Mnet het die afgelope Sondag hulle jeanpants se zips afgetrek en *net sulke groot* harige ballas op die tafel voor almal neergesit toe hulle vir die eerste keer sedert Mnet se bestaan, die agtuur movie op die backseat gesit het en vervang het met ‘n local production – Deon Meyer se Trackers. As jy nou ‘n Afrikaanse Suid-Afrikaner die fok in wil sien, moet jy nou sy blokkie kaas met 2mm aanskuif. Sy hele wêreld tuimel ineen. Maar gelukkig het daai nole reeds bo-oor hulle DSTV decoders reverse met hulle Rangers en hulle maak slegs 0.1% uit van die audience wat sou bitch oor die agtuur movie. Hulle ry ook nie regtig Rangers nie – hulle het net die Toyota badges afgehaal en Ford stickers opgeplak.
Whatevs, man. Mnet het die regte ding gedoen want Trackers is ‘n flaship produk vir die hele Suid-Afrika. Sien dit as ‘n handelsmerk op die level van ons Springbokke (wat Engeland more gaan opfok!) – iets waarop ons land moerse trots kan wees. Iets wat ons kan export, soos befokte goeie wyn uit die Kaap. In fact, daai plan is reeds aan die kook – Trackers gaan die internasionale TV-mark slaan in 2020 bet behulp van HBO se sister company, Cinemax en word uitgesaai in Europa en Amerika onder andere. Amerika? Dis fokken huge man!
So hoe kry mens dit reg? Slegs met quality, my ou! Quality in die skryfwerk, verfilming, die akteurs, die hele storie aanmekaarsit en delivery met al die regte players in plek. Trackers is ‘n co-production met die UK se Three Rivers Studio en Suid-Afrika se Scene23, so daar is internasionale ondervinding abounds. En dan is daar natuurlik die skrywer, Deon Meyer homself – een van Suid-Afrika se bekendste outeurs met meer as vyftien boeke onder die belt wat in net onder dertig tale vertaal is wêreldwyd. Hy is ongetwyfeld die fokken baas van local suspense thrillers.
Die 5-deel reeks is gebasseer op Meyer se boek met dieselde naam. Dit verweef ‘n hele klomp storielyne saam wat te doen het met swart renosters, die CIA, Suid-Afrika se weergwawe van die CIA, diamantsmokkelaaars, organised crime en ‘n terreurplan om Kaapstad op te fok. Fokken terries op home ground! Die spanning speel af regoor die Suider-Afrikalandskap, van die Karoo tot Khayelitsha en Limpopo tot die Bo-Kaap. Kapenaars, julle gaan love hoe julle dele van julle hoods herken! Die cast is moerse impressive en sluit akteurs in soos Thapelo Mokoena, Rolanda Marais, Brendan Daniels, Sandi Schultz, James Gracie, Sisanda Henna, Jill Middelkop, Trix Vivier, Jerry Mofokeng, Grace Olifant, Albert Maritz en Ed Stoppard.
‘n Vinnige round-up van die belangrikste karakters:
Milla Strachan (Gespeel deur Rolanda Marais – Binnelanders, Wolwedans in die Skemer).
Na 40 jaar van mishandeling, los Milla haar doos van ‘n rykgat kontkop man en kry werk by die SA weergawe van die CIA/FBI onder die dekmantel van ‘n joernalis. Haar eintlike werk is as researcher op crims, hooggeplaasdes en terroriste.
Lemmer (Gespeel deur James Gracie – Siberië, Madiba en The Gamechangers).
Lemmer is ‘n taai bra. Hy is ‘n voormalige lid van die spes-magte en ministeriële lyfwag wat sy werk verloor het ná ‘n intelligensie-operasie wat so bietjie in die pomp gekak het. Na die fokop bevind hy homself die in die Klein-Karoodorpie, Loxton, waar hy besig is om ‘n faktap huis te renovate as deel van ‘n tipe self-imposed anger management vibe. As jy al deur Loxton gery het, sal jy weet dat die fokol baie hoog groei en dat niemand dit in toom hou nie. Geen wonder Lemmer besluit om ‘n kraak te maak en shotgun te ry in die trok wat die swartrenosters vervoer nie…
Janina Mentz (Gespeel deur Sandi Schultz – Hotel, Binnelanders)
Ah, nou onthou ek die SA version van die FBI se naam! Janina is die direkteur van die Presidensiële Buro vir Intelligensie (PBI, go figure). Sy neem haar werk wat verg om die mense van ons land te beskerm, baie ernstig. Sy is hewig gekant teen korrupsie en almal wat die land se onafhanklikheid probeer ondermyn. Don’t fuck with her! Dis lekker om Sandi in hierdie rol te sien. Ek het haar op stel van Hotel ontmoet en sy is ‘n absolute sweetheart en een van my gunsteling Suid-Afrikaanse aktrises.
Quinn Makebe (Gespeel deur Thapelo Mokoena – Wild at Heart, Long Walk to Freedom).
Quinn is Janina se 2IC en in die posisie van chief of operations daar by die PBI. Hy het egter sy oog op sy baas se job omdat hy moerse ambisieuse is – iets wat Janina soms laat twyfel oor sy intensies op die werksfront. Ons is sover slegs net een episode in die reeks in, maar Quin is sover my gunsteling karakter. Hy is ‘n fokken cool hard-ass en die reeks sou leeg gevoel het sonder sy presence.
Die pliot episode was nogal fokken epic. Die suspense, die acting, die aandag wat gegee is aan die verfilming en al die fyner details wat nie deurgeglip het nie. Alles is genuine wêreldklas. Die het gevoel asof ek ‘n Hollywood blockbuster gekyk het. Die pilot episode was ook 90 minute lank, soos ‘n average fliek. Ek wou dadelik nog kyk maar ek kon nie! Daai excitement en die dringendheid daarin om ‘n week lank wag vir jou favourite storie om ‘n nuwe episode te kraam, is finally weer terug in SA! Daar was nogal ‘n buzz op social media ook gewees tydens die airing van die eerste episode. Almal was vol lof, almal was excited en almal was moerse trots op wat Suid-Afrika kan produce het.
#ImStaying
Amper almal.
Jy kry mos altyd daai een ou met slap kak in sy ontie wat so half deur sy neus praat. Ek gaan nou nie die nool airtime gee deur hom te link nie, maar hy het die volgende eiertjie uitgekak:
#Trackersa #MNet101 really not worth all the hype
Ek het vir my eie amusment gaan kyk of ek kon voorspel watter kaliber mens hierdie tipe goed kwytraak en ek was spot on:
Dis ‘n mid-life crisis nool met 23 followers en hy like basically net twee goed in die lewe: Liewe Jesus en Donald Trump. Hy het sy “opinie” 20:21 die aand gepost. Daai 21 minute na agt sluit die tyd in wat Trackers begin air het (min of meer twee-oor-agt); die reeks se intro sequence (wat befok is!) van ongeveer ‘n minuut, maybe twee lank; die eerste ad break van ongeveer 3 minute lank en die feit dat hierdie tipe persoon gewoonlik nie goed is met tech nie. Hy het probably so met die een vinger op sy foon getik het wat hom probably nog 3 minute geneem het. Hy het dus voor die eerste ad break sy mind opgemaak na hy slegs 12 minute van die 98 minute gekyk het. Hy het in elk geval sy mind vooraf opgemaak het dat hy dit gaan haat. Want Bybel.
Vir die res van julle met breine:
Ingeval jy nog nie vir jou 14-dae free trial by Showmax opgesign het nie, is hierdie beslis die perfekte tyd om dit nou te doen. Daar is nog nooit ‘n reeks so groot en ambisieus soos Trackers in Suid-Afrikaanse TV-geskiedenis aangepak nie. Yup, dis beskikbaar op Showmax. Jy kan sommer dadelik die eerste episode kyk.
Vir die volgende vier Sondae op 3, 10, 17 en 24 sal Trackers steeds in die agtuur movieslot uitgesaai word op Mnet. Die oorblywende episodes is elk ‘n uur lank, so die movies skuif net ‘n uur aan na negeuur.
Trackers was ‘n all-in poker game wat die huis nie vir ‘n fok gevat het nie!
Watkykjy staan op 3,048,171 post views in totaal sedert 1 November, 2019.