Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Quick Shops en ander vulstasiewinkels
Shell het Select, BP het Express en Engen gaan sover om hulle s’n actually ‘n Quick Shop te noem. Nie dat daar enige iets vinnig in QuickShops (of enige van die ander) gebeur nie.
Dit is ironies ook die tipe winkel waar jy nie regtig baie lank wil uithang nie. Jou kanse om ‘n ooggetuie (of slagoffer) van ‘n ATM-bomaanval of rooftog te wees is net soveel groter. Ongelukkig is dit gewoonlik ook die enigste plek waar laataand melk, skywe, die koerant of tjoklits in die hande kan kry.
(Jy hoef darem nie mooi aan te trek nie. Lelike beertjie sweetpakke en pantoffels is aan die orde van die dag)
Geïrriteerd staan jy vierde in die ry en wag dat die mense voor jou deur deur die dik bullet-proof glasvenster bedien word. Jou beurt breek aan maar jy moet eers wag sodat die petroljoggies by die kantvenster met kleingeld, strokies, geselsies en garage kaartmasjiene gehelp word. Daarna kan jy deur die simpel karakerige luidsprekertjie vir jou sigarette vra, wat dan vyf keer gescan moet word terwyl jy vir die non-responsive persoon probeer verduidelik dat dit die verkeerde pakkie is.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,092,692 post views in totaal sedert 1 November, 2019.