Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Die SA-hokkiespan
Kan iemand vir my verduidelik hoekom ons hokkiespan enigsins airtime kry? Heeltemal te gereeld moet ek lees hoe hulle die die ondersteuning wat wat hulle toekom kry of die internasionale blootstelling van hulle Europese eweknieë ontvang nie.
Shame.
Dalk is niemand geinteresseerd in volwasse mense wat kromrug rondhardloop met gebuigde stokke nie. Miskien is dit blote ignorance. Of het dit dalk iets uit te waai met hulle gereelde, oorweldigende nederlae?
Vat nou maar die Olimpiese Spele in Beijing. Vir die bokkies begin dit met 0-6 (Nederland) en 0-3 (China). Wham! En die mans? Lekker 0-5 (Nederland) en dan 0-10 (Australië).
Kry vir jou.
Noem vir my enige van die spanlede in die Suid-Afrikaanse hokkiespan. Net een, komaan. Ek sal jou ‘n solid doen vir jou die voordeel gee dat jy kan kies uit die mans- of vrouespan. Onthou, Jonty Rhodes speel nie meer hokkie of krieket vir Suid-Afrika nie. Een lid van Ama-Stokke-Stokke. Kom, ek wag. Ek het nie heeldag tyd nie.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,089,936 post views in totaal sedert 1 November, 2019.