Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Restaurantlekkers wat jy saam met jou rekening kry
Iewers in Isando moet daar ‘n vuil fabriek met onwettige slawe wees wat die aakligste lekkers maak en na al die restaurante in Suid-Afrika stuur. Dit smaak vieslik en beledig my eerder as wat dit die ete afrond of my asem verfris. Sê net wat e kskuld en hou daai 50 sent se sweets vir jou eie kinders. Ek stel nie belang nie.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,089,801 post views in totaal sedert 1 November, 2019.