Daar is ‘n week oor voor jy kan begin keDezamba en lyf wegsteek by die graft, maar kom ons begin sommer nou al die twaalfde maand celebrate en in die mood kom vir fokol doen. November se depressie se fokken moer! Kom ons lag so bietjie! Ons het so paar classic sowel as nuwer movies gaan uitgrawe op Showmax waarna jy kan kyk. Daar is even ‘n Suid-Afrikaanse classic!
Ons het op die volgende criteria besluit:
- Die movies moet ten minste ‘n IMDB rating van hoër as 6/10 hê. Met reekse sal daai punte normaalweg effens hoër wees, maar movies is soms tricky wanneer dit by ratings kom. Kyk byvoorbeeld na Sharknado (nie in ons lys nie) met ‘n raking van 3.3 – as jy mooi gaan sit en dink daaroor, behoort dit eintlik ten minste ‘n 5.4 te kry.
- Ons het ware comedies gaan soek, nie comedies wat oorwegend drama is nie
- Die fokus moet op so paar classics geplaas word ook.
Geniet die lys. Daar is ook by elke movie ‘n lekker scene of trailer bygevoeg om jou in die mood te kry vir die naweek of week se kykgenot. Gaan sleep sommer ‘n paar biere nader, laat ons kuier.
Daddy’s Home (2015) – 6.2 rating
Will Ferrel is Brad Whitaker – stiefpa met ‘n goeie hart en sommer net ‘n goeie ou in general. Al wat hy wil hê is dat sy stiefkinders hom terug moet liefhê en soos ‘n regte pappa moet treat. Alles loop min of meer soos stroop tot die kids se ietwat cooler biologiese pa, Dusty (gespeel deur Mark Wahlberg), opdaag op ‘n bike en alles opfok vir Brad. Dit blyk of die kinders hulle meer aantrekliker biker dad heelwat meer aandag gee. Konflik en hilarity ensues.
Die sperm envy scene is fokken snaaks!
Better Watch Out (2016) – 6.5 rating
‘n Goeie mix van comedy, crime en horror. As jy aan die suburbs dink, dink jy gewoonlik aan die chilled vibes en die relatiewe veiligheid wat dit bied. Hierdie movie se naam was aanvanklik Safe Neighbourhood, maar dis alles behalwe veilig in hierdie hood. Ashley (Olivia DeJonge) het geskiem haar babysitting joppie gaan ‘n maklike aandjie en easy money wees, maar dinge begin kak uitdraai wanneer skobbejakke inbreek en haar en die twaalfjarige laitie wat sy oppas, terroriseer. Die manier hoe die victims hulleself teen die inbrekers defend en vir hulleself opstaan herrinner effens aan Home Alone, maar like, as Macaulay Culkin se karakter mag gevloek het en effens van ‘n kont kon gewees het. Hierdie is bietjie ‘n donkerder tipe humor.
Hierdie scene wys die nogal uit:
Hot Rod (2007) – 6.7 rating
Jy kan vir my enige comedy met Andy Samberg gee en ek sal ‘n goeie tyd hê. Hot Rod is ‘n sportskomedie waarin Samberg die rol van Rod Kimble vertolk – ‘n kaksleg, luigat loser wat in ‘n klein dorpie saam met sy ma, jonger boetie en stiefpa woon. Adersins as met Daddy’s Home hierbo, crave Samberg se karakter die Stiefpa se respek, goedkeuring en liefde. Hy mis ook sy eie pa en glo vas dat sy pa Evel Knievel se back-up stuntman was. Fokken weirdo.
Hierdie kinderlike geloof laat Rod ook glo dat hyself ‘n stuntman is. Wanneer sy stiefpa ‘n operasie moet kry, skiem Rod dis die gulde geleentheid om ‘n rekord te laat spat om geld in te samel – hy wil oor die meeste skoolbusse ooit ramp met sy scooter. Soos kak dit wil hê, kort hy natuurlik eers kakbaie zak om die busse te huur waaroor hy wil jump asook om die actual ramp te bou vir die spektakel. Hy team op met sy loser tjommies om daardie struikelblok te oorkom. Om dinge te vererger keer sy groot crush (die bure se hot dogter, gespeel deur rooikop Isla Fisher) terug van college af. Ons almal weet hoe ‘n laitie se piel in sy keel gaan sit en hoe sy voete in vuisies verander as jy ‘n hot chick in die mix gooi, juis wanneer hy grootman probeer wees…
Daar is kakbaie scenes wat fokken snaaks is, maar hierdie is ‘n classic Samberg oomblik:
Change-Up (2011) – 6.3 rating
Soos met Samberg kan jy ook vir my enige movie met Jason Bateman in gee. En Ryan Reynolds. Hulle is net fokkrn fun ouens! O ja, en Olvia Wilde! Jirre, sy is die heel mooiste vrou op ons planeet. Change-Up is nie net ‘n comedy nie, maar kan ook onder fantacy gegroepeer word. Mitch (Ryan Reynolds) en Dave (Jason Bateman), wat saam grootgeword het, was basically David en Jonatan – onafskeidbaar as kinders. Boesemvriende. Daar het intussen baie water in die seë ingeloop en hulle het so effens verwydererd geraak van mekaar – hulle vriendskap sowel as die interests wat hulle gedeel het, het daaronder gesuffer. Dave het intussen ‘n oorwerkte lawyer geword terwyl Mitch blyk of hy nooit puberteit ontgroei het nie. Hy voel egter dat Dave alles in die lewe het: ‘n pragtige vrou (Leslie Mann), kinders wat hom verafgod en ‘n super fancy job wat poesbaie geld betaal. Dave, aan die ander kant, soek nou weer Mitch se fokol-worries-lewe.
Die manne raak een aand heavy gespat en word die volgende oggend wakker in mekaar se lywe! Dinge is aanvanklik weird en lekker, maar die fokop is op die horison – Dave se sexy kollega, Sabrina (Olivia Wilde) en Mitch se vervreemde pa, gooi dik spanners in die speke…
Hierdie scene fokken hillarious. Dit het even poepe in:
21 Jump Street (2012) – 7.2 rating en 22 Jump Street (2014) – 7.0 rating
Confession tyd – ek kan fokken glad nie vir Jonah Hill verdra nie. Ek wil in my fokken klere kak as ek ‘n movie kyk met hom in dit. As dit nie vir Channing Tatum was nie, het hierdie movies dalk heeltemal platgeval vir my. Jy is welkom om van my te verskil.
In die eerste installment word die scene geset: Op skool was Schmidt (Jonah Hill) ‘n huge nerd gewees en Jenko (Channing Tatum) was die good looking jock. Na skool het altwee die ouens die polisiediens gejoin en opge-eindig as parters op die beat. Hulle is egter so kak dat hulle patrollies op fietse doen en die parke patroleer. Boring as fuck, maar dan kry hulle ‘n break – omdat hulle nog jonk is en soos laities lyk, word hulle assign om terug skool toe te gaan om ‘n dwelmring te infiltreer wat heavy skadelike drugs aan die kids verkoop. Dis ‘n tipiese buddy cop show.
In die tweede movie is dit basically dieselfde vibe en predictably moet hulle…
… drum roll…
college infiltreer!
Dis ‘n soortgelyk ruse maar met verskillende komediese results.
Beide flieks is fokken lekker mindless entertainment om te kyk. Dis hardop-lag movies sonder te veel dinkwerk of om die issueste forseer. Knak gerus ‘n paar biere om dit even meer te geniet!
In hierdie scene uit 22 Jump Street trip die manne fokken hard balls!
Knocked Up (2007) – 6.9 rating
Ek wil nou alweer so ‘n ou ballie bitch – Seth Rogen is vir my net ‘n effens minder obese Jonah Hill (die fokken doos is in hierdie movie ook). Maybe is dit hulle dagga-jokes in amper elke movie waarin hulle is, wat my laat dink dat hulle slapgat stoners is in regte lewe ook. Seth lag vir my bietjie soos ‘n vertraagde, dronk labrador. That being said – Knocked Up is ‘n lekker romcom. Dis goed geskryf en Paul Rudd (‘n persoonlike gunsteling) en Katherine Heigl red ‘n hele klomp scenes en gee balans.
Alison Scott (Heigl) werk by E! Television en word promote. Sy besluit om te gaan celebrate by ‘n night club saam met haar meer verantwoordelik ousus, Debbie. Alison ontmoet daggakop, Ben Stone (Seth Rogen), hulle suip en raak totes fucked en naai mekaar. Lekkee one night stand. Die beste tyd van Ben se lewe – die loser kry die hot chick in die bed!
Alison kom 8 weke later agter dat sy preggers is. Major, major, grootskaalse fokop!
Hier is die scene waar Alison vir Ben vertel sy’t ‘n mens in die pens:
Tower Heist (2001) – 6.2 rating
Soek jy na ‘n goeie dosis action, comedy en crime vibes in een mix? Gooi sommer ook twee legend comedy greats, Ben Stiller en Eddie Murphy saam en roer. Beste resep! Dan is daar ook nog Casey Affleck en Matthew Broderick as ‘n bonus.
Josh Kovaks (Stiller) manage ‘n skyscraper en al die tenants in die gebou fokken love hom, tot een van hulle (‘n ryk finansier) almal befok. Wag… dis actually nogal complicated…
Check die trailer:
Black Dynamite (2009) – 7.4 rating
As ek jou vandag kan dwing om een van hierdie comedy movies heel eerste te kyk, sal dit Black Dynamite wees. Voor jy dit as komedie kan beskryf, val dit squarley eers in die kategorie van Blaxploitation: dink aan movies soos Jackie Brown, Shaft, Cleopatra Jones en dies meer. Dis weird subgenre wat in die 70s onstaan het. Die naam sê dit alles – dis die exploitation van black people en hulle kultuur. Afgesien van die negatiewe konnotasie, is dit ook een van die eerste genres wat swartmense begin uitbeeld het as helde in plaas van boewe of side-kicks.
Black Dynamite is die storie van die 1970s African-American aksieheld en legende, Black Dynamite. “The Man” het sy broer vermoor, heroien in weeshuise versprei en die ghetto vrot gemaak van die mout drank. Black Dynamite was die enigste ou wat sy hand opgesteek het om The Man alliepad te fight. Kak spat. Vet kak. Daar is baie karate en poesklappe. En baie swag en styl.
Dit is ‘n absoulte MOET-kyk movie! En as jy daarmee klaar is, kyk sommer die animated series ook op Showmax.
Anchorman: The Legend of Ron Burgundy (2004) – 7.2 rating
Ons is steeds in die 1970s – Ron Burgundy (Will Ferrell) is ‘n anchorman op TV en hy werk in ‘n span onverskrokke en chauvinistiese mans waarvan hy soortvan die alfa is. In die TV-span is daar ‘n jock en ex-bofbalspeler wat die sport aanbied, Champ Kind (David Koechner), ‘n dom doos, Brick Tamland (Steve Carell) wat die weer hanteer. Daar is ook ‘n tipiese ladies man en rokjagter, Brian Fantana (Paul Rudd) en hy hanteer die outside broadcasts. Die setup is mal en seksisties, maar dis terselfdetyd ook fokken snaaks. Dis ‘n man se wêreld en niks of niemand kan hulle keer nie. Jy hoef nie eers ambisie hê om te floreer nie. Jy het letterlik net ‘n piel nodig in die 1970s om ‘n sukses te wees. Tot hulle werkgewer, Channel 4, besluit om diversiteit ‘n go te gee en beeldskone Veronica Corningstone (Christina Applegate) aanstel wat stilletjies haar weg maak na die kruin van haar loopbaan..
Hierdie movie tick al die boksies met ‘n hele tros gunsteling Hollywood-sterre:
Lipstiek Dipstiek (1991) – 7.1 rating
Jy kan nou sê wat jy wil oor Afrikaanse movies in general, maar Lipstiek Dipstiek is ‘n absolute fokken classic. Hierdie movie is al amper 20 jaar oud maar dis steeds fokken doos snaaks! Wat ek like is dat dit ongeveer vier jaar voor selfone (in Suid-Afrika) uitgekom het, so daar is ‘n moerse Suid-Afrikaanse classic vibe aan die film. Al kyk jy dit net om te check hoe die scenery en karre en tech in SA verander het oor die afgelope sowat twintig jaar. Van julle was dalk nog nie eers gebore nie!
Gee dit asseblief ‘n kyk. Ek sal like om veral feedback oor jou gunsteling oomblik uit die fliek te kry. Ek het my favourite scene (van alle tye van enige Afrikaanse movie ooit) hieronder gesit.
Franscois Coertze vertolk die rol van Poenie, ‘n Afrikaanse jong man wat basically deur sy piel gedryf word maar tog opsoek is na ware liefde.
Lipstiek Dipstiek gaan oor ‘n liefdesdriehoek wat verander in ‘n liefdesvierkant wat transformeer tot ‘n liefdesfokop!
Die beste witty, local, Afrikaanse sekskomedie tot op datum:
Pitch Perfect (2012) – 7.2 rating
Ek het eers baie onlangs al die Pitch Perfect movies saam met my vrou gekyk omdat ek altyd onder die indruk was dat dit ‘n kakkerige musical soos Highscool Musical was. Ek kon nie meer verkeerd wees nie. Ek is wel ‘n fan van musicals (Chicago is in my top 10 van alle movies van alle tye), maar ek is nie ‘n fan van die Twilight tipe kak nie. You get me?
Rebel Wilson is my fokken spirit animal:
Daar is fokken baie comedies om op Showmax te geniet en ek sal nog so paar uitruk oor so twee weke. Ingeval jy nog nie vir jou 14-dae free trial by Showmax opgesign het nie, is hierdie beslis die perfekte tyd om dit nou te doen. Behalwe vir comedies is daar tonne reekse om te kyk. As jy kinders het, is Showmax al wat jy nodig het om hulle happy te hou. Ek wil amper sê dat daar te veel reekse vir kids is om te kyk hierdie Desember. Gaan krap bietjie rond en kyk wat jy alles uitgrawe.
Watkykjy staan op 3,091,023 post views in totaal sedert 1 November, 2019.