As jy die tipe musiekliefhebber is wat na hierdie album gaan luister en dink dis maar net old school grunge (of metal) en jy delf nie bietjie dieper nie, dan kan jy maar net sowel ophou lees. Ons gaan net mekaar se tyd mors. No hard feelings. Ons kan nie almal dieselfde dink oor musiek in 2019 nie. Ek self, beskou Andy Cappo en sy makkers as die anti-heroes van die SA musiekbedryf. Dit beteken ook seker ek kan gesien word as ‘n fan van Caution Boy, wat weer eintlik net beteken ek geniet wat hulle doen en gaan vir seker opgewonde raak oor enige konsekwente groei wat ek sien en hoor. Meer as dit – sien ek potensiaal in hulle kreatiewe pogings nou en hopelik ook in die toekoms. However, as jy meer volume wil hȇ in die SA mark, wat clicks, shares, downloads, streaming, skares en CD en kaartjie verkope aanbetref, sit jy met ‘n probleem. Dié band se toekoms lȇ meer in ‘n oorsese mark of ‘some alternative circuit’ in Parys, Londen, Seattle of New York en dit beteken hulle het zak nodig om daar te kom.
Ek het al baie voorheen geskryf oor die gefragmenteerde alternatiewe scene in Gauteng en subtiel probeer insinueer (en maar net kon hoop) dat dit ‘een of ander merkbare beweging’ word. Ja-ja, ek weet ons sal nooit weer die dae van Pixies, The Melvins en Nirvana en al daai grunge hype daarna kan oorhê nie. Veral nie hier aan die onderpunt van Afrika nie. Disclosures, misconceptions, dreams and conflicts of interests out of the way? Righto? Dié van julle wat altyd op soek is na “the next best thing in rock and roll” is ook welkom om hierdie musiek te sien as net nog ‘n eggo van ‘n vervloë era wat niemand meer in belangstel nie. Ek verstaan, obviously. Maar die feit is daar is wel fans van hierdie tunes hier in SA, en hordes meer oorsee, So, dit kan nie so irrelevant wees nie.
Een van my gunsteling dinge om te doen is om low budget doccies te kyk van al die ou garde se bands en albums. Daar is baie lesse vir musos daar. Weggesteek in ou interviews en opnames waar producers nostalgies raak en rondspeel met die mastertapes, knoppies druk en draai op ou analoog opnamekonsoles. Dié wat nog nie in brande verwoes is nie. Ek hou baie daarvan om oor musiek te skryf wat so naby as moontlik aan daai ou analoog kwaliteit is. Is jy nog hier? Dis ‘n wonderwerk, want in vandag se tye, waar algoritmes informasie op sosiale media noukeurig rangskik om robotagtige, slaafse gedrag en denkpatrone om te skakel in monetȇre kapitalisering sodat korporatiewe reuse hulle aandeelhouers kan ryker maak is individuele denke ‘n revolusionȇre daad. Ons is almal deel van die sisteem op een of ander manier en wel, die deler is net so goed soos die steler.
Caution Boy se underdog brand en hierdie self-recorded album is ‘n befokte voorbeeld vir DIY kunstenaars wat nie ‘n ander keuse het as om net sosiale media te kan gebruik om hulle kuns daarbuite te kry nie. Andy Cappo (onder die naam Caution Boy) het al ‘n moerse klomp albums self opgeneem en meeste van hulle se klank kan net beskryf word as ongeslypte, maar tog briljante, geraas met lirieke wat donker, weird en sinister is. Hy het al verskeie kere gesȇ sy kuns is ‘n tightrope act tussen hardcore geraas en toeganklike pop melodieë. Iets wat bands soos Pixies en Nirvana laat uitstyg het ver bo die ander alternative kunstenaars in die portuurgroepe van hulle tyd. Julle ken die storie: uiteindelike wȇreldberoemdheid ook. Met Caution Boy se vorige poging, Spastic Plastic, het hy verskeie kamerade, wat almal anti-heroes is in hulle eie reg, ingeroep om daai gebalanseerde klank te probeer bevorder. Dit het goed gewerk, maar dit was nog nie heeltemaal ‘n produk wat Caution Boy as ‘n band op die map kon sit nie. Die ding is as jy die regte balans wil regkry (sonder ‘n ensemble kunstenaars se hulp) gaan jy binne in jouself moet grou en positiwiteit moet soek en dan elemente daarvan moet inbring in jou musiek; dan moet jy dit nog probeer balanseer met die inherente negatiwiteit wat jy deur middel van kwaai “geraas” musiek genereer.
Ek het nie gedink Andy Cappo gaan all smiles begin word nie en ek het nog minder gedink dat Caution Boy sou ewe skielik kumbaya pop-musiek maak nie. Maar oorweeg die volgende: om ‘n eenvoudige song soos Silver Line te skryf en sommer self te record is soos om ‘n hole-in-one te slaan. Ja sure, Cappo gebruik al die ou bekende song-strukture, maar dis die wyse waarop hy dit buig soos kinky putty (tot sy eie wil) wat veroorsaak dat dit vir my nuut klink. Hoe doen hy dit? Talent? Towerkuns? Luister na Swimming with the Shadows en Headstand Contraband en verduidelik gou vir my hoe sulke eenvoudige songs my kan intrek soos Sheep on Drugs en NIN dit gedoen het back in the day? Dan is daar die song Surface. Jirre, dit was twee weke lank in my kop gewees. Uitstekende vermenging van chorus en riffs!
Jy sien, die songs het nie meer NET daai self-indulgent anger vir alles en almal nie, die lirieke is nog donker en kwaadaardig maar dit het iets meer positiefs bygekry – so tussen die geskrou deur. Dit opsigself, en die riffs wat ook baie meer diepte het, maak ‘n verskil. Maybe is daar net meer life lessons en meaning by? The Ritual Course -die lirieke, die manier hoe die riffs saam met die chorus vloei. Dis fokken briljant! Ek hum dit nou nog in my kop. Dis die tipe chorus wat jy op skool met selfvertroue gesing het – al was dit so erg misheard dat dit eintlik embarrassing was.
Caution Boy het 18 songs record maar net 10 op hierdie album gesit. Elf as jy die CD koop. Net nog ‘n teken van volop talent en ‘n kop vol idees. Kritiek? Wat production aanbetref is Cappo se low budget solo recordings deesdae van redelike goeie kwaliteit maar hierdie songs verdien ‘n groot budget production. Bob Rock of Butch Vig se vibes. Ek kan dit nie anders stel nie. Ek sou ook meer gebruik gemaak het van prominente double tracking. Veral met van die choruses. The Beatles, Nirvana, Foo Fighters en Alice in Chains. Almal bands vir wie double tracking gewerk het.
Hierdie laaities hoort op ‘n groter stage en in duurder studios. And that’s all I have to say about that!
Best of John Berks (1983) – R145.00
Best of John Berks (1983). Both cover sleeve and album in mint condition. Possible collector’s item.
|
Watkykjy staan op 3,084,427 post views in totaal sedert 1 November, 2019.