Dis nou al goddank ‘n hele paar jaar sedert Suid-Afrikaners opgehou het om Fokofpolisiekar met rock bands van oorsee en veral Amerika te vergelyk. Daar die konstante vergelyking van standaarde en die levels van kwaliteit van alle aspekte van musiek. Voortdyurend onder die vergrootglas, altyd kritiek en alewig iets om te bewys. Fokof het daai kak afgeskud, maar nie sommer oornag nie. Hulle het geskaaf aan elke aspek van hulle produk en daar was baie elbow grease betrokke. Hulle tel nou onder ‘n groot groep groeiende musikante wat “op standaard” is, maar steek tog kop bo skouers uit bo die res.
Pas nou hierdie hele judgemental verskying toe op die Suid-Afrkaanse TV en -filmbedryf en dis ‘n totale ander ball game. Hierdie ouens het dit aansieklik moeliker. Tog het die standaard veral in die laaste dekade skerp gestyg en dis veral merkwaardig in die Afrikaanse mark waar sekere reekse, net soos die brasse van Fokof, ook kop bo skouers bo die crowd uitstaan. Dit is asof daar ‘n nuwe herlewing en ‘n wil is om weer kwaliteit Afrikaanse reeks te maak soos wat ons laas in die laat 80s beleef het. Ek dink nou vinnig aan naelbytreekse soos Sonkring, Ballade vir ‘n Enkeling en Arende. ‘n Nuwe reeks, Die Byl, is een van hierdie nuwe reekse wat besig is om op ‘n internasionale vlak te operate. Die Byl is ons Fokofpolisiekar van TV-reekse…
Die Byl volg die karakter, Piet van der Bijl (Waldemar Schultz) as ’n briljante speurder wat spesialiseer in reeksmoordenaars. Hierdie superspeurder is ook ‘n werkverslaafde wat enige iets sal doen vir die mense naaste aan hom. Hy is ‘n berekende, hardkoppige en intilligente speurder maar deernis en sagmoedigheid ontbreek nie wanneer dit nodig is nie. Jy het dalk reeds uitgefigure dat Piet van Bilj baie soos Suid-Afrika se regte lewe speurder, Piet Byleveld klink en jy is 100% dood fokken reg. Terwyl die sake wat die “Die Byl” ondersoek word fiksioneel is, is reeks wel geïnspireer deur die Piet Byleveld, wat bekend daarvoor is dat hy van Suid-Afrika se mees opspraakwekkende moordsake opgelos het – moorde op Sheldean Human en Sibille Zanner. Hy het ook berugte reeksmoordenaars soos Lazarus Mazingane, die Nasrec-moordenaar, en Cedric Maake, die Wemmerpan-moordenaar vasgetrek. En ook meer closer to home vir my persoonlik, die opsraadwekkende moord op Leigh Matthews – haar pa was die grootbaas van die maatskappy van my heel eerste grootmens job. Gedurende Piet Byl se loopbaan wat byna oor die 40 jaar gestrek het, het hy ‘n 99% success rate gehad met die sake wat op sy lessenaar beland het. Dis ook dan geen verrassing dat hy as konsultant opgetree het tydens die verfilming en vervaardiging van seisoen 1 van Die Byl, tot kort voor sy dood in 2017 nie.
Die TV-reeks speel in ‘n logiese millieu af – sorry, Kaapstad, maar julle is die Suid-Afrikaanse stad met die hoogste moord- en roofsyfers en julle het die grootste share van gangsterism ook gekry, so dit maak die show moerse geloofwaardig. Mens sien darem kort-kort die berg waaroor julle so like om te brag, so there’s that. Die karakters van al die skollies, skurke en polieste gee ook ernstige steun aan die geloofwaardigheid. Die victims is gang leaders op die Cape Flats, krimpies in ’n aftreeoord, gevangenes in Polsmoor en soms ook die unlucky fokkers wat eerste op die grim cime scense aankom om handjie by te sit. Shame man.
Daar is baie redes om Die Byl te like:
- Alhoewel die sake episodies afgehandel word, is daar ’n spanningslyn wat deur die hele seisoen opbou wanneer diegene naaste aan Byl die teikens word, en die jagters in prooi verander.
Die karakters is ‘n lekker team van experts wat saamwerk (of baklei) – die top cop wat soms koppe stamp met die hot sielkundige profiler, die moerige baas en die nerdy pataloog. Ek wil graag Eric Nobbs in die rol as patoloog, Dr. Fritz Barnard vinnig uitsonder – hy is ‘n gesoute akteur, maar sy karakter like van piele musiek en bands soos Springbok Nude Girls en K.O.B.U.S onder andere – daar is gereeld lekker musiekverwysing deur die omie.
- Terwyl ons by musiek vashaak – ek is meegedeel dat ek die akteurs of lede van die produksie bietjie kan interview, maar ek het die email te laat ontvang. As die offer steeds staan, sal ek egter graag met die ouens wou gesels wat die music score en die sound track engineering doen – van die theme song tot die musiek vir die fillers en spannende oomblike, want dit klink super befok deur my soundbar.
- Steeds by musiek: nog ‘n sleutelrol word vertolk deur aKING se vocalist, Laudo Liebenberg. Hy is ook te siene in Kanarie en Black Sails.
- Die geloofwaardige cops, witnesses en baddies. Laat die SAPS actually goed en bekwaam lyk.
- Wat baie opvallend is, is die durasie van die episodes – dit wissel tussen 71 en 76 minute vir seisoen 1 en tussen 69 en 71 minute vir seisoen 2. Die eerste seisoen het 13 episodes en seisoen 2 wat vroeër hierdie week vrygestel is, het 14 episodes. Dit is asof elke episode ‘n befokte Afrikaanse movie is, so dis iets wat jy kan savour oor so paar weke in plaas daarvan om dit te binge.
- Souties kan ook lekker saamkyk aan hierdie local reeks, want daar is subtitles in Engels.
Sonder om enige spoilers op te dis – seisoen speel steeds in Kaapstad af en vyf jaar later. Die span se kantore het ‘n spoggerige make-over gekry (driver, move that bus!) en daar is nuwe assistente en karakters. Seisoen 1 sowel as al 14 episodes van Die Byl S2 is nou ook op Showmax te sien, met English onderskrifte. Dit sal in Desember 2019 op kykNET uitgesaai word. As jy nog nie by Showmax aangesluit het nie, join gerus die 14-dae free trial. Dit sal genoeg wees om beide seisoene klaar te maak indien jy twee episodes per dag kokkenodge!
Watkykjy staan op 3,112,414 post views in totaal sedert 1 November, 2019.