Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Ouers wat die internet blameer as hulle kinders wegloop
Mens sien dit baie in die koerante: “So en so het iemand op MXit in ‘n chatroom ontmoer en van die huis af weggeloop. Ons vermoed sy mag haarself in die Vrystaat bevind.”
Drie weke later is die vuil meisie weer terug by haar ouers en moontlik verwagtend met ‘n mynwerker of trokdrywer van Colesberg se kind.
Pas julle kinders self op. Die internet het nie firewalls vir hormone wat buite beheer is nie en top cop Piet Byleveld en Mike Bolhuis is moerse besig met meer belangrike dinge.
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,073,869 post views in totaal sedert 1 November, 2019.