Plastiek covers op jou nuwe gadgets – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffinRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Plastiek covers op jou nuwe gadgets
Haal asseblief die plastiek cover van jou laptop, selfoon, TV, DVD-speler, horlosie se gesig, iPod, GPS en jou skoonma af. Dit beskerm jou Precious nou al ‘n jaar lank en wys net vir die wêreld hoe creepy en obsessief jy is. Boonop laat dit jou speelding so nuut lyk dat die skurk wat jou gaan smash-en-grab by die robot nou R250 in plaas van R200 vir sy vonds gaan kry.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinPlastiek covers op jou nuwe gadgets – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment