Lindsey Stirling is ‘n Amerikaanse vioolspeler, composer, sangeres en danser met ‘n moerse fokken YouTube channel – sy sit met net onder die 12m subscribers. As kind het haar ouers nie genoeg zak gehad vir proper vioollesse nie, so die arme kind het op 5-jarige ouderdom 15-minute lesse gekry en kenners het gereken dat dit nie gaan werk nie, want viool is ‘n fokken bitch van ‘n ding om te bemeester.
Fast forward na 2010 en op 23-jarige ouderdom is Lindsey ‘n quarter-finalist op season 5 van America’s Got Talent. Met haar optrede het professionele kontgevreet en all-round doos, Piers Morgan, aan haar gesê: “You’re not untalented, but you’re not good enough, I don’t think, to get away with flying through the air and trying to play the violin at the same time.”
Well, ou kontkoppie was verkeerd:
Op 22 April, 2013 het Lady Gaga se manager, Troy Carter, ‘n deal met Stirling ge-sign. Op 21 June 2013 het Stirling haar eerste gold certification vir haar album, Lindsey Stirling, in Duitsland ontvang. In June daai jaar het sy perform by Miss Switzerland. Later daardie jaar het sy ook die Billboard year-end charts geslaan met No. 3 op Classical Album Artists, No. 2 op Classical Albums, en No. 3 op Dance/Electronic Albums. Op 9 January, 2015, het Stirling ge-feature op Frobes se ’30 Under 30’ lys.
So loop eet ‘n fokken piel, Pierce Morgan!
Watkykjy staan op 3,048,168 post views in totaal sedert 1 November, 2019.