Fokkit, peeps, ek dink die meerderheid van ons is bewus daarvan dat Suid-Afrika nogal behep is met die eiervormige sokkerbal. Van ons is dalk groter fans as ander, maar oor die algemeen is daar nogal ‘n gesonde geesdrif en energie in ons ondersteuning van die manne in groen en goud. In my soektog na my usual entertainment en my naweeklysie wat ek opstel in my beplanning vir my online streaming, het ek aanvanklik op heeltmal ander temas besluit. Wat is die usual stuff? Check, soms is ‘n mens lus vir diep flieks, soms is dit skop-skiet-en-donner tyd en ander kere dim jy die ligte in die sitkamer vir ‘n chick-flick saam met jou goose op die coouch en ‘n moontlike broeknaaibonus as jy jou kaarte regspeel met liefie. Nie dat ek ‘n broeknaai bat nie, maar vir hierdie naweek se interwb TV, het ek daaraan gedink om te gaan soek vir breindood man-stuff met temas soos karre, bikes, tiete en balle.
Omdat die Rugby World Cup in Japan tans volle swang is, het ek besluit om sommer eerste op Showmax te gaan soek vir rugbyverwante programme. Goeie fok, toe bliskem ek in die diepste rugby rabbit hole af op aarde. Fok my, ek het nie geweet dat Suid-Afrika so kakbaie TV shows het wat 100% op rugby gefokus is nie. Check dit uit, ek het dit in boksies gaan pak vir jou:
Team profiles en rugby geskiedenis
Springbok Season Review 2017
SuperSport analysts Nick Mallett en Owen Nkumane review die 2017 Springbok season. Kyk, dis reeds fokken ou nuus, maar dit sal interessant wees om die bokspan te vergelyk met waar ons deesdae staan – wat in die middel van nog ‘n world cup is.
Springbok Saga
Die Springbok Saga kyk terug na die geskiedenis van die Springbokspan. Deur al die beproewings en verdrukkings het die Springbok nog altyd ‘n plekkie in die harte van ons Suid-Afrikaners gehad. Al was dit soms die donker plekkie in ons harte wat effens soos poep ruik.
War with the Roses
Die Bokke en die Souties haat mekaar nou al vir langer as 100 jaar lank. Dis fokken oorlog, pappie!
SA Rugby Legends
‘n Kykie na die groot geeste van ruggas met interviews en indipte gesprekke oor hierdie legends.
Imvuselelo: The Awakening
‘n Oorsig van die historiese rugbyreeks tussen die Bokke en Engeland. Die twee spanne het nog ‘n opwindende hoofstuk tot hul geskiedkundige wedywering toegevoeg, terwyl hulle begin fine tune het vir die Rugbywêreldbeker in 2019. Siya Kolisi het ook geskiedenis gemaak toe hy as die Bokke se eerste swart kaptein aangewys is.
#poesgroothigh5
Rugbyprogramme wat spelers profile
Catch Me If You Can – Bryan Habana
“Haaaah, aaahm Braahn Habannaaah!”
Jokes aside, wat ‘n fokken speler! Die program cover die verhaal van Bryan Gary Habana, een van die suksesvolste rugbyspelers van sy generasie, deur die oë van voormalige spanmaats en die man homself natuurlik.
#HaaaahAaahmBraahnHabannaaah
In Conversation: Gareth Edwards
Gareth Edwards word beskou as een van die grootste spelers ooit om die Walliese asook Lion truie oor sy kop te trek. Hy het ook die grootste drie gedruk wat die Barbarians teen die All Blacks in 1973 ooit gesien het. Check hierdie absolute unbelievable shit uit.
Fokken verwoesting:
James Small Tribute
Hierdie cover spesiale oomblikke ter nagedagtenis aan James Small. Kyk, hierdie ou was nogal ‘n bliksem. Om dit baie eufemisties te stel: James Small was ‘n kleurryke, passievolle karakter wat dikwels verkeerd verstaan was. Nietemin het hy soveel mense geïnspireer oor die jare. Kom ons fokus op die blommetjies, right?
In Conversation: Joost van der Westhuizen
Nog ‘n legend uit die 1995 rugbystal. Kobus Wiese, ‘n jarelange vriend en spanmaat, voer ‘n onderhoud met die rugbylegende, Joost van der Westhuizen in een van sy laaste openbare optredes voor sy dood vroeg in 2017. Jy kan hierdie een dalk hoër op jou kyklysie skuif en ‘n tissue uitruk.
The Road Less Travelled
Die Springbokke vertel hul unieke verhale van hul oorwinning oor teenspoed en oorkom elke hindernis in hul pad op pad na die heilige Groen en Goud. Hierdie is lekker one-on-one vibes, so jy kan sommer jou favourite spelers gaan shortlist, aangesien daar ‘n episode aan elke speler toegewy word. Dis nogal ‘n nice touch om die spelers een vir een aan die fans bekend te stel. Daar kan meer gecover word en ek kan net dink dat dit baie waardevol vir speler self se profile en toekoms is.
Die experts en die meer analitiese tipe programme
The Final Whistle
‘n Omvattende ontleding en uiteensetting van al die naweek se rugby, aangebied deur Xola Ntshinga en sy spesiale gaste.
SuperRugby
Kobus Wiese en al sy expert gabbas kyk na die nuutste ontwikkelings in die wêreld van rugby. Studiogaste neem deel aan besprekings en beantwoord kykers se vrae.
Jake’s Whiteboard
Die wenners van die Rugbywêreldbeker, Jake White en Joel Stransky, ontleed die contenders vir die 2019 Rugbywêreldkampioenskap. Ek neem aan dat ‘contenders’ in hierdie konteks beteken dat hulle slegs die spanne cover wat ‘n kans staan om die beker bo die kop te lig, aangesien daar agt episodes is, elk gewy aan noemenswaardige spanne soos Nieu-Seeland, SA, Ierland, Wallis, Frankryk, Engeland, die Ozzies en die Skotte.
RWC Masterplan
Owen Nkumane bied hierdie show aan met ‘n paneel ervare afrigters. So dis die ouens met die taktiese breine wat alles mikro-analiseer en groot rugbywoorde gebruik. Jy sal veral baat vind by hierdie show as jy soos in fokken ALLES van rugby like, skeidsregters ingesluit. Dan kan jy lekker by die volgende braai staan en mansplain terwyl jy jou eiers krap, die vleis omdraai en ‘n brannas klap.
Die meer magazine tipe shows
RWC Insights
Interviews met VIP-tipe Rugby World Cup persoonlikhede om meer lig te werp op wat die regtig verg vir ‘n span om die beker huis toe vat. Hulle praat byvoorbeeld ook met die laaste bra wat die Web Ellis koppie bo die skouers gelig het – Richie McCaw.
In Touch
Hierdie is meer vir die online rugbygemeenskap en die cyber tipe rugbyliefhebber en ethusiast. Ek sou raai dat dit nou vir ouens soos jy is wat hier lees. Hulle showcase allerhande ekslusiewe interviews, medianuus en Skype vibes. Hulle cover basies alles wat weg van die veld af gebeur wat nogal ‘n lekker fresh angle is.
Elders: Japan
Erns Grundling is ‘n fokken lucky bliksem en ek haat hom. Want ek is jaoers. Erns het Elders:Die Camino aangebied en nou is hy terug met nog ‘n reisreeks – hierdie keer is hy in Japan, jy weet, net om seker te maak dat die Bokke reg is vir die World Cup. Fokken doos. Ek hoop jy lees hier, Erns. EK HAAT JOU!
Banzai Japan
Kyk, Erns se program is actually baie fokken cool, al haat ek hom, maar Lalla Hirayama het ook ‘n program en sy explore ook Japan. En sy is about 150 keer hotter as Erns.
Dit is ‘n fokken lekker show om te kyk en Supersport was gaaf genoeg gewees om die hele eerste episode op YouTube te laai. Jy kan verlede week se episode op Showmax kyk en ek is amper seker daar kom vandag nog ‘n episode uit:
Dan as jy nou regtig faktap wil raak…
Vir julle closet cases wat maak asof jy dit glad nie fokken kyk nie – Getroud met Rugby trek nou al by 4 seisoene met oor die 260 episodes. But you already knew that, want JY is getroud met rugby, né? Vir die van julle wat genuine nie weet waaroor dit gaan nie, dis ‘n soapie: Getroud Met Rugby fokus op die intriges, verhoudings, skandale, huwelike, seksuele verhoudings, aspirasies en rugbypolitiek agter die skerms en in die slaapkamers van rugbypaartjies.
Behalwe vir die meer as 20 programme wat op rugby gerig is, kan jy natuurlik die highlights van elke World Cup match op Showmax kyk. Dis lekker 27 minute programme waarva nal die boring in die asblik gegooi is. Dan is daar ook die Varsity 7s rugbywedstryde wat live uitgesaai word. Daar is agt games wat vandag uitgesaai word! Sluit gerus aan vir die free 14-dae trial op Showmax om in al die rugby te verdrink as jy dit nog nie gedoen het nie. Jy gaan kakbaie bier en biltong moet koop.
PS:Lalla, if you are reading this: YOU ARE 150 TIMES HOTTER THAN FOKKEN ERNS!
I are Ernstig.
Watkykjy staan op 3,118,402 post views in totaal sedert 1 November, 2019.