Ford V Ferrari in ‘n nutShellby sonder om te veel weg te gee:
Dis 1959. Caroll Shelby (Matt Damon) is kakhappy nadat hy pas die moeilikste wedren in motorsport ter wêreld gewen het – die 24-uur Le Mans. Sy groot oorwinning word egter deur kak nuus bedonner – dokters deel die vreeslose Texan mee dat hy ‘n ernstige hartkwaal het en dat hy nooit weer professioneel sal race nie. Shelby is egter ‘n vindingryke vent en hy reinvent homself, nie net as ‘n car salesmen nie, maar sommer ook as ‘n car designer. Hy begin graft vanuit ‘n warehouse in Venice Beach saam met ‘n span ingenieurs en mechanics. Ken Miles (Christian Bale), ‘n test driver met ‘n baie kort lont, is ook deel van die span. Hy is ‘n Britse race car driver en ‘n familieman. Hy is ‘n fokken yster agter die stuurwiel maar ‘n opperste arrogante kont om mee te deal weg van die wiele af.Nadat die Shelby-karre hulle potensiaal by Le Mans gewys het teen Enzo Ferrari, recruit die Ford Motor Company vir Caroll Shelby om die ultimate racing car te design – hulle soek ‘n kar wat Ferrari kan opfok. Die odds is nogal hoog gestack teen die bra want Shelby, Miles en die res van die span moet fight teen corporate interference, die wette van fisika en hulle eie persoonlike demons, kak en hare…
Om die movie te celebrate het 20th Century Fox en Shelby South Africa ons uitgenooi om ‘n moerse lekker dag saam met hulle by Zwartkop Race Track in Pretoria te spandeer. Shelby is ‘n custom performance kar manufacturer wt deur Peter Lindenberg bestuur word en word wêreldwyd erken as die premium upgrade vir Ford Mustangs asook die F150’s. Al die karre in die Ford V Ferrari movie – GT40’s, Cobra’s en Daytona’s – is in Suid-Afrika vervaardig deur Jimmy Price se Hi-Tech Automotive in Port Elizabeth onder die Shelby-lisensie.
By die track day waarna ons uitgenooi is, was daar ‘n presiese replica van die GT40 MKII wat ook deur Hi-Tech Automotive vervaardig is. Peter Lindenberg (Shelby SA) se dogter, Paige, is self ook ‘n race car driver en sy het die hele wêreld vol gevlieg met die GT40 se dashboard om hom ge-sign te kry deur Hollywood big shots wat by die fliek betrokke was. Sy het daai dashboard terug gebring met autographs van Matt Damon, Christian Bale, Aaron Shelby en James Mangold wat die movie direct het. Die dashboard is terug in die kar gesit en dit gaan nou ge-auction word. Die wins van hierdie auction gaan aangewend word om ‘n beurs te skep vir tersiêre opleiding vir twee voornemende motoringenieurs asook ‘n internship vir elk om vir hulle ‘n toekoms te verseker in die motor en racing industrie. Dis nogal fokken cool, huh?
Die Ken Miles GT40 (die kar in die movie) se specs klink fokken versrkiklik:
“Continuation chassis with registration on the Shelby American Registry. This near identical continuation car is as close as you will get to the original Ken Miles GT40 from Le Mans in 1966. Shortly to be fitted with a 331 cu. in Ford V8 and five speed Quaiffe transaxle gear box . This vehicle is 100% unique in that the dashboard has been signed by Aaron Shelby, Christian Bale , Matt Damon and James Mangold, the director of Ford v Ferrari.”
Ons wil net graag vir 20th Century Fox en Shelby South Africa (Paige, Ciara en hul pa, Pieter Lindenberg) vreeslik fokken dankie sê vir ‘n moerse lekker dag! Ons het in verskeie kakvinnige karre om die track gejaag met ervare racing drivers agter die stuur, Scalextric gejol, go-karts gery, in proper racing simulators om Le Mans se track gery en heerlike burgers getand. My zef hartjie is fokken happy! Hier is ‘n video recap van die dag, gevolg deur so paar kiekies.
Check julle by die movies!
Watkykjy staan op 3,074,329 post views in totaal sedert 1 November, 2019.