Tom Petty was ‘n ware rocker gewees. Hy was ‘n ware rebel en ‘n rock superster van die 80s wat geweier het om te platemaatskappye se piele te suig en het meer as 30 jaar lank met sy musikale vision gerol, tot en met sy ontydige dood in 2017. Jy sal hom nooit weer in concert kan kokkenodge nie, so die tweedebeste opsie is om ‘n befokte span local muso’s te laat opteam om ons ‘n reeks live concerts te gee wat ons deur Tom Petty se catalogue te lei.
Wie dan beter as die gesoute ouens van Blood Brothers om vir ons so klim-en-klouter te sweis op op te speel? Full Moon Fever is die result en net die regte jol om Tom Petty se musiek te celebrate op eie bodem en die regte muso’s is gekies om hierdie befokte band op te maak:
Jonathan Tait (Hatchetman, Checkpoint Charlie) en Basson Laubshcer (Zinkplaat, Valiant Swart, Ryno Velvet) klap kitare en vocals
Jason Hinch (Bok van Blerk, Black Cat Bones, Jonathan Peyper) slat drums
Jaco Mans (Bok van Blerk, Tidal Waves) ook op guitar duty
Francois Viljoen (The Voice) is op keys en backing vocals.
Special guest performer, Lucinda Neethling (Die Melktert Kommissie).
In plaas daarvan van dat dit een moerse event is, vind daar indivdual shows plaas regoor Gauteng tussen 22 November en 1 December. Dit maak die shows meet intiem en special en dit verbter jou kanse om nie uit te mis op great entertainment nie. Gaan kies jou event en book:
22 November – Calexico | Braamfontein, (JHB) – R100
24 November – Edge’s Corner Music Bar | Faerie Glen, (PTA) – R70
27 november – Calexico | Braamfontein, (JHB) – R100
29 November – Atterbury Theatre | Lynnwood, (PTA) – R180
30 November – Railways Cafe | Centurion, (PTA) – R70
1 December – Cafe Barcelona – acoustic | (PTA) – R100
Verwag gerus al die hits, al die solo vibes, die sing-alongs en al die holswaai en rock en roll tunes. En dan natuurlik kief kos, baie drankies en algemene samesyn en pielewappery met jou maats.
Sien julle by een van die jols!
Watkykjy staan op 3,110,212 post views in totaal sedert 1 November, 2019.