Kersgeskenke is sorted! KIϟϟ kom Suid-Afrika toe!

In Kief musiek, Watkykjy Gigs deur griffin1 Eiertjies

Sover dit spectacular nostalgiese internasionale rock shows aanbetref, het ons Metallica in hulle grootsheid by die FNB stadium beleef, ons het Guns ‘n Roses marathon gehad met Axl wat wonder bo wonder nie soos Cartman geklink het nie, ons het Rammstein by die Dome gehad wat massiewe vlamme by hulle piele uitgeskiet het, Iron Maiden wat in hulle eie Iron Maiden jet Suid-Afrika toe gevlieg en ‘n fokken huge Eddie saamgebring het vir een van die mees spectacular shows en nou is daar nog een van die grootstes op pad na ons toe – KISS!

KISS is in 1973 in New York aan die gang gesit en is veral bekend vir hulle over-the-top stage antics as dit by live shows kom – die brasse spoeg vuur en bloed, hulle het kitare wat sparks gooi en en rook maak, daar is rockets, drum kits wat levitate en sparks en rook maak en daar is plenty hectic pyrotechnics. Die manne maak meer rook as ‘n Ford Focus!

Die band het min of meer ‘n dekade na hulle onstaan besluit om vir eerse die make-up af te was en die moerse space boots en tin foil costumes te moth ball en “as hulleself” perform. Dit het tot moerse kommersiële sukses gelei en hulle album, Lick it Up het platinum geslaan en ook gesorg dat die band ‘n hele nuwe generasie fans inhark. Hulle music videos was orals oor MTV gepleister en dinge het vir die volgende dekade so aangehou gedurende hulle “ontmaskerde” fase:

In die mid-90s was daar ‘n moerse nostalgiese KISS-golf wat die rock scene geslaan het en dit het daartoe gelei dat die original band weer in 1996 re-unite het. Daar is toe sommer ook besluit om weer die crazy suits af te stof en die gesigsement en plooipleister nader te trek,  en so het hulle aanhou rock vir nog twintig jaar!

Verlede jaar September se kant het KISS aangekondig dat hulle eventually, na 45 jaar van recording, live performances en harde werk, hulle heel laaste toer ooit gaan aanpak – ‘n massiewe toer wat reeds vroëer vanjaar afgeskop het en op 17 Julie, 2021, in New York gaan eindig waar alles begin het terug in ’73: KISS se End Of The Road Tour.

All that we have built and all that we have conquered over the past four decades could never have happened without the millions of people worldwide who’ve filled clubs, arenas and stadiums over those years. This will be the ultimate celebration for those who’ve seen us and a last chance for those who haven’t. KISS Army, we’re saying goodbye on our final tour with our biggest show yet and we’ll go out the same way we came in… Unapologetic and Unstoppable,” said KISS.

Hulle shows het sover almal uitverkoop en dis geen wonder nie, want hulle is een van die grootste albumverkopers en rock en roll Hall of Famers ooit, met meer as 100 miljoen sales. Om alles te kroon het die band aangekondig dat hulle in Suid-Afrika ook ‘n draai gaan maak!
#ImStaying

Saterdag 25 Julie 2020 by die Ticketpro Dome in Joburg.
Hierdie is een van daai shows wat jy nie vir ‘n fok kan misloop nie!

Dis ‘n once-in-a-lifetime kans wat jy het om iets baie fokken uniek te beleef – iets wat vir die afgelope 45 jaar, soos Neil Amstrong se boot print op die maan, ‘n stempel vir ewig sal los op die musiekbedryf.

As jy nog wonder oor die perfekte kersgeskenk vir jou bestie, bokkie, boetie, nefie, tjommie, china, laitie, dogter of skoonnseun – loop skraap ‘n paar KISS tickets. Die show is letterlik vir almal behalwe kinders onder 3-jarige ouderdom geskik. So maklik soos dit. Onthou ook dat daar nie ‘n Kaapstad show is nie, so kry jou tickets voor die Kapenaars oorkom en KISS deelmaak van hulle winter-wildtuin holidays!

Hier is nog ‘n video en onder dit is daar ‘n fokken huge KISS-playlist om na te luister. Jy mag jouself dalk net surprise met hoeveel van die tunes jy actually ken…

Sien jou in die glamour pit!


Hierdie post is 119 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 691,859 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinKersgeskenke is sorted! KIϟϟ kom Suid-Afrika toe!

Comments

  1. DIe Gemaskerde Sopbeen

    Rodney Seal gaan n aanval van apopleksie kry HAHAHAHAHAHAHA

Gooi Comment