde een om te sluk…
American Dad (7.3 rating)
Stan Smith werk vir die CIA en is alewig op die uitkyk vir terries en hy sal enige iets vir volk en vaderland doen. Hy het tot die terror-alert colour codes op sy fokken yskas! Hy is net bietjie edgy en skiet elke keer sy toaster faktap as die brood pop. Sy huishouding is ook ‘n fokken weird setup – behalwe vir sy vrou (met ‘n heavy seks en -drugs verlede) en kinders, woon daar ook ‘n alien, Roger, wat Stan van ‘n gewisse dood in Area 51 gered het. Die alien mag egter glad nie die huis verlaat nie, so nou rook hy maar siggies en suip wyn. Dan is daar ook ‘n half jagse goudvis, Klaus, in die prentjie – dié was die resultaat van ‘n CIA eksperiment wat effens uitgefok het.
Fun fact: Klaus sou oorspronklik ‘n Franse karakter gewees het, maar een van die ouens wat vir die karakter kom oudisie het (Dee Bradley Baker), het die producers getune dat sy Frans maar kak is en dat hy eerder die lyne in Duits gaan klap. Hulle het dit toe so baie gelike dat hulle hom die job gegee het en toe sommer die karakter verander het om by Baker se nuwe interpretasie te pas! Score!
Family Guy (8.1 rating)
Presies dieselfde creators wat vir American Dad verantwoordelik is, was ook aan die stuur van sake by Family Guy: Mike Barker , Seth MacFarlane en Matt Weitzman. Wacky kak speel af in ‘n klein Rhode Island dorpie genaamd Quahog, waar ‘n baie disfunksionele familie probeer cope met die alledaagse Amerikaanse lewe. Peter het ‘n kakkerige job by speelgoedfabriek, sy vrou is ‘n huisvrou, hulle dogter Meg is socially baie awkward, en hulle seun Chris is fokken poesdom en kan nie met chicks deal nie. Die baba, Stewie is ‘n genius, maar hy is moerse evil – hy wil sy ma vermoor en die wêreld vernietig. Die gesin se pratende hond, Brian, hou ‘n ogie oor Stewie. Brian is self ook nie regtig lekker nie – hy suip Martninis en skiem hy is een of ander befokte intellektuele skrywer. Effens doserig.
Fun fact: Seth MacFarlane wat die show create het, was veronderstel om op American Airlines Flight 11 vanaf Boston na Los Angeles te wees op 911. Gelukkig was sy travel agent deur die kak en het vir Seth getune dat sy vlug 8:15 sou waai in plaas van 7:45. Dit, en dit feit dat hy ‘n moerse hangover gehad het, het gemaak dat hy die vlug in sy moer in mis.
Animals (7.2 rating)
Ons het al oor hierdie outjie gesels hier op Wat Kyk Jy? Daar is intussen ‘n derde seisoen realease, so gaan pop gerus in en vang bietjie op. Die meerderheid van die reeks se dialoog is ook improv, so dit hou dinge lekker vars…
Bob’s Burgers (8.1 rating)
So obviously is daar ‘n Bob in die storie en daar moet at least ‘n burger ook iewers in die mix wees. Bob en sy familie run ‘n hamburger joint wat die heerlikste burgers verkoop. In fact, dis lekkerder as sy kompetisie se kos, maar Bob is maar kakkerig as dit by marketing of verkope kom, want meer mense skiet oor na Jimmy Pestro se restuarant en Bob se kinders is ook nie die top tipe hulp waarop ‘n man kan staatmaak nie.
Fun fact: Al die voice over actors neem altyd hulle dialoog saam op vir elke episode. Sommige van die cast bly in New York terwyl die res in LA bly. Die New York crew doen hulle stemme live oor ‘n ISDN lyn. Of hulle het altyd – hulle gebruik seker nou fiber?
Mr. Pickles (7.4 rating)
The Goodman-gesin bly in Old Town – ‘n plek wat basies operate soos die naam – old-fahioned vibes, maar wat stadig maar seker deur vernuwing bedreig word. Die gesin het ‘n moerse liefdevolle brakkie, Mr. Pickles, ‘n border collie wat so vernoem is omdat hy van soet pickles hou. Elke keer as hy ‘n “good boy” is, kry hy een as beloning.
Tommy is die Goodmans se sesjarige laitie en Mr. Pickles is sy heel beste tjommie. Hulle gaan op allerhande avonture regoor die dorp. Mr. Pickels het egter ‘n baie donker kant aan hom wat actually border op Satanisme en net Tommy en sy oupa weet daarvan…
Rick and Morty (9.3 rating)
So terwyl ons op die onderwerp van oupa’s, laities en oneindige avonture is: Rick and Morty is die cartoon op ons lys met die hoogste rating. Dit volg die avonture van Rick, ‘n suiplap dog geniale scientist; en sy veertienjarige angsbevange kakdom kleinseun, Morty. Daar is monsters en time travel en parallel universes en aksie en intrige galore.
Hulle maak 24/7 net kak en dis awesome!
Fun fact: die muurklok in Rick se lab in sy garage is altyd gestel op twee-uur, behalwe vir een episode waar dit drie-uur wys. Watter episode is dit?
Robot Chicken (7.7 rating)
Ek het die nie besef nie, maar Robot Chicken is nog een van daai long runners – dis nou al veertien jaar lank aan die gang. Hierdie show is akteur, Seth Green (Family Guy) en en Matthew Senreich se brain fart. Dis nogal ‘n weird en mal wennertjie wat die ouens ge-manage het om aanmekaar te timmer met stop-motion waarin hulle speelgoed, action figures, poppe en soms klei as middele gebruik.
Die hoofkarakter se storie: hy was ‘n gewone hoender tot ‘n kar hom fucked up gery het. Hy is toe deur ‘n mal scientist lewendig gemaak as ‘n tipe cyborg en word forseer om TV shows te kyk. Hierdie shows of sketse maak die episodes op van Robot Chicken. Moerse slim konsep, actually.
Fun fact: In Robot Chicken se eerste seisoen is die word “fuck” sewentig keer gebruik. In South Park se eerste reeks is “fuck” slegs twiting keer gebruik.
Samurai Jack (8.5 rating)
Kom ons vereenvoudig dit, want die animation en die storielyn is actually fokken topklas: ‘n Saumari pull missions om ‘n shape-shifting wizard, Aku, op te fok. Maar al hierdie gebeur waaaaay terug in die verlede en om suksesvol te wees moet hy eers duisende jare in die toekoms infok. Ongelukkig het Aku soos in AL die mag in hierdie wêreld, so die samurai herdoop homself na”Jack” en sy nuwe mission is om alles te fix wat Aku opgefok het.
Fun fact: Met Samurai Jack se release in Brazil moes die naam ‘Aku’ verander na ‘Abu’ want ‘Aku’ klink te naby aan die Portuguese vloekwoord vir poefgaatjie. RRRRRRrrrrrt!
Daar is fokken baaaaaaie stuff om op Showmax te kokkenodge hierdie holiday. Ingeval jy nog nie vir jou 14-dae free trial by Showmax opgesign het nie, is dit dalk nou die ideale tyd. Daar is actually ‘n kakhuis vol cartoons vir die kids ook – meer as vir die grootmense – en dis proper stuff. Showmax is al wat jy nodig het om hulle happy of besig te hou.
Watkykjy staan op 2,932,452 post views in totaal sedert 1 November, 2019.