Kom ons gee julle gou ‘n klein geskiedenislessie in Pinocchio en Pop Shop plate.
Pop Shop
Hierdie outjies was ‘n Suid-Afrikaanse reeks vinyl met compilations van die grootste hits (soms even met local kunstenaars) wat tussen 1977 en 1991 gepress was. Gedurende hierdie tydperk het daar drie tot vier Shop Shop plate per jaar uitgekom. Die reeks het gehardloop van volume een tot en met volume 51 in 1991 waarna dit gestop is, want die vinyl record press fabrieke in Suid-Afrika het toegemaak om plek te maak vir nuwe tegnologie – fokken CDs!
Pop Shop Volume 21 was die eerste double LP in hierdie reeks. Uit die hele Pop Shop reeks wat release is, was slegs volumes 46 tot 51 op CD vrygestel. Die res was almal tapes en plate gewees. Daar was ook twee Pop Shop Spectacular double albums, so paar Pop Shop Gold albums en daar was even ‘n Pop Shop TV show in die laat 70s op SAUK waarvan David Gresham die aanbieder was. Hy was die eerste DJ ooit met sy eie TV show.
Meeste van julle maak seker ook uit van Sprinkbok Hits, en alhoewel dit moerse suksesvol was en ongeveer sewe jaar voor Pop Shop die lig gesien het, was daai tunes nie originals gewees nie – al daai songs was locally deur session muso’s gecover en record. Geen wonder Suid-Afrikaners het tot vandag toe nog sulke kak smaak in musiek nie. Hulle sal eerder in ‘n bar sit en ‘n one-man vibe met ‘n bokskitaar en back tracks kokkenodge wat verniet covers jol as om ‘n geldjie uit te haal en oorspronklike musiek te ondersteurn. Sies!
Pinocchio
Behalwe vir jou blootstelling aan al die Pop Shop-plate het jy beslis ook grootgeword met Pinocchio op die kassie as jy ‘n kinders van die 80s was. Die kenwysie is nog deur Mynie Grové gesing.
“Peeeeeeeenooooooo-keeeeeeee-hou!” *beat skop in*
Onhou jy nog daai storie op TV1 op Sondae? Jissis, jy het jou pere afgehardloop na die TV-kamer as jy daai tune gehoor het. Die storie van die klein kak wat deur die skrynwerker, Gepetto uit hout gemaak is, wie se neus so lank gegroei het as hy tos gepraat het. Dan was daar ook ou Mario en Gatto wat hom heeltyd probeer befok het om elke draai met slinkse stories en truuks. Pinocchio ook het so eendjie-tjommie, Gina, gehad… Nou check hierdie weird shit uit – Gina se stem is destyds deur aktrise, Grethe Fox gedoen. Daai tannie was kakhot, net soos Mynie Grové. Grethe het later ook in TV shows ge-act soos Glaskasteel, Konings, Westgate, Onder Draai die Duiwel Rond, Konings, Die Vierde Kabinet, Soul City, Torings en Isidingo. Die weirdste stukkie Afrikaanse Pinocchio-trivia waarop ons egter afgekom het, is dat Grethe Fox die rock ‘n roll chick, Sannie Fox, se fokken tannie is! En hier dog ons al die tyd Sannie Fox het haar eie fokken weird naam opgemaak!
Geniet episode 1 hieronder. Ons het die DVDs ook nog iewers…
Daar het reeds so paar plate begin verkoop sedert ons dit in stock begin sit het op Zefshop so drie weke terug. Stadig maar seker sit ons elke week nog so paar vinyl albums in stock soos ons tyd vind om deur die bokse en rakke te gaan. Hierdie week het ons op so paar Pop Shops afgekom, die eerste Pinocchio plaat in Afrikaans (Pinocchio Begin Sy Lewe), Groep Twee se Die Oukraalliedjie vinyl asook Die Allerbeste Kinderliedjies en ‘n skaars Des & Dawn Lindberg kinderplaat.
Ons het nog ‘n hele paar honderd plate om in stock te sit, maar ons double check elke plaat en gee dit ‘n nuwe omlsag voor ons dit doen. Die kans is goed dat ons dalk reeds iets het waarna jy soek, so laat weet ons sodat ons dit kan prioritize. Baie van hierdie vinyl records is skaars items, so dis first come, first served.
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.