Net soos dit moeilik raak om musiek te maak wat outentiek en “nuut” klink, net so uitdagend word dit om reviews te skryf wat oorspronklik is en ‘n substantiewe boodskap kan oordra. Ek voel of ek al die uitdrukkings, cool idees en woorde wat my brein mee vorendag kan kom al opgebruik het. Autotune my reviews? Social media het meer van ‘n vloek as ‘n seën geword deesdae. Jirre, hoeveel van dieselfde kosfototjies, geprogrameerde herinneringe, check-ins by restaurante, selfies wat ge-photoshop is, herwinde meme grappietjies en clichéd wyshede kan jy konstant in jou brein forseer voor jy wil kots? Dit maak mense regoor die planeet depressief en angstig. “I’m living with the black dog, a dark and savage beast. I try my best to tame him, but I keep him on a leash. I got turn tables and microphones for all the voices in my head. I can play a mean guitar, but rock and roll is dead.” Hoekom soek mense validation op Facebook en Instagram as hulle lewens dan so perfek is?
Die tunes op hierdie album is catchy pop, alternative en reggae. Die lirieke is nie eintlik bedoel vir vlak en dom mense nie en dis nie maklik om in ‘n boksie te druk nie. Op die oppervlakte klink dit na fun, nostalgiese musiek maar daar is baie dieper undertones en vrae oor die moderne samelewing wat of blatant gesing word of wegkruip tussen die lyne, reg om jou te oorval op ‘n random Dinsdagmiddag. “Wake up! You’re stuck in a dream!” Hoekom bevraagteken meer mense nie die “normaliteit” van die stapelgek wêreld waarin ons leef nie? “Hello, can anyone hear me? I’m looking for sanity, in a world that’s gone mad”.
Digitale integrasie het ons lewens en menseverhoudinge heeltemaal oorgeneem. Gee niemand om dat ons finaal elke aspek van ons lewens verkoop het aan die corporate masjien nie? Couch activism? What a joke. Negatiewe trolle. Been there, done that. Boelies? Fok net plein weg! Is mense so verslaaf daaraan on hulle mediocre lewens oor en oor te verkoop as opwindende dat hulle blind staan teenoor hoe dit ons langtermyn affekteer? Al hoe minder mense koop dit, by the way. Dit wat jy post om FOMO te vermy verdrink anyway net in ‘n see van die nuwe middelmatigheid. Hoe real is ons digital lewens? Jou 5 Seconds of Fame is nou meer soos ‘n sekonde lank.
Spot Daaf Vapor met die status quo of lewer hy net kommentaar? Albei, dink ek. Oorbeklemtoon social media die negatiewe goed soos korrupsie en misdaad? Meer as in die ou printed media en TV van ouds? Raak ons gevoelloos teenoor al die posts van ons helde wat elke dag sterf? “All of my heroes are dead, they quietly slipped away”. Die titelsnit Northam Lights is ‘n Pink Floydian psychedelic hat-tip na daai eertydse rock festival op die plaas waarheen niemand hierdie jaar toe kon gaan nie. Daaf Vapor gee ‘n paar oplossings vir al die probleme waaroor hy sing. Net in die songs It’s a nice Day for Freedom en Tribe eintlik. Geniet die planeet en buitelewe. Wees life vir jou bure. Soek weer jou tribe. Mense wat saakmaak. Take back control of your life. Die regte lewe en die digitale een is nie veronderstel om te verskil nie. Persoonlik, filter ek al die bullshit clutter wat mense aan my try afsmeer deesdae…
Kontak gerus vir Daaf Vapor by Daafvapor@gmail.com vir kakpraat, komplimente, belonings en bookings.
Watkykjy staan op 3,073,904 post views in totaal sedert 1 November, 2019.