Is dit hartseer of is dit dalk ‘n uitstekende ding dat een van die min highlights van ons geliefde Bokke se World Cup tot dusvêr in die tokkamer gebeur het? Rustig, jou vuil-uil – geen Bok het ‘n rekord getal nat handoeke oor sy gulpvrug laat drappeer nie. Kry jou mind uit die gutter, bra. Hierdie gaan oor die tunes waarna ons troepe luister. Dit gaan oor die kultuur in die span en ek kan met trots berig dat ons manne nie na enige iets luister wat op ‘n Afrikaans Is Groot (AIG) stage jam nie – die All Blacks se sponsor is mos AIG. Go figure…
Dit het my brein kort na ons game teen Namibië geblaas toe ek hoor hoe ons manne Ryno Velvet se Ai My Lam op full-blast luister. Wie sou kon raai dat ‘n spul rugbyspelers ook goeie musieksmaak het?
Volgens brasse wat op verskeie geleenthede saam met ons troepe uitgehang het, luister hulle geensins na die bokkie-rokkie-sokkie-tottie (oftewel mainstream Afrikaanse poptes) wat in ons ore in gepomp word nie. Al wanneer hulle dit hoor is wanneer die marabs wat in beheer van tunes by Ellis Park is, dit dalk jol. Wie die fok luister Baby Tjoklits in any case? Die Bokke like tunes van verskeie local artists wat nie elke dag op RSG speel nie. Hulle gooi Jan Blohm se Groentrui, Bacchus Nel se OppiPlaas en dit sal my nie verbaas as Robbie Wessels se pogings hulle ook laat kots nie.
Ryno was natuurlik dik impressed toe hy die clip gekokkenotch het:
“Jis bra, om jou song in ‘n tokkamer by ‘n World Cup te hoor is onbeskryflik lekker! Ek weet van die manne luister ‘Ai My Lam’ – veral die Stormers – maar om te weet dat dit deel van die Springbokspan se kultuur is, is bevange!”
Ryno het in ‘n exclusive interview met Watkykjy vertel dat hy per ongeluk goeie tjommas met ‘n klomp Bokke geraak het en dat die ervaring hom een van daai die-hard dudes gemaak het wat die span sal bly ondersteun al verloor hulle 120-6 teen Zimbabwe se onder-9 B span:
“Die gees in die span is amazing. En yes, Beast het al een keer vir my getune hy like ‘n paar van my songs!”
Ek meen, as Beast en Siya en ‘n spul van die spelers wat nie noodwendig aan die “regte” Afrikaanse musiek voorgestel is nie, die meer underground tunes kan waardeer, is daar beslis hoop vir die toekoms van die land – en natuurlik die Bokke.
#ImStaying
Highlights wat met rugby te doen het?
Daar was maar min in ons eerste twee games. Moet nie my verkeerd verstaan nie; ons skrums lyk fokken goed, ons lynstane is nie te bad nie en ons lyk heel bekwaam as dit by die rolmaalwapen kom. Natuurlik is Kolbe ‘n fokken yster in die backline. My worry is dat een van die belangrikste aspekte tot sukses in enige toernooi by die voordeur van die span se skakelpaar rus. Elton het nie sy kans gebruik nie, Handre was kouewater-Omo-sag en skoon gewees. Faf se box kicks het my aan ‘n game dronk darts laat dink. As ons hierdie dinge nie gou uitsort nie, gaan ons sukkel om die final te maak .
Round-up van my eerste predictions
Ek was pretty much spot-on met meeste van die games. Behalwe natuurlik vir Japan se befokte wen teen Ierland, en Fiji wat deur Uruguay gestamp is. My predictions vir die volgende twee weke se games lyk so iets en ek wil amper begin bid ons jol eerder teen Ierland as teen Japan in die quarter-finals. Ek gaan so hier en daar ‘n geldjie agter ‘n team gooi by www.sunbet.co.za:
Vrydag 4 Oktober
South Africa v Italy (11:45)
Ons het al teen die dudes gesukkel en hulle is aansienlik beter sedert Nick Mallet nie meer daar betrokke is nie. Tog is ons pak aansienlik sterker.
Ons behoort met so 12 punte te wen.
Saterdag 5 Oktober
Australia v Uruguay (07:15)
Die Wallablies behoort hier (vir ‘n verandering) gat te skop.
Met so 30 punte skiem ek.
England v Argentina (10:00)
Argentina se troepe tune die Britte jol “boring” rugby. My bra, boring rugby wen vir jou ‘n World Cup.
My bucks is op Engeland om met so 8 punte te wen.
Dit behoort ‘n befokte game te wees!
Japan v Samoa (12:30)
As jy Ierland kan klop behoort Samoa maklik te wees, right?
Hier mag dalk iets mal gebeur, maar kom ons back die host nation met so 5 punte.
Sondag 6 October
New Zealand v Namibia (06:45)
Obviously New Zealand met so 50 punte.
Ons kan net hoop die Windhoek Lagers oorleef.
France v Tonga (09:45)
Frankryk behoort hierdie een te wen en dit lyk al hoe meer of hulle my prediction van ‘n groot yster seermaak, gaan regkry.
Ek gee hulle so 8 punte vir die game.
Dinsdag 8 Oktober
South Africa v Canada (12:15)
Vat maar die dag af.
Ons sal seker weer ‘n B-span op die veld stuur.
Niks minder as 40 punte vir ons nie!
Woensdag 9 Oktober
Argentina v USA (06:45)
Die Pumas sal seker wen.
Ek skiem met so 25.
Scotland v Russia (09:15)
Die Skotte met ‘n gemaklike 18 punte.
Wales v Fiji (11:45)
Wallis begin spoed optel en sal hierdie game wil gebruik om bietjie stem dik te maak.
Ek gee hulle 30 punte.
Vrydag 9 Oktober
Australia v Georgia (12:15)
Is dit net ek of raak baie van hierdie games bietjie te obvious en boring?
Aussies met 25.
Saterdag 12 October
New Zealand v Italy (06:45)
En die All Blacks se unbeaten World Cup run duur voort.
Hulle sal seker met so 28 punte hier wen.
England v France (10:15)
Finally ‘n game wat ek met graagte sal wil kyk. My kop reken die Queen sal met so 9 punte wen. Maar dalk is hierdie die een wat Frankryk op die map gaan plaas…
Ireland v Samoa (12:45)
Crucial game vir Ierland, maar hulle behoort hom met so 15 te wen.
Sondag 13 Oktober
Namibia v Canada (05:15)
Ek sal actually vroeg opstaan vir dié een. Die twee agterosse wat mekaar takel.
Go Namibia!
Looi hulle met so 5 punte en maak ons trots!
USA v Tonga (07:45)
Go Tonga, julle verdien ook iets.
Ek back hulle met 8 punte.
Wales v Uruguay (10:15)
Wallis behoort nie te veel te sukkel nie – ek gee hulle so 19 punte oorwinning.
Japan v Scotland (12:45)
As dinge vir die host nation uitwerk soos hulle hoop dit gaan, kan die ‘n moerse cool game wees om te kyk. Dit kan dalk bepaal wie ons in die quarter-finals gaan jol. Ek gaan die keer teen die home teem gaan… vir geen logiese rede nie.
Scotland met 2.
Wat skiem jy, ou perd? Drop jou predictions in die comments, laat ons kyk hoe draai dinge uit? Weereens soos hierbo genoem: indien jy geld wil sit op so paar Rugby World Cup games kan jy dit by sunbet.co.za doen. As jy egter nie die pitte het of dit nie kan bekostig om te dobbel nie, moet jy nie dobbel nie. As jy ‘n probleem met sport’s betting het, kontak asseblief Responsible Gambling .
Watkykjy staan op 3,073,872 post views in totaal sedert 1 November, 2019.