Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2019) teen Augustus se kant 11 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ons die boek se einde bereik.
Orania
‘n Klomp stoere Boere het gatvol geraak vir swartmense (kom ons wees nou maar reguit) en op ‘n stuk droë sand in die Noord-Kaap gaanafpak. Hulle noem die plek Orania en doen self al hulle werk. Daar’s ‘n dwergstandbeeld van Hendrik Verwoerd en ‘n ander groter ene van ‘n koeksister. Want niks sê soveel van ‘n volk en sy mense se identiteit as hulle gebak nie.
Die volkstaat het selfs sy eie geldeenheid, die Ora, wat niks werd is op enige ander plek in die wêreld nie behalwe op die stukkie sand waar hulle vir die res van die land wegkruip. Dit sal my glad nie verbaas as hulle met iets parallels tot die metrieke sisteem opkom nie. Wit petroljoggie aan ou oom in bakkie: “Oom, ek het 40 krimpies diesel in jou bakkie gegooi en jy behoort so 400 spasiemente te kan ry. Dis 400 Ora, asseblief”
Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.
Watkykjy staan op 3,071,852 post views in totaal sedert 1 November, 2019.