Die Bokke gaan teen Engeland in die World Cup final jol en dit gaan ‘n epic battle wees. Geemente, dit is so aan my bekendgemaak deur Magwaps Skosana, die trans-sexual vegan sangoma hier op Asbokfontein.
Check, toe Griff my tune ons drop hierdie previews elke tweede week het ek geskiem, “Piele, dit gaan maklik wees!” Maar nou dat dinge next level raak en ek predictions uitkak oor semifinals wat nog nie bepaal is nie, moes ek een of ander plan maak.
Magwaps was al oor baie dinge reg. Hy het byvoorbeeld voorspel dat Naas in indie-rugby sou afrig. Magwaps het hierdie storie oor Nick Mallet se Bishops-mensies wat na bewering die latte op skool spyker reeds in 1993 sien kom. Magwaps het ook gesien hoe Aswin Willemse oor so ruk die nuwe CEO van SA Rugby gaan wees. Sy voorspelling vir die World Cup final was bietjie blurry – ek dink die tik het hom hier teen die einde van ons session in die ballas begin skop. Tog sal ‘n rugbykenner of twee dalk met die res saamstem.
Either way, sangoma of de not, het ek hierdie befokte feeling dat die All Blacks se dae van skelm werfetters wees, binnekort teen hulle gaan tel. Hulle luck om met moord weg te kom is besig om uit te hardloop. Iewers gaan al die skelmstreke teen hulle begin tel. Die rugby roulette kan seker ook net soveel keer op swart val? Ek gaan daai wiel ‘n spin gee by Sunbet.
Ons is in vir twee epic weke van solid rugby en wat die Bokke aanbetref wil ek graag die volgende level vuur in ons spelers sien.
Seblief boys!
Hier is my predictions. Sien julle by die Dung Beetle Bar!
Saterdag, 19 Oktober
Quarterfinal 1
England v Australia (09:15)
Hoewel daar altyd ‘n kans is dat die Wallabies skielik kan wakker skrik en begin jol soos ons weet hulle kan, skiem ek hulle gaan sukkel teen ‘n Britse span wat heel waarskynlik in die final gaan wees. Daar is iets omtrent die Pommies wat my bang maak. Engeland met so ses punte – sien julle in die final, ouens!
Quarterfinal 2
New Zealand v Ireland (12:15)
Stats beteken eintlik fokol in knock-out games. Ierland het egter die All Blacks in twee van hulle laaste drie kragmetings geklop (lees daai sin drie keer). Hulle het my egter nog nie heeltemal convince in die World Cup nie en die All Blacks het mos nou lekker lank uitegrus, of hoe? Hierdie sal die laaste World Cup game wees wat die All Blacks wen. Ek gee hulle so vier punte.
Sondag 20 October
Quarterfinal 3
Wales v France (09:15)
Die logiese bet hier is Wallis. Sure, hulle moet so een of twee issues in hul backline uitsort, maar op papier behoort die Six Nations champs die pyp te rook. Wat hierdie een moeilik maak is die kwaliteit van die tries wat Frankryk nou al in die World Cup gescore het. Holy fokken crap! Dit was van die bestes van die hele toernooi! Ek gaan bietjie gamble hier en my bucks op die parrapootvreters sit. Viva la France!!! … met 2 punte.
Quarterfinal 4
Japan v South Africa (12:15)
Well done, Japan – julle het dit gemaak! Sommer top of the pool en elke ding. So huil die Skotte se slotte met die pap totte in die grotte van skaamte en wonder hoe hulle kon toelaat dat so iets gebeur. Bel gerus vir Heyneke, boys. Kan Japan nog ‘n level verder gaan en die Bokke opfok? Fo sho (dis ‘n ja). Gaan die skare ‘n sestiende speler op die veld wees? Once! (dis ook ‘n ja). Gaan die Bokke weer soos in 2015 hulle onderskat? Noddefok nie! Die gashere sal met respek hanteer word en ons sal na die game mooi blad skud en elke ding. Die Bokke sal met 9 punte en 133 tackles die game wen. Magwaps skiem ook so.
Saterdag 26 Oktober
Semifinal 1
England v New Zealand (10:00)
Soos bo genoem, moes ek die sangoma raadpleeg om by die punt uit te kom. Die All Blacks gaan broos wees, hulle gaan die seer van die vorige week se game voel en as daar enige justice in die sport is, behoort ten minste een van hulle topspelers die game weens ‘n rooikaart in die quarterfinals te mis. Engeland weet hoe om teen die All blacks te verdedig en in hierdie epic game gaan ‘n ref, die ref, watookalse ref vir ‘n slag die rook uit die All Blacks uit blaas. Dit sal die eerste keer sedert 2007 wees wat die All Blacks ‘n World Cup game verloor. Die Britte gaan vir fokken eeue hieroor brag. Pommies met drie punte – òf dit, òf ek fire my sangoma!
Sondag 27 Oktober
Semifinal 2
South Africa v France (10:00)
Die drie manne wat actually nog kerk toe gaan, gaan vir dié een siek inbel. Hulle sal die volgende week vergifnis vra, maar hierdie een kan hulle net eenvoudig nie misloop nie. Dit is ‘n repeat van ’95 in Durban en dit laat my meer worry as meeste games. Onthou julle hoe nat dit op Kings Park was? Hoe ons ‘n drie gescore het sonder TMO vaaibs? Dan is die Franse ook nog befok vir ons nadat Craig Joubert in daai 2011 final teen die All Blacks soos sy hol geblaas het. Dit gaan kliphard wees, maar in ‘n game waar die kanse goed is dat almal gaan aanvaal uit hulle eie doelgebied uit, behoort die Bokke se structured play die job te doen.
Bokke met 6 punte – en reg vir daai final teen die Brexit Boytjies!
Wat skiem jy, ou perd? Drop jou predictions in die comments, laat ons kyk hoe draai dinge uit? Weereens soos hierbo genoem: indien jy geld wil sit op so paar Rugby World Cup games, kan jy dit by sunbet.co.za doen. As jy egter nie die pitte het of dit nie kan bekostig om te dobbel nie, moet jy nie dobbel nie. As jy ‘n probleem met sport’s betting het, kontak asseblief Responsible Gambling .

Watkykjy staan op 3,089,936 post views in totaal sedert 1 November, 2019.