Toe ek ‘n laitie was het ek kakbaie radio geluister. As ‘n pre-school en laerskool snotkoppie het ek veral na Radio Suid-Afrika se programme geluister soos Siembamba oor naweke, die Unigeboue se fokken klokke wat vir some rede spesifiek 6:45 gelui het in die oggende tydens kakboring Monitor asook radiodramas in die middae deur die week. Ek het onthou vaagweg die naam Stralejakkers, maar ek verwar die tydsgreep dalk met laerskool of hoërskooldae. Stralejakkers was nou vir jou ‘n pot kak. Later sou ek ook uitvind dat ek een van die coolste radiostories ooit gemis het – Staal Burger, wat deur Fanus Rautenbach en Daan Retief geskryf is. Ek was toe nog nie eers gebore nie – die “radiodrama” was op die lug vanaf 1961 tot 1974 uitgesaai. Hier is een van die episodes. Dis actually nogal fokken revolutionary vir die 1960s:
Dan was daar ook Radio Bantoe, I shit you not! Ons bediende, Liena, het konstant daarna geluister terwyl sy klere gestryk het in die kombuis of melkkos en pampoenkoekies gemaak het en ons klomp gomgatkinders ge-babysit het terwyl ons ouers by die graft was. Ek het nie ‘n fok verstaan wat die brasse op Radio Bantoe getune het nie, mainly omdat ek 5 jaar oud was, maar ek kan onthou dat ek dit gelike het. Seker omdat die swartmense so fokken vinnig gepraat het soos Vereeniging-marabse. Wat vir my die meeste uitgestaan het van Radio Bantoe was die byklanke of “stings” wat hulle gebruik het na advertensies of programme. Daar was ‘n spesifike geluid wat geklink het soos ‘n voëltjie wat sy vlerke vinnig klap en wegvlieg met ‘n high pitched fluitklank wat fade. Ek soek tot vandag toe nog vir daai klank! Maybe weet een van julle waarvan ek praat? Dit was slegs op die swart radiostasies. Ek verbeel myself ek het dit meestel na die Lexington advertensies gehoor. That’s the one!
So tussendeur radioluister met die nuus, die stories, die weer, die sport, die aktualitiet, die konserwatiewe kak en die tos radiodramas, was daar goddank ook musiek “offline” gewees op vinyl en tapes. Plate by die huis en tapes in die kar tydens road trips en vakansies, maar omdat ek ‘n kind was, obviously sonder ‘n werk en salaris, en my eie musieksmaak begin ontwikkel het, was my ouers se plate en tapes en my klokradio-alarm met die snooze button nie meer goed genoeg gewees nie. Dit was wel ‘n befokte fondasie but I wanted more. Radio 5 was die obvious antwoord vir enige iemand sonder zak gewees. Dit was verniet en as jy op Saterdae uitgelos was vir so paar ure dur jou familie, was Radio 5 die fokken koningin se tiete gewees! Baie van ons het gelewe vir daai Top 40 op Saterdae. Al wat jy nodig gehad het, was ‘n 5 pack van een van daai BASF of TDK “chrome” 90 minute tapes en jy was in besigheid gewees vir ‘n jaar lank. Jy het vir ure aaneen voor die hi-fi gesit en record en pause gedruk op die tape deck wanneer die DJ jou favourite tunes gejol het. Fokken genius, pappie – jy het jou eie mix tapes gemaak. En dan het jy gehoop die doos op die draadloos begin nie kak praat gedruende die laaste 30 sekondes van die song nie. Hy het dit wel fokken altyd geoden! Without fail. En weet jy hoekom? Want die DJ het geweet jy sit by die fokken huis voor pappa se hi-fi met ‘n sak Wilson toffies en ‘n Mello Yello, besig om musiek illegally te tape affie radio af soos ‘n fokken skurk. Blerrie nool. Fok jou, Sasha Marteningo en fok jou, Ian F!
Radio 5 het juis met hierdie Top 40-resep, soos baie ander radiostasies wêreldwyd, gehelp met musiekverkope ook. Hoe anders sou jy van die musiek tehore gekom het as dit nie vir hulle was nie? Besides die Top 40 stuff wat meeste van ons ontgroei het in standerd 5, was daar eventually ook befokte laataand shows gewees. Phil Wright, Barney Simon en veral Crhis Prior (The Rock Professor) het gefokken kook met die rock en die metal en hulle het berge versit vir puisiegevreetrebelle soos ek en my kaksleg vriende op hoërskool. Dis probably daardie handjievol Radio 5 DJs se skuld dat meeste hansgat laities reeds in standerd 7 begin gwaais rook en broeknaai het – onthou, MTV en hulle “slegte invloed” het eers na 1995 in Suid-Afrika geland met die launch van DSTV. Radio 5 was steeds die koning al het hulle toe reeds in 1992 reeds hulle naam gaan verander na 5FM.
Daar is probably ‘n handjievol van julle wat reeds in julle baarde gebrom het dat niks kon kom naby LM Radio nie. Wel, jy is doodreg, brombeetjie. Wat jy dalk salig onbewus van was, is dat Radio 5 eintlik juis ontwikkel het uit LM Radio. LM was ‘n afkorting vir Loreco Marques. Laasgenoemde is Maputo se vorige naam in ons buurland, Mozambiek. Radio 5 het vir die eerste keer live gegaan op 13 Oktober 1975 na Mozambiek se onafanklikheidswording en hulle het op MW (medium wave) uitgesaai. Die Mozambiekse Frelimo-regering het die radiostasie gesluit en die Suid-Afrikaanse regering het opdrag gegee dat die SAUK die diens en die personeel moes oorneem. Die ‘5’ in Radio 5 beteken dat hulle destyds met hulle ontstaan, die vyfde nasionale radiostasie in Suid-Afrika was naas Radio Suid-Afrika, Radio South Africa, Springbok Radio en Radio Bantu.
Fast forward na die vroeë tot mid-2000s en ek weet nie presies waar 5FM begin kleitrap het nie, maar ek vermoed dis moontlik dat die nuwer generasie wat beheer begin oorneem het, dalk die konsep van CHR (contemporary hit radio) waarop hulle die hele radiomodel baseer het, begin misverstaan het. Of dat die “contemporary hits” self net regtig kak begin word het. Maybe het die DJs stelselmatig kakker geword? Waar het dit begin kak word?
*wys so vinger na dooskop, Mark Gillman*
Of dalk is almal (myself ingesluit) wat op ‘n stadium na hulle kon luister, net verkrampte konte en kermgatte. Maar dan gaan kyk jy na radiostasies oorsee wat steeds befok is en nie gaan fok het met die resep nie. Vat dit nog ‘n stap verder. Gaan kyk na iets anders wat jy op ‘n stadium in die music scebe gelike het – dalk ‘n festival soos Oppikoppi wat in sy eie hol ingeklouter het binne ‘n kwessie wan drie jaar. En dan kom jy agter – maar my god man, ek is dan net 3 jaar ouer sedert daai festival uitgerafel het en ek is nie alleen nie… Dis fokken hulle!
Check hierdie ou 5FM TV advertensie hieronder. Back in the day was TV advertensies se produksiekoste fokken duur gewees en die tydsgleuwe amper net so onbekostigbaar. Ek sal nogal like om te weet wat hierdie advertensie van 1 minuut lank gekos het om film en te produce en wat daai prime time slot geprys het om dit te flight. Dit was nogal ‘n fokken cool ad met ‘n vars kosnep gewees. In retrospek lyk dit egter na ‘n ominous voorbode – “kyk hoe fokken suig ons die siel uit almal uit wat in aanraking met ons kom.”
Eendag lank gelede, was 5FM cool gewees…
Best of John Berks (1983) – R145.00
Best of John Berks (1983). Both cover sleeve and album in mint condition. Possible collector’s item.
|
Watkykjy staan op 3,064,238 post views in totaal sedert 1 November, 2019.