Ons noem dit nou sommer maar Die Melkery se jaareindfunksie want dis nou al die sewende jaar in ‘n ry wat die South African Blues Society hierdie jol aanbied. Even Cowgirls Get The Blues Part VII is die beste low-budget mini festival tipe party wat op ‘n plaas gebeur, met die beste entertainment wat jy hierdie tyd van die jaar sal vind. Dit begin Vrydagmiddag, 6 Desember 17:00 en jy sal probably teen Sondagoggend so 11:00 se kant op die 8ste Desember jou tentjie begin op pak met ‘n hangovertjie. Camping is verniet en die plaas is ‘n fokken jol! Dis een van die best kept secrets in Gauteng as jy nog nie daar was nie. Genoeg spasie vir almal maar steeds met ‘n gevoel van exclusiveness en intimiteit.
Daar is ‘n moerse braai-area as jy jou eie tjoppe en worse wil kom verbrand, maar daar sal ook kos te koop wees – heerlike pizzas en burritos! Daar is ‘n kontantkroeg maar jy is ook meer as welkom om ‘n cooler te pak – dis mos ‘n budget naweek, net so skuins voor Krismis. O ja, bring jou visstok saam as jy jou eie kos wil vang. Die dam het *net sulke fokken* bass!
Dis ‘n lekker cheap holiday met chilled tunes. Bring die hele family. Reën is ook nie ‘n issue nie – die stage is onderdak en daar is meer as genoeg gemaklike sitplek vir almal rondom die bar en in die venue.
Daar is nog so paar spots oop in die dorm rooms vir die ouens wat nie tente het nie en eerder in ‘n bed wil slaap, maar jy sal fokken vinnige met Terry (+27 82 797 1702) moet reël as jy ‘n spot soek.
Tickets is slegs R150 en daarvoor kry jy 15 bands en 2 DJs:
The Good Doctor’s Beetle
Jungle of Mischief
Jason Says she’s Always Right
Sumo
Rare Woods
Bright Lights Big City
Die Horries
Sundrive
JC Grey
Die Greeffs
Nomad Nixon
Sarel en die Seemonsters
Daaf Vapor
Love Station Drive
The Crooked Kind
DJ T!
DJ Drunkel
Directions:
Vanaf Joburg:
Kap die R21 op pad na O.R. Tambo International Airport/Pretoria, fok verby die airport en vat die R25 off-ramp (Thembisa South).
Vanaf Pretoria:
Kap R21 na O.R. Tambo International Airport/Kemptonpark, vat die R25 off-ramp (Thembisa South – dis die een net na die groot Engen langs die highway) – die eerste off-ramp is Thembisa North, so moenie ‘n dom poes wees nie. Jy vat SOUTH.
Daarna:
Volg die pad se kurwe en gooi regs by die T-junction traffic light (na Bronkhorstspruit se rigting). Ry vir 8.3km en draai regs by die B & J Engineering sign. Dis ‘n grondpad maar dit kon net sowel ‘n teerpad gewees het. Die pad word moerse mooi maintain en jou kar gaan nie eers vuil word nie. Kap straight aan tot oor die railroad bruggie en hou links teen die draad af en jy sal die signs en vir Tweefontein Melkery sien.
Pitch tent.
Suip dop.
Luister tunes.
Watkykjy staan op 3,064,710 post views in totaal sedert 1 November, 2019.