Ons het die afgelope Vrydagaand by die Atterbury Theater in Pretoria uitgesak vir die Tom Petty tribute show, Full Moon Fever, wat deur die ouens van Blood Brothers aanmekaargesit is. Die band het by ‘n hele paar ander plekke regoor Gauteng ook opgetree – Calexico in Joburg, Café Barcelona in Colbyn en goeie ou Railways Café in Tjoeras.
Ek het die Atterbury show vir so paar redes gekies:
Die sound en acoustics is fokken great daarbinne.
Die beligting is tit.
Daar is sagte stoele vir jou ass soos by die movies as jy huilerig voel op ‘n Vrydag.
Niemand probeer met jou kakpraat terwyl jy die band kyk nie, want dis nie daai tipe plek nie.
Die gooste trek altyd mooi en classy aan en doen meer moeite as gewoonlik met hulle hare en make-up.
Jy kan na die tyd twee drinks drink en fokof sonder dat die aand in ‘n totale aborsie verander.
Jirre, en die Full Moon Fever Band het fokken mooi gemaak die aand. Die ouens het kakhard rehearse en ‘n befokte show opgesit. Basically almal behalwe Jason Hinch (drummer) was op vocal duty gewees. Ek het even Jaco Mans (bass) se mond naby die mic gesien beweeg en sy stem iewers gehoor. Basson Laubscher, Jonathan Tait, Francois Viljoen en Lucinda Neethling het harmonies gegooi dat dit kak! Veral met Free Falling! Hulle het al die great Tom Petty hits gejol, sowel as die minder bekende tunes wat die outjies soos huge hits laat klink het.
Dis ongelukkig een van daai “you had to be there aande” so as hierdie show ooit Kaapstad toe move (en dit fokken moet!) moet jy jou heel fokken beste probeer om dit te gaan kyk. Ons tjommie, The Image Engineer het so bietjie kiekies vir Watkykjy gaan vang die aand en die results praat vir hulleself.
Checkitfokkenuit:
Watkykjy staan op 3,065,761 post views in totaal sedert 1 November, 2019.