Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Price fixing en die lae boetes daarvoor
Price-fixing in Suid-Afrika laatr my dink aan vuilspel in rugby. Die spelers ken die reëls goed en weet hulle gaan gestraf word – as hulle gevang word. So hulle traai die heeltyd hulle luck, veral as die ref nei kyk nie. Speel bietjie op die grond, hou bietjie die bal vas en lê so ‘n bietjie met die vuis in. Als deel van die game.
Selfs bekende spelers maak hulself hieraan skuldig. Vat nou maar vir Toyota, Adcock Ingram, Tiger Brands en Premier Foods. Almal groot maatskappye met vet winste, en steeds is dit nie genoeg nie, So hulle buit die reeds onderdrukte verbruiker vir nog ‘n paar sent uit op broodnodige items soos, wel brood. Word hulle gevang, kry hulle ‘n aanmaning of boete. Tiger Brands het in 2007 ‘n R98-miljoen geel kaart gekry. Klink baie, maar ek is seker kon dit lag-lag betaal uit die winste van die vorige jaar se vuilspel. Om mense te overcharge vir brood. Ek bedoel, komaan…
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,073,825 post views in totaal sedert 1 November, 2019.