Everyday I wake up dreaming
This is where I want to stay
Far from the black city
Where the dragon wants your soul
The system wants control
But I will not go
I will stay here where the water meets the sand
In this wild and wonderful land
Ah you beauty
Beautiful MozambiquePiet Botha, Mozambique
Hoekom is daar so min dokumentȇre oor die lewens van legendariese Suid-Afikaanse metal, alternatiewe musiek, rock, folk en blues musikante en songwriters? Sure, daar is nie hordes van hulle in ons land nie en hulle albumverkope bereik gewoonlik nie -goud of platinumstatus nie maar daar is wel genoeg van hulle om ‘n ordentlike verskeidenheid vermaak op TV te kan geniet, right? Is die staaltjies van geskiedkundige gebeurtenisse wat ‘n platform en bestaansreg geskep het vir al die jonger kunstenaars (waaroor ons hier op Wat Kyk Jy skryf) nie belangrik genoeg nie? Dit kan nie wees dat mense nie meer ‘n fok omgee vir die stories agter die bands nie, kan dit? In die roman I Shall Wear Midnight het Terry Pratchett die volgende neergepen:
“If you do not know where you come from, then you don’t know where you are, and if you don’t where you are, then you don’t know where you’re going. And if you don’t know where you’re going, you’re probably going wrong.”
As jy The Road kyk, of weer kyk, nȇ, waardeer net daai awkward Wildebeest onderhoud wat Carike Keuzenkamp met Colin Pratley gevoer het. Ha! Dis nou ‘n uitstekende voorbeeld van waar ons vandaan kom. En hoekom moet doccies beperk word tot die groot geeste? Dis broodnodig, maar fassinerende mense en hulle stories is oral om ons. Ons moet dit net meer raaksien. Die bands wat nog nie dekades agter die blad het nie kan mos solank oefen met low budget docs, of hoe? Ek gebruik die Hammer se famous quote gereeld in my eie lewe: “We’ll get there when we fucking get there”, maar wat die dokumentering van bands in die SA musiekbedryf aanbetref dink ek eerder: “We won’t get fucking anywhere unless family, friends and fans help us get there.” Die probleem is maar tyd, geld en oorlewing. Afrikatyd plus Afrikageld is gelyk aan Oorlewing.
‘n Paar fans het gelukkig hulle hande opgesteek om The Road die lig laat sien. Willem Louw het al jare lank al ‘n visie gehad en ek onthou sy absolute passie vir Jack Hammer toe ons ontmoet het destyds en hy ons die eerste keer van dié projek vertel het. Ekself was net ‘n innocent bystander en was nie direk betrokke nie, maar hy het my gereeld op hoogte gehou en ek moet bieg – ek het met tye gewonder hoe de moer hulle hierdie een gaan laat fly. Maar gravitasie het die regte mense bymekaar gebring en almal het as ‘n span saamgewerk oor die jare. Passie en harde werk is al wat jy nodig het, I guess. Willem is baie hush-hush en humble hieroor en ek het hom nie eens toestemming gevra of ek dit kan noem nie, maar hy het hierdie doccie grotendeels ge-fund. Hy sou nou net weer wou hȇ ek moet stilbly daaroor.
Dit was een van sy lewensdrome gewees en‘n moerse geskenk vir Piet, sy familie en vriende, al die kunstenaars, die bedryf en veral vir ons fans. The Road se opbrengste word net so aangepass vir die voortbestaan van die Jack Hammer band (meer van ‘n movement, eintlik), so there be no selling out here! ‘n Paar weke gelede toe Willem die finale produk hier aangebring het en by my huis kom kyk het, was die selfde passie vir die musiek nog steeds onblusbaar en ewe aansteeklik. Hy, Jessica Botha, Vickus Strijdom, Paul Buys en al die ander mense wat betrokke was by die projek se timing kon nie beter gewees het nie. Piet kon ons net sowel verlaat het voor dit alles gekonsepsualiseer of voltooi was! En in daai opsig was ons almal weereens baie gelukkig. En Dankbaar. Om iemand soos Piet Botha hier in SA te kon gehad het, wat so baie mense beïnvloed het op so baie vlakke, is bitter raar. Die huldeblyke op social media vir hom hou net nie op nie.
Maar wat van al die ander legendes? Hulle gaan nie vir ewig leef nie en hulle word ook nie jonger nie…
Informasie op die interwebs het baie voordele maar dis te gefragmenteerd om wyer in-roads in die SA mark in te maak. Watkykjy interview, feature en skryf al jare lank oor die Wolmers daar in die Noorde. Wanneer ons die tyd kry. Maar om met so doccie op Showmax te spog en die beweging en mense so akuraat weer te gee, is ‘n massiewe mylpaal. Well done, skurminkels!
Anton Goosen se wyshede dra by tot die geloofwaardigheid en integriteit van die produksie. Albert Frost se input van die jonger generasie musikante se point of view ook. Die doccie maak al die “karakters” met pittige sȇgoed nou meer toeganklik vir ander middelklas Suid-Afrikaners en dis goed om te weet waar almal inpas en dat Piet Botha die oorsprong was van die Wolmerlegende. Meeste Watkykertjies ken byvoorbeeld nou al jare lank die Van der Walt familie. Om legendes raak te sien en aan die gang te hou is belangrik want dit gee jong kids meer opsies om fans te wees van ‘n verskeidenheid subkulture binne die overall SA kultuur. Daar was voorheen ‘n leemte in die annale van SA rock and roll maar Showmax is besig om hullle digitale rakke stadig maar seker vol te pak. Sover is daar byvoorbeeld doccies en programme beskikbaar wat ons local talent soos Fokofpolisiekar, Karen Zoid, The Parlotones, Johannes Kerkorrel en Springbok Nude Girls insluit. We want moaaaar of this!
Terug by Piet en The Road: Dié van julle wat dit nou gaan kyk en geniet en nie voorheen die dots kon connect nie, kan nou al die connections maak:
- Die Boet Faber/Jack Hammer konneksie van ouds.
- Die Jack Hammer konneksie met Johnathan “The Kid” Martin, Tertius “Beano” du Plessis, Paul “The Duke” de Waal en Jacques Groenewald (aka Jake Gunn of Groenie).
- Dan is daar die Weskuskonneksie met die Akkedis broers, Rudi en Arthur
- Ook die STRAB en Mozambique connections waar ander jonger bands soos The Black Cat Bones ook bygekom het en intussen sukses behaal het. Kobus de kock Jnr gee ons pȇrels tydens sy onderhoud.
- Die Gareth Wilson/Helen Zille konneksie was seker sy enigste genuine politieke konneksie.
Die doccie het die gevoel van ‘n nineties indie movie. Hype sou nie gewerk het met ‘n kunstenaar vir wie dit uiters belangrik was om nooit ‘n sell-out te word nie. Daar is baie waarhede deurentyd oor “Die Road” sonder om die mistieke daarvan te verloor. Dit sluit aspekte in soos Piet se suksesse, sy goeie verhoudinge met sy dogters en boonop sy heroïenverslawing in die nineties wat hy oorwin het met die hulp van Dr Heine Van der Walt, by the way. Hy en Johnathan Martin het die song Lady Amber geskryf oor hulle ervarings met die dwelm en Piet het dit vir baie lank deelgemaak van sy set om homself te vesterk teen sy verslawing.
Sy liefde vir sy Ma het my diep geraak maar ek het veral gewonder oor sy ander verhoudings met vrouens. Dit lyk my Piet het besluit om daardie geheime saam met hom die ewigheid in te neem. Sy ervarings in die politiek van ouds was baie interessant – Pik Botha se rock and roll seun. Hoe het die media dit nie uitgebuit nie? Die feit dat hy en sy vriende a-polities maar terselfde tyd anti-establishment was gee sy legacy net soveel meer trefkrag!
Wat kan ons leer van “die Kommandant” en al die ander misfits wat buite die sisteem ge-operate? Wel, moenie vir veertig jaar in ‘n fokken kantoor sit as jy nie rȇrig wil nie. Fok die sisteem. Tip vrygewig. Gee jou klere weg. Wees dankbaar vir jou familie en goeie vriende. Ons is almal net vir ‘n kort tyd hier op moeder aarde. Die Road is die road na nȇrens. As jy dink jy het arrive dan maak jy nie meer kuns nie.
Wie gaan daai fokken peace sign weer op die berg herstel na sy vorige glorie?
Rus in vrede, brother…
Jy kan The Road en al die ander music doccies wat ons in hierdie artikel genoem het op Showmax kyk. Sluit gerus aan vir die free 14-dae trial as jy dit nog nie gedoen het nie. Daar is maande se internasionale en local vermaak.
Watkykjy staan op 3,110,840 post views in totaal sedert 1 November, 2019.