Kuif en Baard se vinyl album hit list vir Oktober 2019

In Kief musiek deur griffinRek jou bek

Kuif & Baard is die kiefste en coolste barber shop wat jy in Pretoria (Erasmuskloof) sal vind. Hulle spesialiseer in moderne barbering tegnieke, gepaardgaande met tradisionele dienste vir mansversorging. Volg hulle op Instagram en meer belangrik, gaan check gerus hulle Facebook page uit vir hulle kontakdetails asook ‘n lys van dienste wat hulle bied, soos haarsny, fade cuts, signature cuts, designer cuts en ‘n string ander dienste veral wanneer dit by skeer en baardversorging kom. Click op die “book now” button op hulle Facebook page om die hele pryslys te check.

Zefshop het met die dames opgeteam en voorsien hulle van ‘n handjievol uitgesoekte vinyl albums op ‘n gereelde basis. Daar sal voortdurend een krat met ‘n collection van ongeveer 60 plate te koop wees by Kuif & Baard.  Soos hulle verkoop, top ons hulle op.

So nou weet jy waar om jou kuif te kap en tunes te koop as jy into vinyl is. As jy reeds jou out of control lokke by hierdie bokke in Castle Walk tem, sal jy weet watter befokte lekker spot dit is…

Wat kuif jy? Kuif en Plaat?
Ons bou ook ‘n lekker playlist vir hulle van songs wat op die plate wat te koop is, feature.  Jy kan die playlist Spotify volg en vir jou volgende braai of party gebruik. Of lusiter dit net by jou graft. Ons klap hom byvoorbeeld  hierdie naweek in die kar vir ‘n road trip Durbs toe. Die playlist word gereeld ge-update, so jy gaan op die ou einde met kakbaie tunes sit:

Die lys van plate wat tans (Oktober) by Kuif & Baard beskikbaar is:
Various Top of The Pops
Frankie Goes To Hollywood Relax
Carike Keuzenkap Barbapapa
Carike Keuzenkap Caricke
Jethro Tull Songs From the Wood
Barry White Can’t Get Enough
Neil Diamond You Don’t Bring me Flowers
Deep Purple In Rock
Billy Ocean When The Going Gets Tough, The tough Gets Going
The Shadows Another String of Hot Hits
Tears For Fears The Seeds Of Love
Marianne Faithful Dangerous Acquaintances
Van McCoy The Disco Kid
Leon Schuster Briekdans
Leon Schuster Broekskeur
Sandra Into a Secret Land
Modern Talking Let’s Talk About Love
Electric Light Orchestra Discovery
Various Spin – The First Album
Eurythymics Savage
Diana Ross Baby It’s Me
Koos Du Plessis Skadu’s Teen die Muur
Europe The Final Countdown
Boney M Love For Sale
Tom Jones Live in Las Vegas
Santana Marathon
Adam and The Ants Prince Charming
The Beat I just Can’t Stop
John Cougar Mellencamp Big Daddy
Billy Joel Greatest Hits vol I and Vol II
Bruce Hornsby & The Range Scenes From the Southside
Rod Steward Camouflage
Various James Bond Greatest Hits
Madonna True Blue
Foreigner Record
ABBA Super Trouper
Wilson Phillips Wilson Phillips
Waylon & Willie Waylon & Willie
The Alan Parsons Project Eye in the Sky
Dolly Parton 9 to 5
Shawn Phillips Faces
Dolly Parton Heartbreak Express
Pretenders Pretenders
America America’s Greatest Hits
The Beach Boys The Beach Boys
Don Williams The Very Best Of
Various La Bamba Sound Track
Bee Gees One
Neil Diamond 12 Greatest Hits Vol. II
Carpenters 24 Greatest Hits
Roger Whittaker Sings The Hits
Laurika Rauch Op Versoek
Spandau Ballet The Singles Collection
Ray Parker Jr Ghostbusters
A-Ha Hunting High an Low
George Michael Faith
Bruce Springsteen Born in The USA
Crosby. Stills, Nash & Young déjà vu
Sias Reynecke Sproetjies
Shanana The Best of
Twee music videos wat vir ons uitgestaan het vir Oktober:

Tears For Fears – Sowing The Seeds Of Love

Frankie Goes To Hollywood – Relax

Hierdie post is 10 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 35,625 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
  •  
    2
    Shares
  •  
    2
    Shares
  •  
  • 2
  •  
  •  
  •  
griffinKuif en Baard se vinyl album hit list vir Oktober 2019

Gooi Comment