Parkeergarages – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos? deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.

Parkeergarages – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?
Die alternatief daartoe om jou kar aan die genade van lapswaaiers oor te laat is om in ‘n parkade te parkeer, veral as jy ongelukkig genoeg is om ‘n winkelsentrum te besoek. En dit kom met ‘n eiesoortige frustrasie.
Jy moet agter een of ander onbeholpe dame wag dat sy eers met die helfte van haar bolyf by die karvesnter uithang om haar parkeerkaartjie by te kom. Sy kom dan agter dat haar tiete dit nie oor die half-oop venster gaan maak nie en wurm terug in die kar in sodat sy kan reverse, wat ‘n kettingreaksievir jou en almal agter jou tot gevolg het. As jy gelukkig is, sal daar iemand reg langs die boom gate staan om die kaartjie te oorhandig – bietjie van ‘n simpel sisteem as jy in ag neem dat hierdie outomatiese arms en drukkers juis daar geplaas is sodat niemand as kaartjie-oorhandiger aangestel hoef te word nie.
Ná jou inkopies is dit eers tyd vir parkering betaal. Omdat jy net R50 by jou het en die masjien nie jou R2 muntstuk wil vat nie (al is hy warm gevryf teen die betaalpaneel), stap jy met ‘n halwe kilo se kleingeld weg. En bewaar jou siel as jy die kaartjie wegbliksem. Mens kan net nie wen nie.

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.


Place your ad here

Hierdie post is 3 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 23,523 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffin en Chopper CharlieParkeergarages – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

Gooi Comment