Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Poskantoor
Wil jy ontslae raak van so ‘n paar huishoudelike items wat net stof opgaar en spasie opneem? Pos dit net aan jouself jou naaste Poskantoor. Jy sal dit nooit weer sien nie.
Ek het onlangs ‘n pakkie van Amerika in die pos ontvang met ‘n Poskantoor-plakker wat lui: “Oop of beskadig geving en amptelik deur die posowerheid toegemaak.” Julle kan maar eerlik wees met ons. Ons weet hoe dit daar gaan in die Toskantoor. Stuur asseblief my volgende pakkie met ‘n plakker wat tune: “Die posowerheid kon niks van waarde vir hulleself in die posstuk vind nie, maar het dit wel herseël met hierdie lelike bruin plakker wat jy nou lees.”
So terloops, Poskantoor, braai julle en Amazon al weer om dieselfde vuur, of is julle nog steeds so bietjie huilerig?
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,084,027 post views in totaal sedert 1 November, 2019.