Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
“Sê Wie?” met Niekie van den Berg
“Sê Wie, goeiemiddag, jy praat met Niekie Van den Berg.”
Skril feedback. “Hello, is dit Niekie?”
Sug. “Ja, dis Niekie. Net vir my daai radio sagter sit, seblief!”
Jip, jys is ingeskakel by daai gesellige geselsprogram op RSG. Daardie program waarna Afrikaanse mense jaar in en jaar uit luister en steeds daarin slaag om nie by die onderwerp te bly of hulle radios af te sit voor hulle inbel nie.
Wat is hulle probleem? Is dit regtig so belangrik om hul eie stem op die radio te hoor dat hulle bereid is om die ander bejaarde luisteraars se gehoorapparate totaal te laat uitfok? Om als te kroon, dra hulle gewoonlik ook niks sinvol tot die program by nie. Nee wat, almal is mos meer geinteresseerd in ‘n ellelange staaltjie oor ‘n skoonseun of ‘n gesteun oor die regering wat nie genoeg doen nie.
Haal mooi asem voor jy daaraan dink om hulle te bel. Jy mors jou geld. En ander mense se kosbare tyd.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,073,921 post views in totaal sedert 1 November, 2019.